Amcu-betogings duur voort

Die eerste golf betogers op die hoek van Jan Smuts- en Bompassrylaan Foto: @goonybabe, Twitter

Die eerste golf betogers op die hoek van Jan Smuts- en Bompassrylaan Foto: @goonybabe, Twitter

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) se betogings vir hoër lone sal voortduur, het Joseph Mathunjwa, president van die vakbond, Donderdag gesê.

“Die betogings sal volgende week na Lonmin uitbrei en dit sal gevolg word deur ʼn optog na die parlement ná die Paasvakansie indien die vakbond se eise nie toegestaan word nie,” het Mathunjwa gesê. “Dit maak nie saak of dit ons 10 dae lank neem om daar te kom nie.”

Hy het honderde stakende mynwerkers toegespreek wat na Impala Platinum se hoofkantoor in Illovo, Johannesburg, opgeruk het om ʼn memorandum aan die maatskappy te oorhandig.

Amcu-lede staak al langer as twee maande en eis ʼn minimumsalaris van R12 500. Mathunjwa sê die vakbond het Amplats tot 5 April gegun om op hul eise te reageer.

Johan Theron, beampte van Amplats, het onderneem om voor die sperdatum te reageer. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.