Ambulans ry drie dood

Skade aan die ambulans. Foto: Verskaf

Skade aan die ambulans. Foto: Verskaf

Drie voetgangers is dood nadat ʼn ambulans van ʼn private ambulansdiens hulle Woensdag in die Oos-Kaap raakgery het.

Volgens Charles Bramwell, adjunkdirekteur van die Oos-Kaapse verkeersdepartement, het die voorval op die R67 tussen Grahamstad en Port Alfred plaasgevind.

Die bestuurder was op pad na Port Alfred toe hy die voetgangers getref het. Die omstandighede van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

“Twee voetgangers is op die toneel dood. ʼn Derde is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar die persoon ook later dood is,” het Bramwell aan Maroela Media gesê.

Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

A ·

Regtig? Ek wil ook weet wat die omstandighede rondom hierdie was.

Wouter ·

As sy sirene aan was sou hulle hom seker gehoor en geepad het. As hy soos ‘n cowboy gery het was dit dalk n ander saak. Sal ook graag die opvolg wil lees.

C ·

Huh?? Ek wonder of daardie selfde ambulans die beseerder hospital toe gevat het. Shame, baie sterkte aan die oorledenes se familie en vriende.

Theresa ·

So reg van voor en BAIE hard gestamp – dis vreeslik. Waar was die voetgangers? Op die sypad of in die middel van die straat?

KarooKlong ·

Theresa, nou laat jy my wonder, waar was die ambulans. Op die pad of in die middel van die sypad?

Victorious ·

Nee mense, hulle loop nie op die sypaadjies nie maar in die strate. Ek moet kort kort rem trap want as hulle nie slakkepas oorloop nie dan hardloop hulle voor jou motor in. Wat het van boetes geword vir die voetgangers????????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.