Amanzi is dood

Foto: Elephants Alive/Facebook

Foto: Elephants Alive/Facebook

Die olifantkalfie wat uit ʼn opgaardam van ʼn kopermyn in Phalaborwa, Limpopo, gered is, is dood.

“Dit is met ʼn swaar hart dat ons moet aankondig dat liewe Amanzi vanmiddag dood is. Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van hierdie pragtige olifantjie. Soos baie van julle weet het hy almal wat van hom en sy storie te hore gekom het, aangeraak en ons bedank almal vir al die ondersteuning en liefde om hierdie kalf te help,” het Elephants Alive op sy Facebook-blad gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat Amanzi vermoedelik in die opgaardam geval het toe hy saam met sy trop by die dam kom water drink het. Die olifantbulkalfie is deur twee mans uit die dam gehaal en hulle het hom twee keer probeer vrylaat tussen olifanttroppe naby die dam, maar hulle wou hom nie aanvaar nie.

Amanzi is na die Hoedspruit-sentrum vir bedreigde spesies geneem waar hy tot en met sy dood versorg is. Amanzi moes elke twee tot drie uur ʼn spesiale melkformule gevoer word om hom te help om te herstel en sy krag weer op te bou.

Die Hoedspruit-sentrum vir bedreigde spesies het op sy Facebook-blad gesê Amanzi was net nie sterk genoeg te oorleef nie en dat hy tot so ‘n mate agteruitgegaan het dat sy klein lyfie hom nie meer kon ondersteun nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Karin ·

Ag dít is so hartseer!! Die klein chompie het so diep in mense se harte gekruip, dit voel amper of ek ‘n familie lid verloor het! Mag sy lyfie sag rus!! Dankie weereens aan almal wat hom probeer help het.

Helene ·

Rus sag liefste Amanzi. Baie hartseer om hierdie nuus te lees.

Sarie ·

Hier sit ek nou & huil my hart uit, oor ‘n olifantkalfie, wat so onnodig & sò jonk moes sterf. Ek kan netnie meer dood hanteer nie. Ek word seker maar oud…

Suzette ·

@Sarie: Sit ook en tjank. Nee jy word nie oud nie, dis net menslik. Ek het ‘n ongelooflike liefde in my vir olifante. Ek haat dieretuine en plekke wat hulle in aanhouding het. Het jy al in daardie mastejeuse dier se oe gekyk? Dis so droewig. Hulle hoort in reservate en wildtuine waar hulle vry kan beweeg nie beperkte areas nie. Olifante is ongelooflike inteligente diere. Weet jy in die buiteland leer hulle olifante skilder om aan toeriste te verkoop vir hulle eie versorging? So hartseer. So saam die mense wat hom gered het bly hoop hy sal sterker word. Vaarwel klein Amanzi rus sag.

Paul ·

Die olifant was nie ‘n in opgaardam nie, maar in ‘n piepklein klein sementdrein met regaf kante.
Het julle nie die video gekyk nie?

Cheryl ·

Paul, dis seker nie nodig om tegnies te raak oor dit ‘n opgaardam was of ‘n piepklein sementdrein nie.. Punt is ‘n baba olifant het gesterf, en dis erg hartseer…
Blessings vir almal wat hom probeer deurkry het tot op sy laaste….

Anneke ·

Ek is net so hartseer dat d moedige klein vegtertjie sy stryd verloor het. Baie dankie aan elkeen wat hom gehelp het om vastrapplek in die lewe te kry.

Rikku ·

Ai my hart is sommer stukkend en my trane loop oor klein Amanzi.

Rus sag Amazi,

Gesiggie ·

Ag hoe hartseer… ek het regtig geglo Amanzi sou regkom, dankie aan die mense wat hom so mooi versorg het, en al jul liefde vir hom gegee het… dit is so jammer dat hy dit nie oorleef het…

Tina du Toit ·

Kan glad nie my trane keer nie. Dis soooo hartseer. R.I.V Amanzi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.