Amazon skep 3 000 nuwe poste in SA

Die Amerikaanse maatskappy Amazon het Donderdag aangekondig hy gaan 3 000 nuwe virtuelekliëntediens-poste in Suid-Afrika skep.

Andrew Raichlin, direkteur van Amazon-kliëntediens in Suid-Afrika, het gesê dié nuwe poste weerspieël die maatskappy se volgehoue toewyding tot ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika. “Ons is opgewonde oor die talent in Suid-Afrika en voeg vanjaar graag 3 000 vaardige poste in kliëntediens by om seker te maak mense kan in dié ongekende tyd bly werk.”

Ebrahim Patel, die minister van handel en nywerheid, het Amazon se besluit verwelkom om meer van sy wêreldwye dienste in Suid-Afrika te vestig. “Die konomie sal al hoe meer skuif na produktiewe dienste en digitale tegnologie; dit kan groot werksgeleenthede vir jongmense beteken,” het hy gesê.

Patel het gesê die Covid-19-pandemie versnel die digitale oordrag van werk en Amazon se poste in Suid-Afrika bied goeie waarde. “Die regering het ʼn deel van ons aansporingsprogram op die bedryf gefokus en met ons talent, sterk infrastruktuur en digitale vermoëns, wil ons graag nog duisende soortgelyke poste in die volgende paar jaar skep.”

Kandidate wat daarin belangstel om aansoek te doen, moet ʼn matriek/graad 12/NQF-vlak 4-kwalifikasie of hoër hê, goed Engels magtig wees en ʼn Suid-Afrikaanse burger wees. Besoek amazon.jobs om te kyk watter poste beskikbaar is (kies Suid-Afrika as jou ligging). Aansoekers sal ook ʼn privaat, stil werksruimte benodig en ʼn bestaande, goeie internetverbinding, volgens Amazon se spesifikasies.

Die bykomende getal poste bring die algehele permanente arbeidsmag vir Amazon in Suid-Afrika op ongeveer 7 000 te staan. Amazon het ʼn lang geskiedenis met Suid-Afrika. Amazon Web Services (AWS) het eerste ʼn teenwoordigheid in Kaapstad gevestig en ʼn ontwikkelingsentrum in 2004 ingerig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fedup ·

Makes me wonder if i can apply?
Lemme give it a go then.
Beware if i am not the colour they want.

Magda ·

Gaan maak maar eers seker watter Sertifikate is nie “gefake” nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.