Ambassadeur Mandela ‘skuld SA ʼn verskoning’

Zindzi Mandela (Foto: Twitter)

Die VF Plus sê Zindzi Mandela, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, se “rassistiese en verdelende uitsprake” is onaanvaarbaar, veral van ʼn ambassadeur.

Die VF Plus sê hy gaan ook aandring dat stappe teen haar gedoen word.

Maroela Media het vroeër berig Mandela het op Twitter onder meer na wit mense verwys as lafaards en stelende verkragter-afstammelinge van Jan van Riebeeck. “Miss all these trembling white cowards, shem. Botha, Potgieter, Thieving Rapist descendants of Van Riebeck (sic),” lui die twiet.

Nadat Mandela kritiek op Twitter oor haar uitlatings ontvang het, het sy teruggekap en getwiet dat sy nie aanspreeklik teenoor enige wit man of vrou vir haar persoonlike siening is nie.

“I am not accountable to any white man or woman for my personal views. No missus or baas here. Get over yourselves #OurLand (sic),” lui die twiet.

“Die ironie ontgaan me. Mandela straks dat sy vanuit ʼn suksesvolle Eurosentriese land ʼn kwetsende aanval op wittes in haar eie land doen en hulle “gronddiewe en apartheidsapologete” noem wat soos “genooide gaste weier om te loop”.

“Sy is boonop bereid om ʼn ruim vergoeding te ontvang as ambassadeur in ʼn Europese land,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, in ʼn verklaring gesê.

“Me. Mandela is ʼn verskoning aan alle Suid-Afrikaners verskuldig.”

Groenewald sê ʼn verskoning vrywaar Mandela nie van gevolge nie en sê sy kan dit ook nie regverdig deur te sê dit is in haar private hoedanigheid gemaak nie.

“Enige uitspraak van ʼn hoëprofiel-regeringsamptenaar op ʼn sosialemediaplatform vir die wêreld om te sien, is nie privaat nie.”

Groenewald sê die ANC-regering kyk anderpad wanneer swart politici wit mense aanval en rassehaat aanblaas.

“In hierdie geval sal die regering nie net kan swyg nie aangesien een van sy ambassadeurs betrokke is. Stilswye sal ʼn luide boodskap van goedkeuring uitstuur vir hierdie soort rassistiese retoriek wat werklik skadelik is vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika, maar wat ook groot skade aanrig aan die land se beeld in die buiteland.

“Die VF Plus sal hierdie saak in die belang van alle vredeliewende Suid-Afrikaners nie daar laat nie. Me. Mandela moet verantwoording doen vir haar onverantwoordelike optrede,” het Groenewald gesê.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, Saterdag gevra om Mandela van Denemarke terug te roep en af te dank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

118 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elvira

Ook seker ambassadeur geword omdat die van met n M begin. Wonder wat is madam se kwalifikasies.

André

Verskoning nie genoeg nie. Moet dieselfde behandel word as Vicky Momberg.

Andreas

Maar sy is ook ‘n nalatenskap van Nelson, is sy nie?

Uilspiëel

Me. Mandela…. Was dit nie vir Jan van Riebeeck nie, was jou voorgeslagte nou nog strandlopers… Ek wonder net wie is die stelers en verkragters is in hierdie eens pragtige en vooruitstrewende land van ons wat nou net ‘n ashoop is….

Chris

As die president hierdie tipe optrede van ‘n ambassadeur net gaan oorsien en nie drasties teen haar optree nie, weet ons verseker dat ons geen hoop het in hierdie land nie en hy eintlik met haar saamstem.