Amcu-aansoek van hofrol geskrap

Argieffoto

Argieffoto

Die arbeidshof in Johannesburg het Maandag ʼn dringende interdik wat deur Amcu gebring is om Amplats en Implats te verhoed om direk met mynwerkers oor hul loonaanbod te kommunikeer, van die hofrol geskrap.

Regter Rob La Grange het die aansoek geskrap en gesê dit is nie dringend nie.

Amcu het die hof verlede week genader om die twee mynmaatskappye te verhoed om direk met stakende lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) te kommunikeer en om Implats te verhoed om opnames te doen of werknemers wil terugkeer werk toe. Die hof het Vrydag uitspraak voorbehou.

Amcu-lede by Lonmin, Impala Platinum en Anglo American Platinum staak al sedert 23 Januarie en eis ʼn basiese salaris van R12 500. Hulle het die maatskappye se loonaanbod, dat die werknemers teen Julie 2017 R12 500 sal verdien, verwerp.

Volgens die webwerf platinumwagenegotiations.co.za, wat deur die werkgewers opgestel is, het die werknemers reeds meer as R9.1 miljard in inkomste verloor en die maatskappye het reeds meer as R20.5 miljard verloor. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae