ʼn Ambulansspan is Dinsdagoggend in Khayelitsha in die Wes-Kaap met ʼn vuurwapen gedreig terwyl hulle ʼn pasiënt behandel het.
Robert Daniels, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het in ʼn verklaring gesê die voorval het in Walter Sisulu-rylaan in Harare, Khayelitsha plaasgevind. “Die span se selfone is gesteel, maar hulle is nie andersins beseer nie,” het hy gesê.
Die saak is by die polisie aangemeld.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Dis nou die hoeveelste voorval die afgelope paar dae. Hierdie lafaards gaan veroorsaak dat nooddienste gaan weier om in hierdie gebiede in te gaan. Die klomp het nou maar net die vermoë om hul eie lewe en voorregte te ontspoor. (En dan staak hulle dit weer terug… Eisch!)
Die siel van hierdie land is verrot….is daar hoop?
die polisie moet optree teen die gemeenskap wat dit toegelaat het. niks drasties nie. R50 boete aan elk. hulle weet wie die skuldiges is.
Geen respek…vir self…vir ander…vir lewe…MAAR as.dit by “regte” kom; staan die wetters VOOR in die ry!
Ek sien in die dae ‘n berig elders dat ‘n ondesoek na die doodstaf gaan weer ingestel word.
Wat ek wil weet is, as mens ‘n ander persoon se lewe geneem het en die daad regverdig dat die doodstraf jou opgelê word, waarom nie, jy het dan met die daad, jou eie aanspraak om lewe ontneem.
Waarom dan die doodstraf nie toepas nie, net omdat die Regering bang is daar kan ‘n fout deur die regters gemaak word? Waarom dan nie ‘n stelsel in plek kry wat ten minste daardie klinkklare moorde aanspreek nie en ek praat nie van die grensgevalle nie.