Amcu beplan staking in platinum, steenkoolbedryf

Amcu-president Joseph Mathunjwa (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Dinsdag gesê hy beplan ʼn sekondêre staking volgende week in die platinum- en steenkoolbedryf om sy lede in die goudbedryf by Sibanye-Stillwater te ondersteun.

Minstens 15 000 Amcu-lede staak al drie maande lank, sedert 22 November 2018, by Sibanye se goudmynbedrywighede en eis hoër lone.

Amcu-president Joseph Mathunjwa het gesê sy vakbond sal die hele mynbedryf in Suid-Afrika tot stilstand bring wanneer hulle met dié staking begin. “Ons het by Impala begin. Ons het ʼn baie duidelike mandaat dat [die lede] ʼn sekondêre staking ondersteun. Lonmin is gereed vir die staking. Ons reis nou na Limpopo vir Two Rivers-myn en al die Anglo American-myne waar Amcu ʼn meerderheid is. Ons gaan hierdie mynboubedryf tot ʼn stilstand dwing,” het hy gesê.

Hy het gewaarsku dat alle myne, eerstens Harmony Gold en AngloGold Ashanti, deur die staking geraak sal word. “Die myne aan die Wes-Rand sal ook geraak word deur die sekondêre staking. Die myne in Rustenburg sal ook by die staking aansluit. En die gemeenskappe is welkom om by ons aan te sluit, want hulle word van werk beroof.”

Sibanye het verlede week aangekondig dat hy met konsultasiegesprekke oor die artikel 189-proses sal begin en dit kan moontlik tot die aflegging van meer as 6 600 werkers, insluitend kontrakteurs in sy goudmynbedrywighede, lei. Dit word toegeskryf aan verliese tydens die afgelope finansiële jaar.

Sibanye sal na verwagting ʼn verlies van R1 miljard aanmeld vir die jaar wat op 31 Desember 2018 geëindig het weens ʼn veiligheidsvoorval en ʼn staking aan die einde van die jaar.

Op ʼn vraag of die sekondêre staking tot geweld sal lei, het Mathunjwa gesê Amcu is ʼn “vreedsame vakbond wat altyd deur die media uitgebeeld word as die vyand”. Hy het gesê vakbondlede sal niemand tydens hul staking uitlok nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

piper ·

hulle gaan die land in sy maai in staak en daar gaan baie meer werkloses en honger mense wees. dit gaan net lei tot groot onluste en anargie.

ZAR ·

Wie betaal Amcu? Daar is verseker iemand betrokke wat die toutjies trek. Ons moet net uitvind wie en hoekom. Sover was daar nog nie een groot staking wat nie duistere planne verdoesel nie. Laas was dit die Guptas wat die toutjies getrek het.
Sover ek weet het die goud wat gemyn word al vir 14 maande agtermekaar verminder.

Johanna Botha ·

Ag staak maar julle het die zuma jare heeltyd na die anc se pype gedaans …nou is die geldjies klaar ….julle verdien dit 100 %

Koos de Meyer. ·

Ons sal sien waar gaan hulle op die einde van die dag kos kry. Hulle wil mos Unies toelaat, nou moet hulle nie huil nie.

Piet Kokewiet ·

En so gaan hulle eskom help ligte afsit, staarskuld groei. Waarom gaan ons more.na die begrootting luister?
Dit gaan nie werk nie.

CV ·

Mens kan jou hand heeltemal oorspeel. “Be careful what you wish for. “

Bekommerd ·

Die probleem is hulle staak, myne verloor geld en ons verloor dalk ook ons werk weens retrenchments. En so veroorsaak dit ‘n ketting reaskie en besighede in die dorpe verloor ook geld – almal verloor op die einde van die dag!

JV ·

Op die einde van die dag maak die myne toe aangesien daar geen produksie is nie, dan sit die spul sonder werk. Hier kom nog onwettige myners

Nou verstaan ek ·

Lekker staak amcu, binnekort is julle almal werkloos.

George van Boshof ·

Ja dit maak sin om nou stakings te he in die steenkoolbedryf want Eskom sukkel mos reeds om die ligte te laat brand. Maar dis mos maar die sotlike unie logika waaraan Suid Afrikaners al gewoond is. Red nou ‘n nasie met die spul onnosele idiote.Viva!

George in Boshof ·

Die spul AMCU narre se produktiwiteit is so pateties ek wonder of die base by daai myn weet die klomp staak al vir 3 maande?

Peter Holmes ·

Daai AMCU leer ook nie. Met die vyf maande staking in Rustenburg n paar jaar gelede het 12000 mense hul werk verloor. Neil Froneman, CEO van Sibanye Stillwater vat nie nonsense nie. Hy gaan hulle almal fire. Hy is so taai soos n ratel

Hoc est bellum ·

Flippit, maar julle werkers wil glad nie werk nie. Na so staking styg die aankoop van elektrisiteit seker weer. Een bose kringloop!

PJC ·

ń Mens wonder wat is hulle agenda en wie sit daar agter. Hulle is duidelik bewus van die gevolge van hul optrede maar nogtans hou hulle net aan en aan.

Jandre Kroeze ·

Geen land kan so bestuur word nie. Dit is belaglik. Dis beter as die komminuste hulle eie tuisland het, om te doen wat hulle wil, en ons nie-komminuste, ons eie tuisland waar ons, oor onself kan regeer en bestuur. Dis nou eenmaal rerig die enigste en beste oplossing vir hierdie “fustecluck” wat ons nou in sit.

Scruffy ·

Soos hulle aangaan gaan mynbou se dae een van dae in Suid Afrika getel wees dan gaan baie sonder werk wees

Vra maar net ·

Gebeur dit nou alles omdatditn verkiesings jaar is so nou demand onswant hulle wil ons stemme he. Maar ai wat dan daarna waar gaan ek kos kry vir my familie.?

Schalk ·

Sien die slang hy breek af ,eis,vernietig vind altyd rede om verkeerd te handel tot nadeel van bree gemeenskap.Alle organisasies word gestig met suiwer intensies,maar 99 persent raak mags behep en korrup.Duidelike voorbeeld is faksie gevegte in politiek.Hierdie stakingblaat net een groep wat verblind is lei.

Martins ·

Unies is die grootste probleem in die land wat arbeid aanbetref ,en dit gaan nog maak dat die land tot ‘n totale stilstand gekom. Ek sou beslis twee keer gedink het voor ek in sa baie geld belê.

Grassie ·

Die land staan op die randjie van ‘n finansiële afgrond, miljoene mense is werkloos, omtrent 16 miljoen leef van toelaes maar nou wil diegene wat gelukkig genoeg is om ‘n vaste inkomste te verdien staak vir ‘n paar rand per maand meer. Dit is nou egte, regte Afrika mentaliteit. Die vakbonde gaan nog die land verwoes, En dit is die mense wat die meerderheid in die land vorm, wat die land regeer en oor jou en my en ons nageslag se wel en weë in die land gaan beskik.

Natascha ·

As die mense net wil besef die stakings raak hul direk. Die unie se staak, maar hul sit nie kos op jou tafel nie. Hul is net geworried oor hul eie sakke, want jy betaal mos.
As n Comapy swaar trek vat wat jy kan kry en wees dankbaar jy het nog n werk.
Die unies eet net jou geld en sal beslis nie vir jou n ander werk gee as jy sonder werk gaan sit nie.
WEG MET DIE UNIES

Stephen Namibia ·

Vir ons aan die buitekant is dit ongelooflik wat in SA gebeur. Brandende Universiteite, stakende personeel.(sal hulle nie werkers noem nie) Dan nooi CR beleggers om in die land te bele.
Die land word deur die Vakbonde gyselaar gehou. Dis tyd vir herlewing met regstellende aksie. Stel mense aan wat wil werk. Margaret Thatcher het haar nie laat onderkry deur die Vakbonde nie en hulle heeltemal tereg beskou as die ondergang van die land se ekonomie.

christa ·

CR is gou om te se hy sal optree in korrupsie maar plaas hy Unies verbied. Die unies veroorsaak werksverliese maar blykbaar kan CR nie skeel oor stakings nie. Almal maar ‘n nuttelose spul

HPV ·

Ek sal nie verbaas wees as die zama-zamas daagliks meer erts per kop myn as hierdie onproduktiewe stakende spul nie.

Sarel ·

Staak AMCU, julle sal later net gemeenskappe he wat onwettig myn , waar gaan julle dan lede kry om julle hoe lewenstyl te handhaaf ?

Wa ·

Amcu…..hier is so bietjie kommentaar wat julle goed sal verstaan. Blah blah blah blah blah………..how to shoot yourself in the foot 101.

Valkoog ·

Onder England se Ystervrou het die steenkool myners hulleself heeltemal uit werk uit gestaak. ‘n Toe gestaakte myn is ‘n oop gestaakte myn vir zama zamas

Judge Dredd ·

….en wat hierdie berig nie weergee is hoedat Mathunjwa beleggers aangeraai het om hul geld uit Sibanya te onttrek….

Ek ·

Hulle sien ons land is klaar op geneuk, maar sal nog voort gaan. Geen logika.

ne ·

staak maar – wys net hoe dom is julle. daar moet ‘n inkomste wees om werkers te betaal as werkers nie geld kry nie kry unies ook nie geld nie

Fires ·

Die myn moet hulle almal fire. Daar is baie mense wat werk soek.

marika ·

hoe stupid. hoe langer hulle strond aanhou hoe groter is hulle kanse om hulle werk te verloor. ek wens almal kan sien hoe lyk die pad by welkom oppad 1skag toe van sibanyemyn. dis erg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.