Amcu-betoging in Rosebank, JHB

Die eerste golf betogers op die hoek van Jan Smuts- en Bompassrylaan op 27 Maart 2014 Foto: @goonybabe, Twitter

Die eerste golf betogers op die hoek van Jan Smuts- en Bompassrylaan op 27 Maart 2014 Foto: @goonybabe, Twitter

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) sal Donderdag ʼn optog na Lonmin hou om ʼn memorandum aan die maatskappy te oorhandig.

Lonmin se kantoor is in Melrose Arch, Johannesburg, geleë. AMCU se betoging na die parlement sal na verwagting na die Paasnaweek plaasvind, indien daar nie aan die vakbond se eise voldoen word nie.

Amcu-lede in die platinummynbedryf staak al sedert 23 Januarie en eis ʼn intreevlaksalaris van R12 500.

Joseph Mathunjwa, president van Amcu, het op 27 Maart gesê die vakbond het Amplats tot 5 April kans gegun om op hul eise te reageer.

Die vakbond het op 27 Maart na Implats se kantoor in Illovo, Johannesburg, opgeruk om ʼn memorandum te oorhandig.

ʼn Vergadering tussen die werkgewers en Amcu het Maandag by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) plaasgevnd. Die KVBA het Dinsdag ná die vergadering gesê die staking duur voort.

Amcu het ʼn loonaanbod van 9% verwerp.Die maatskappye het Amcu se gewysigde eis, dat die R12 500 oor vier jaar behaal kan word, verwerp.

Die staking het reeds onherstelbare skade aangerig, en tot ʼn geraamde verlies van R10 miljard in inkomste gelei. -SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.