Ambassades maak gereed om burgers uit SA te ontruim

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Somalië en Malawi se ambassades maak na bewering gereed om hul burgers uit Suid-Afrika te onttrek in die lig van xenofobiese geweld in Johannesburg, het die City Press berig.

Die gewelddadige aanvalle het ʼn paar weke gelede in KwaZulu-Natal begin, glo na ʼn toespraak deur koning Goodwill Zwelithini. Uitlanders se winkels is geplunder en immigrante moes uit vrees vir hul lewens na vlugtelingkampe vlug.

Uitlanders in Johannesburg het Woensdag gesê hulle het boodskappe ontvang dat hulle hul winkels moet sluit, aangesien ʼn bende op pad is om hulle te vermoor. Daar was ʼn aantal voorvalle in die middestad en ʼn paar mense is beseer.

Kondwani Nankhumwa, minister van inligting in Malawi, het glo gesê minstens 400 Malawiërs word deur xenofobiese aanvalle geraak. Hy het gesê dié getal kan toeneem namate meer mense uit hul skuilplekke kom.

Somalië is glo ook besig om sy burgers te help om die geweld te ontvlug, maar die City Press kon dit nie bevestig nie.

Elias Worku van die Ethiopiese ambassade het Woensdag aan City Press gesê daar is tans geen planne om Ethiopiërs uit Suid-Afrika te ontruim nie. “Dit hang van die mense af,” het Worku gesê. “Die regering sal niemand dwing om te skuif nie. Die regering van Ethiopië en die ambassade werk nou saam met Suid-Afrika se regering in ʼn poging om beskerming te bied vir Ethiopiërs.” Hy het bygevoeg dat sy kantoor ʼn aantal versoeke van Ethiopiese burgers ontvang het wat vrees vir hul lewens. “Wat ons gedoen het, en wat ons steeds doen, is om Ethiopiërs van noodreisdokumente te voorsien indien hulle nie paspoorte of enige ander vorm van identifikasie het nie.”

Bron: S’thembile Cele, City Press
Klik hier indien die onderstaande video nie wil speel nie.

Joburg CBD today

Posted by Maryke Vermaak on Wednesday, 15 April 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tienie ·

Hoekom is daar n AU? Kan hulle nie ingryp. Nee, want as ek reg is is platkop Mugabes in beheer. Vader seen ons mense en vergewe die wat nie weet wat hulle doen nie!!

Paul ·

Wil jy hê dat troepe van ander Afrikalande hier moet kom vrede bewaar? Regtig?

Peet Schabort ·

Lees die laaste sin van “geen paspoorte of enige ander vorm van identifikasie”.
Dit kan mos NIE so werk nie! Daar word mos vir moeilikheid gesoek.

Emile ·

Hulle paspoorte is tydens die aanvalle deur aanvallers vernietig. As jy vir jou lewe vlug is ‘n paspoort nie noodwendig eerste in jou gedagtes om saam te neem nie; gewoonlik is dit vrou en kinders eerste uit die spervuur en weg van die bendes.

Francois ·

My liewe Vader, kan hulle nie sien wat in Durban aangaan nie? Nou wil hulle NOG buitelanders die land inbring. Al hoekom hulle dit doen is om ondersteuning vir die ANC te werf. Sonder die inboorlinge is die ANC ‘n “0” op ‘n kontrak!

john ·

Ja,so het hulle die land ingekom sonder n paspoort, maar gaan uit met paspoort of reisdokument ,die regering gaan hulle help, so dis hulle wat die buitelanders so laat instroom dis hoekom die owerhede nie weet hoeveel buitelanders in die land is nie.

jacques ·

Wat is dit anders as rasisties? Xenofobiese is maar net n mooier woord.

CHRISTA ·

Winnie Mandela en Tony Yengeni het hulle mos jare terug geleer: “One settler, one bullet”. Nou ja, die settlers is nie almal WIT nie, baie is ook SWART.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.