Ambassade waarsku oor ‘terreuraanval’ in Sandton

Argieffoto ter illustrasie van Sandton. (Foto: Unsplash)

Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het Woensdag ʼn waarskuwing van ʼn moontlike terreuraanval in Sandton, Johannesburg, uitgereik.

Die beweerde terreuraanval sal glo die komende naweek, óf Saterdag óf Sondag, plaasvind.

Mava Scott, woordvoerder van die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) in Suid-Afrika, het by navraag aan Maroela Media gesê dat die SVA van die waarskuwing bewus is.

“Ons het dit op sosiale media gesien, maar ons weet niks meer daarvan nie,” sê hy.

“Ons verwagting was dat die Amerikaanse regering met ons in verbinding sou tree daaroor, maar dit het nog nie gebeur nie; ons hanteer dit dus slegs as iets wat op sosiale media die ronde doen.”

Hy het gesê die SVA sal nie verder kommentaar oor die waarskuwing lewer nie.

Luidens die ambassade se kennisgewing het die VSA inligting ontvang dat “terroriste moontlik planne beraam om ʼn aanval op ʼn groot groep mense op ʼn ongespesifiseerde plek in Sandton te loods”.

“Daar is geen verdere inligting oor die tydberekening, die metode of moontlike teiken van die aanval nie.”

Die ambassade vermoed wel dat die aanval Saterdag sal plaasvind.

Suid-Afrikaners is gemaan om liefs groot skares mense en ander groot openbare byeenkomste in Sandton te vermy.

Die einste ambassade het destyds in 2016 gewaarsku dat aanvalle op winkelsentrums in Johannesburg en in Kaapstad beplan is. Niks het egter gebeur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Marthinus W ·

Begin die Amerikaners nou met hulle nonsens omdat ons nie Rusland wil veroordeel nie? Indien die stiuasie ernstig, sal hulle direk met die regering werk. Die feit dat hulle dit vir die hele wereld uitsaai, ruik vir my na n kampanje van vrees om ons te ontsenu, sodat ons die regering kan aanval, en Amerika as die held aanroep.

Pierre ·

Miskien al daar aan gefink dat hulle of die regering ingelig het of die regering net glad nie vertrou nie, die Julie onluste het bewys hoe onbevoeg ons intelegensie strukture is

My siening ·

In kort ons moet dankbaar wees vir die US wat nog inteligensie het want SA het geen intellegensie nie en die wat daar werk is on intelegente kaders wat nie eer n opstand soos laas jaar kon sien nie.

Henk ·

Agge nee wat. Hierdie tipe “waarskuwings” is al telkemale deur verskeie groepe gemaak maar dan gebeur daar niks. Miskien suig die Suidlanders en die Amerikaners aan dieselfde ma.

JohnnyS ·

Wonder hoeveel situasies al afgeweer was omrede daar vooraf gewaarsku was. Beter om voorbereid te wees en niks gebeur, as om heeltemal onkant gevang te word.

Andre ·

Haal jou kop uit jou gat uit en kyk wat aangaan jou liberalis

Henk ·

Miskien is ek verkeerd, die tyd sal leer. Maar wat ookal gebeur sal nie vooraf voorspel kan word nie. Die mal oproer en geplundery laasjaar het almal onkant gevang sonder enige waarskuwings.

My siening ·

Wil net sê die ANC onkant gevang want hulle het eers reageer nadat dit 2 dae out was.

JohnnyS ·

ISIS baie bedrywig skaars 900km vanaf Sandton, ons grense is ook maar net dit in naam, so aanval is baie moontlik.

Harley Davidson ·

As Pres Trump nog aan die stuur was sou ek aandag geneem het maar met n nar in beheer is die VSA nou dieselfde as sa.

JohanEtz ·

Sou dink VSA sal so iets deur die korrekte weë kanaliseer. .. as deur sosiale media? ????

JohnnyS ·

Dit is die mees effektiefste manier om dit vinnig onder almal se aandag te bring.

Vonkprop ·

Tipies. Ignoreer ‘n probleem met die hoop dat dit verdwyn. Verwag niks meer van ons staatsveiligheid nie.

koos ·

En hier sit ek en dink dat die ters klaar in die Uniegebou is….

Elizabeth ·

Duidelik nog nie gehoor van VOORKOMING IS BETER AS GENESING. The absolute stupidity drains me.

Hans ·

Ai toggie, yanks soek alweer “kommunis” onder elke bos. Tensy, die CIA een of ander aksie beplan…

JohnnyS ·

Moenie die VSA se Intelligensie agentskappe onderskat. Hulle is ligjare voor ons eie “intelligensie”

Lillian ·

Hoekom sal die VSA dit so wyd en suid verkondig? Klink vir my na ‘n klomp nonsens

JohnnyS ·

Sal jy nie mense waarsku as jy van so iets hoor ? Moes hulle eerder stilbly ?

JohnnyS ·

Ek lees van die kommentare en ek skud my kop. Ten eerstens het die VSA ambassade ‘n amptelike waarskuwing aan sy staf gestuur, daarna het dit soos veldbrand op sosiale media versprei. Ek sien niks fout daarmee dat sosiale media gebruik word vir so iets, dit is die mees effektiefste manier om inligting vinnig by soveel as moontlik mense uit te kry. Veronderstel daar vind wel ‘n aanval plaas en daar was geen waarskuwing gedeel, hoeveel gal brakery sou daar dan wees . Met ISIS baie bedrywig in ons buurland, is so aanval nie vergesog en wil ek amper sê onvermydelik. Ons mense moet ophou om soos volstruise hulle koppe in die grond te druk.

Kokerboom ·

Moontlik iets te doen met Ethiopië/Tigray vredesonderhandelinge?!

De Villiers ·

Suid Afrika word al vir die afgelope 28 jaar geteister deur terreuraavalle…die ANC regering is die terroriste!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.