Ambulans met pasiënte gekaap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ambulans is Sondag in KwaMakhutha, suid van Durban in KwaZulu-Natal gekaap.

“Twee personeellede het twee pasiënte met die ambulans van KwaMakhutha-kliniek na ʼn hospitaal vervoer,” het Sam Mkhwanazi, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, gesê.

Terwyl die ambulans na die hospitaal op pad was, het twee mans glo die ambulans afgetrek. Een van die verdagtes het homself as ʼn pasiënt voorgedoen.

“Die kapers het die bestuurder met ʼn vuurwapen gedreig toe hy gestop het om hulle te help en het die personeellede gedwing om agterin te klim,” het Mkhwanazi bygevoeg. “Een van die personeellede kon egter uitspring en vlug. Hy het oor ʼn nabygeleë heining gespring en weggekruip.”

Die kapers het met die ambulans in die rigting van KwaMakhutha gery voordat hulle die voertuig verlaat en van die toneel gevlug het.

Die pasiënte en personeellid is nie tydens die voorval beseer nie. Die personeellid wat ontsnap het, het geringe skraapwonde opgedoen.

Mkhwanazi het die voorval veroordeel en gesê persone wat gesondheidsdienste lewer, moet beskerm word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

MartinLJ ·

Mens weet wat om te sê, anders as “Welkom in Nuwe Suid Afrika”

scalla ·

Gebeur slegs in Suid Afrika, wetteloosheid is die leuse, geen respek vir niks en niemand!

Boesman ·

Geen mens sou kon raai hoekom hulle so iets sou wou doen nie.

Jasper ·

“Een vd veragtes het hom as n pasiënt voorgedoen”. Loutere TWAK. Hy het gestop om nog n passasier op te laai vir n ietsie ekstra.

Anton ·

En toe byt die slang die anc weer aan die haakskeen en dit word as gekaap afgemaak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.