Ambassades erken fout oor memorandum

Pres. Cyril Ramaphosa en Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, by die algemene vergadering van die VN in 2018. Foto: Departement van internasionale betrekkinge en samewerking.

Die ambassades van Switserland, Brittanje, Duitsland, Nederland en die Verenigde State van Amerika het Maandag erken dat hulle nie die regte diplomatieke kanale gevolg het toe hulle ʼn memorandum aan pres. Cyril Ramaphosa gerig het nie.

Maroela Media het Maandag berig die vyf regerings, wat altesaam 75% van buitelandse beleggings in Suid-Afrika verteenwoordig, het verlede week in ʼn hoogs buitengewone en belangwekkende stap ʼn regstreeks memorandum aan Ramaphosa gerig.

Die vyf lande het in die memorandum gesê dat indien Ramaphosa sou versuim om teen staatskaping op te tree, sal dit die land se vermoë om beleggers te lok negatief beïnvloed. Die lande het ook hulle kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se wysigings aan die reguleringsraamwerk van die mynboubedryf.

Lindiwe Sisulu, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en ander senior regeringsamptenare het Maandag met die hoofde van die ambassades ontmoet om Suid-Afrika se ontevredenheid oor die memorandum uit te druk.

“Die hoofde van die diplomatieke sending het die misverstand betreur en verder verduidelik dat dit bloot ʼn besprekingsbrief was wat aan die presidensie gestuur is om by te dra tot die dialoog oor hoe Suid-Afrika meer buitelandse belegging kan lok,” het Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement, gesê.

Mabaya het bygevoeg die ambassadeurs het verder beloof om diplomatieke protokol in die toekoms te volg en die land met beleggings te ondersteun.

Politieke partye sê oor memorandum

Die ANC het die lande wat die memorandum direk aan die presidensie gerig het van “dramatiese Westerse imperialisme” beskuldig.

“Ons waardeer nie die dreigende en boelie-ondertone van die memorandum nie. Die lande het die briewe aan die media uitgelek en dit dui beslis nie op eerbare bedoelings nie,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, het egter die ANC se reaksie op die memorandum as kinderagtig beskryf.

“Die party se reaksie op die lande se waarskuwing aan die regering om korrupsie hok te slaan en beleggersvriendelike beleid daar te stel, is uiters roekeloos.

“Die meeste van hierdie lande het nie handel met Suid-Afrika nodig nie en kan dus bekostig om handel te verminder of selfs sanksies teen Suid-Afrika in te stel.”

Alberts het gesê die ANC moet nou besef dat sy wittebrood met die buiteland finaal verby is en bygevoeg sy party sal die ambassades van die land besoek om hulle te probeer paai.

Intussen het die vyf lande se ambassades in ʼn gesamentlike verklaring gesê hulle sal Suid-Afrika se pogings om buitelandse belegging te lok, ondersteun. Hulle het verder gesê hulle is dankbaar vir die positiewe samespreking wat hulle met die departement van internasionale betrekkinge oor die punt gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johanna Botha ·

Wel minste weet almal nou hoe die lande voel oor die saak en was dit goed om dit so te doen want dit het verseker aandag gerek !

Afrikaner ·

Pragtig man, doel is bereik. Dankie ambassades dat julle voortydig opgetree en nie die protokol gevolg het nie, anders het ons gewone siele van geen sout of water geweet nie, onse regering sou dit net in die doofpot gesit het.

Coenraad D v Niekerk ·

As dit nie op die manier gedoen is nie sal die regering en veral die Minister van Internasionale Aangeleenthede dit onder die mat in gevee het.Kan die huidige regering glad nie vetrou nie.

Annie Webb ·

Kan my voorstel hoe amptenare in dié vyf lande hulle oë rol oor Cyril en Lindiwe. Bedel oral vir geld maar gou op hulle perdjie as iemand probeer raad gee. En tog só lief vir die skelname en verwyte! Altyd seergemaak en ingedoen. Ek sukkel regtig om vir dié klomp sukkelaars respek te hê. Kry hulle ook nie jammer nie. Ek sal altyd respek hê vir iemand wat sy bes doen en raad vra as hy nie weet of kan nie. En dankbaar is vir hulp en raad. Maar dié mense se optrede is net onaanvaarbaar op alle vlakke.

Johann ·

Ag asseblief????? Ontsteld oor die manier… maar swyg of lieg verder oor die ANC se beoogde en huidige vergrype en wan administrasie, BEDROg, KERN KORRUP, ANARGISTE en TERRORISTE… wat maar te graag bakhand staan om hulle eie gewin te finasier, te LIEG oor wie hoeveel van die ponde en dollers vir wat gebruik. ARROGANTE uitlatings teenoor WERELD MAGTE…???????? Oor en oor en oor hulself bewys as INCOMPETENT, Logika ontneemde, beplanning lose idiotisme wat dink hulle weet als…. LAGWEKKEND!!!!!!!

Boet ·

Die volg van die diplomatieke kanale is onbelangrik. Kyk na die feite wat saak maak. Probeer altyd n verskoning uitdink en dink dan die kwessie is afgehandel.

BlinkStephaans ·

Ek sou dink die lande met n 75% belegging in SA kan maar iets sê hoor… ongeag hoe en op watter platform… sonder hulle is ons maar eintlik gebol hoor. So hou asb op blaf geluide maak soos ñ hond wat raas gekry het… daai 5 lande is reg en julle weet dit… maak jul hok skoon asb.

Johan H. ·

Hulle vee hul ieg. Af aan enige ordentlike reel, moet nie kniel voor die lot nie,hulle laaiek dit,

Meerkat ·

Afriforum, maar hy probeer nog steeds die buiteland se voornemende beleggers paai deur aan hulle die versekering te gee dat hulle eiendom is veilig, dit is ons wit mense, die burgers wie dit gaan ontgeld.

Eddie de Jager ·

Speel die bal, nie die man nie. Die regering mis die punt totaal. Die feit dat die lande briewe met die inhoud gestuur het na die president moet ‘n boodskap vir die regering wees. Die regering moet besef hulle is nie meer die slagoffers nie. Die dae van huil en voete stamp is verby. Die oë van die wêreld sien hierdie siek, rassistiese praktyke verskans in vryheid en regverdigheid vir wat dit is. In stryd met internasionale wette en voorskrifte soos vervat in die VN en menseregte. Stop the blame and play the game.

Fanie ·

Ek verstaan net een ding nie mooi nie hoekom gaan die lande suid afrika se poogings om belegings te kry ondersteun suid afrika se regering praat een ding en doen dan n ander ding

jaco ·

Almal hier op maroela se kommentare wat nou so bly is oor die wit Weste se vermaning aan SA, gaan natuurlik net so bly wees wanneer Ramaphoza dié vermaning ignoreer en die petrolprys dan WEER hemelhoog styg en dit maar net weer ‘n domino-effek het op die prysstyging van klomp ander goed.

GP ·

As die lande sa wil help bied aan om al die blankes burgerskap in hul lande aan te bied. Met usa alleen op meer az 300 miljoen mense sal hulle ons seker nou so 4 miljien nie eers voel nie. Dan is hulle ontslae van ons en ons ontslae van al hulle twak. Ek sal in enige van die lande gaan woon.

Dries du Toit ·

Ek kry die indruk dat die ambasadeurs terug kabbel en n bloutjie geloop het met Sisulu. Nou ondersteun hulle weer beleggings onvoorwaardelik. ???

tulpie ·

Fanie ek bly in nederland en daai laatste stukkie is n lieg storie hulle wens seker daar gaan moeite gedoen word vir beleggers , hulle sal die misdaad moet hok slaan veral plaasmoorde, anders gaan daar nie n sent meer diekant toe nie, vra my, ek weet

S ·

Ja Die Anc EN DIE EFF VOLG GEEN KANALE NIE.Soos die poging in 74 om regering om ver te werp in Mosambiek.Die vyftig wat dood geskiet is onder die leiding van huidige staatsman met aanslag op Transkei.Cyril ons het nie vergeet nie.

Kediksie ·

Protokol of te not….. Die buiteland se boodskap is duidelik. Hulle weet hulle word belieg.

Antie ·

Ek twyfel baie sterk daaraan dat die ambassadeurs sou erken het dat dit n fout was om die brief direk te stuur. Dalk het hulle vir sussie gesê kry julle goed in orde en dat sy dalk storie verdraai deur te sê hulle erken dat dit ‘n fout was??

Frikkie ·

wel gedaan ambassadeurs….goeie “politiekery”…..gee hulle bietjie van hul eie medisyne

christa ·

ek hoop die lande volg die “regte” kanale en stuur die brief weer. Hulle is so behep met “regte kanale” maar vergeet van hulle verstopte kanale. Dis alles net speel vir tyd. Die regering is laks en korrup.

Carel Breytenbach ·

Bravo aan die ambassades. Volgende keer stuur julle dit eers aan die nuus media, en sodra die ANC en die president dit in die nuus media gelees en gehoor het saam met die volkere van Suid-Afrika dan stuur julle die oorspronklike skrywe weer direk aan die president. Die ANC het as organisasie nog nooit by enige reels gehou nie, hoekom nou skielik ‘n kabaal opskop?? – omdat die die westerse lande besig is om die ANC in die bek te ruk oor hulle wandade van leuens en korrupsie. Die ANC is besig om hierdie mooi land finansieel en moreel te vernietig soos die res van Afrika. Die gans wat die goue eiers produseer is die volgende teiken in die vernietigende uitroei proses. Onthou, Kenia, Belgiese Kongo, Zambia, Zimbabwe. Van die mense wat daar vir hulle lewens moes vlug, lewe nog om hulle nagmerrie storie te kan vertel. Gaan vra maar vir hulle, by hulle was ook ANC’s, EFF’s en BLF’s ……… net onder ‘n ander naam en logo. Die proses in ons land het reeds begin met die ongebreidelde wreedaardige plaasmoorde.

Kobus Moller ·

Mag die VSA die lyding neem en alle hulp aan AFRIKA afsny,sodat die natuur sy loop kan neem en die wanbalanse herstel.

Stripes ·

Jammer, ek glo nie die ANC se terugvoering nie want hulle is nie betroubaar of eerlik nie. Ons was nie in die “vergadering” nie so hulle kan enigiets kwyt raak en dink ons gaan hulle glo. Hier is nie ekonomiese groei in die land nie so dit is ‘n dwase ding om te doen deur die wie se beleggings nog hier is, te gaan omkrap. Om my te probeer wysmaak dat die G5 stert-tussen-die-bene regtig verskriklik jammer is, laat my lag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.