Ambulans in Limpopo gekaap

Argieffoto

Kapers is Woensdag vort met ʼn ambulans by Strydskraal in die Nchabeleng-omgewing in Limpopo. Die ambulans is Woensdagaand gekaap toe paramedici op pad terug was na die Nchabeleng-nooddienste se stasie nadat hulle ’n pasiënt by die Janse Furse-hospitaal afgelaai het.

Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, het ʼn pleidooi aan lede van die gemeenskap gerig om die polisie te help om die kapers vas te trek.

Die ambulans is die volgende oggend in ʼn nabygeleë nedersetting gevind waar dit van sy onderdele gestroop is. Paramedici het ongedeerd van die kaping afgekom en is slegs van hul selfone beroof.

Ramathuba het haar kommer oor die kaping van ambulanse uitgespreek. Sy meen misdaad het een van die grootste risiko’s vir die lewering van gesondheidsdienste in die land geword.

“Dit is ondenkbaar hoe enigiemand by sy volle verstand ʼn ambulans, wat so waardevol vir die gemeenskap is, kan teiken. Mense se lewens word deur hierdie ambulanskapings in gedrang gebring,” het Ramathuba gesê. Sy het ook lede van die gemeenskap versoek om met enige inligting oor die kaping na vore te kom en die polisie by te staan sodat die verdagtes in hegtenis geneem kan word.

Ten spyte daarvan dat die departement jaarliks 50 ambulanse aanskaf ten einde hul vloot ʼn hupstoot te gee, word hulle deur die daaglikse aanvalle op ambulanse gestuit.

Maroela Media het vroeër berig oor die toename in aanvalle op nooddienste wat veroorsaak dat onskuldige mense in werklike mediese noodgevalle omkom omdat paramedici vir hul lewens vrees. In Januarie is sowat 30 aanvalle op nooddienste vir die laaste ses maande aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mikki ·

Wonder wat gaan gebeur as Corona virus hier uitbreek……en hier is nie ambulanse, paramedici en ordentlike hospitale nie?

Marieta ·

Persoonlik dink ek die misdadigers wat paramedici teiken moet aangekla word van strafbare manslag.

daniel ·

In China is sal hulle nie lank bly lewe na so n misdaad nie.
Indien die doodstraf nie ingestel word nie voorsien ek n baie donker toekoms vir SA.

Amatambo ·

Haat om dit weer te sê, maar solank die meerderheid aan bewind bly sal die doodstraf nooit ingestel word nie, daar CR en sy trawante voor die voet wéét dat daar meer van sy eie aan die galg/elektriese stoel of wat ookal sal sterf as wittes… selfs in die ou dae onder blanke regering is meer swartes die doodstraf opgelê, en selfs vandag is die tronke oorbevolk met lede van die meerderheid. Ongelykkig, egter, is CR (en die wêreld) eenvoudig siende blind insoverre misdaad-statistieke betref…

Andre ·

Die mense verstaan net een logika.Vat en verkoop.Of dit ‘n noodvoertuig is of privaat maak nie saak. nie.Kla maar more as daar nie nooddienste is nie,maar vandag soek hy geld vir drank ens.Die mentaliteit is gevestig en selfs strenger wett gaan nie veel verander nie.

Leon ·

Die sindikaat het ‘n bestelling gekry vir taxi onderdele en hulle het toe een gekaap vir onderdele. Dit gaan vir hulle oor geld en nie lewens nie. Hulle kan ‘n helikopter bekostig om hulle familie hospitaal toe te vat.

Koos ·

As die bevolking kriminele nie hulle eie babas, familie, ouers en geliefdes ontsien in hul wellustigheid om misdaad te pleeg nie, wat is die kans dat hulle iets sal omgee vir gesondheidsdienste, ambulanse en lewens van ander. Nul. Failed country, failed state, failed government and president.

Niklaas ·

Daai ambulans kan seker omskep word in mini bus taxi. Andersins was kaping onnodig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.