Ambulansmanne in Khayelitsha beroof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ambulansspan is Dinsdagoggend in Khayelitsha in die Wes-Kaap met ʼn vuurwapen gedreig terwyl hulle ʼn pasiënt behandel het.

Robert Daniels, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het in ʼn verklaring gesê die voorval het in Walter Sisulu-rylaan in Harare, Khayelitsha plaasgevind. “Die span se selfone is gesteel, maar hulle is nie andersins beseer nie,” het hy gesê.

Die saak is by die polisie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Oosie ·

Dis nou die hoeveelste voorval die afgelope paar dae. Hierdie lafaards gaan veroorsaak dat nooddienste gaan weier om in hierdie gebiede in te gaan. Die klomp het nou maar net die vermoë om hul eie lewe en voorregte te ontspoor. (En dan staak hulle dit weer terug… Eisch!)

olive ·

die polisie moet optree teen die gemeenskap wat dit toegelaat het. niks drasties nie. R50 boete aan elk. hulle weet wie die skuldiges is.

Johann ·

Geen respek…vir self…vir ander…vir lewe…MAAR as.dit by “regte” kom; staan die wetters VOOR in die ry!

Jan ·

Ek sien in die dae ‘n berig elders dat ‘n ondesoek na die doodstaf gaan weer ingestel word.

Wat ek wil weet is, as mens ‘n ander persoon se lewe geneem het en die daad regverdig dat die doodstraf jou opgelê word, waarom nie, jy het dan met die daad, jou eie aanspraak om lewe ontneem.

Waarom dan die doodstraf nie toepas nie, net omdat die Regering bang is daar kan ‘n fout deur die regters gemaak word? Waarom dan nie ‘n stelsel in plek kry wat ten minste daardie klinkklare moorde aanspreek nie en ek praat nie van die grensgevalle nie.

G ·

Die kriminele gaan buite rondloop, en onskuldige mense gaan sterf. Ons ‘leiers’ sal sorg daarvoor.

Ras ·

Jan, die doodstraf sal rassisties wees daarom is dit afgeskaf.

johan ·

Ek glo nie dat die doodstraf weer ingestel sal word nie..aangesien van Zuma af met al sy trawante eerste sal moet hang…want hulle is n klomp oud moordenaars van wit en swart en n klomp verraaiers

Johan Likkewaan ·

Dink net vir ‘n oomblik jy lê daar op die grond met die noodspan wat na jou kyk en hier kom die boewe en roof die noodspan. lol.
Daar’s net een hoop vir hulle, die as hoop…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.