Ambulans gekaap, toe verbrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ambulans is Maandagaand in die uMgungundlovu-distrik in KwaZulu-Natal gekaap en aan die brand gesteek.

Dr Sibongiseni Dhlomo, LUR vir die provinsiale departement van gesondheid, het gesê die voorval het omstreeks 22:00 in Empolweni plaasgevind.

Na wat verneem word, is ʼn oproep na die uMgungundlovu–inbelsentrum gemaak. Daar is gesê dat ’n vrou in die gebied in kraam is en noodhulp benodig. Volgens Dhlomo is die ambulans na die gebied gestuur drie minute nadat die oproep ontvang is.

“Toe die ambulans by sy bestemming opdaag, is die insittendes deur twee mans met vuurwapens oorval en beroof,” het hy gesê.

Die aanvallers het geëis dat die ambulanspersoneel hul selfone oorhandig, waarna hulle beveel is om weg te hardloop.

“Die kapers het die ambulans aan die brand gesteek en met twee selfone op die vlug geslaan,” het hy gesê.

Dhlomo het die vernietiging van die ambulans ten sterkste veroordeel.

“Ons betreur hierdie aanval en die verwoesting van broodnodige mediese toerusting en noodvoertuig. Daar sal berading beskikbaar gestel word vir die betrokke noodpersoneel om die gebeure te help verwerk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kobus ·

Ja jong, dis mos nou die neukery met slegte gewoontes. Hulle word moeilik afgeleer. In die vorige bedeling het die kamerade hulle geleer om die vyand se goed brand te steek. Probleem is, niks het veel vir die armes verander nie, net hulle vyand. Hulle dink egter Jakob is hulle vriend.

Winston ·

Natuurlik is die hele land se staatstrukture aan hulle kant. Menseregte

Blou bus ·

Laat my dink , voorheen het hulle by die werk afgevat om te gaan busse brand omdat daar te min busse was ,nou weet ons , nes hospitale moes die gratis/goedkoop dienste van die staat geplunder word om plek te maak vir privaat/duur dienste .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.