Amcu bly staak by Sibanye-Stillwater

Amcu-lede tydens ‘n massavergadering by Masizakhele-stadion (5 April 2019) (Foto: Amcu/Twitter)

Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) is vasbeslote om by drie Sibanye-Stillwater-goudmyne te bly staak, het die vakbond Saterdag gesê.

Die vakbondlede staak al meer as vier maande lank by twee goudmyne in Driefontein, wes van Johannesburg, en een in die Vrystaat naby Theunissen.

Duisende Amcu-lede het Vrydag tydens ʼn massavergadering by Masizakhele-stadion in Driefontein bymekaargekom om by Amcu-leier Joseph Mathunjwa te hoor wat die volgende stap is.

Minstens 15 000 Amcu-lede het op 21 November 2018 by Driefontein, Kloof en Beatrix-myne begin staak. Hulle eis hoër lone “ná die mynmaatskappy ʼn Amcu-onderhandelde loonooreenkoms met drie ander vakbonde aangegaan het”.

Amcu-lede eis ʼn verhoging van R1 000 per jaar oor die volgende drie jaar. Die National Union of Mineworkers (NUM), Solidariteit en Uasa (United Association of South Africa) het ʼn verhoging van R750 per jaar oor die volgende drie jaar aanvaar.

“Die massavergadering is gehou om lede op hoogte te bring van die jongste verwikkelinge,” het die vakbond in ʼn verklaring gesê.

Mathunjwa het gesê die staking duur nou al so lank omdat die Amcu-leierskap “die mandaat om sy lede te verteenwoordig in ʼn baie ernstige lig beskou” en “hulle kan nie omgekoop word nie”.

“Verskeie partye het al alles in hul vermoë probeer om die staking te beëindig, maar hul pogings was tevergeefs. Talle uitdagings het ons al in die gesig gestaar sedert die aanvang van die staking, maar ons bly dapper want dit is nie ʼn maklike pad nie. Hierdie is nie ʼn stryd tussen werkgewer en werkers nie; dit is nou ʼn politieke saak en dit is hoekom die regering stilbly oor hierdie kwessie,” het Mathunjwa bygevoeg.

“Die gebrek aan ingryping deur die regering en hul stilswye tydens ons staking is ʼn bewys dat dit meer as net ʼn loondispuut is. Die besluit deur Sibanye-Stillwater om nie die aanbod van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) te aanvaar nie, is ʼn bewys dat dit nie meer ʼn loondispuut is nie.”

Hy het gesê ʼn besluit moet in ʼn stadium geneem word, want die staking kan nie vir altyd voortduur nie. “Sibanye-Stillwater-bestuur moet politiek vir die politici los en hierdie loondispuut oplos.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

? leser ·

en waarvan lewe hulle nou, hulle word sekerlik nie betaal om by die huis te sit nie

Johan ·

Hulle sal hulleself nog uit hulle werk staak…. En indien daar aan hulle eise voldoen sou word, sal hulle maar net volgende jaar die doelpale skuif.

willem Botha ·

Die myne kan ook nie vir n onbepaalde tyd aangaan sonder om te produseer nie so die muntstuk kan altwee kante toe gaan en wat as die myne besluit om toe te maak dan gaan 15000 stakers verwag amcu moet vir hulle sorg.

ne ·

Amcu is baie slim. Hulle hoop om ‘n toelae van R1,000 en hoeveel kry hulle in die sak? Hoop die myne jaag almal weg want wie wil sulke werkers hê?
Hulle is baie goed met toi-toi maar as dit by werk kom is hulle traag.

Chris Ws ·

Die stakendes het reeds 4 maande se salaris verloor.Hoe gaan hulle dit inhaal?Onmoontlik.En sou die mynbestuur toegee kan hulle verseker wees baie gaan NIE meer ‘n werk he nie.Die maatskappy gaan eenvoudig arbeid besnoei en produktiwieteit opdwing van elke werker wat agterbly!Hulle is onnosel verby die stakers!

Tiaan ·

Ek voel baie sleg vir die mense wat bereid is om aan te gaan, wat nou by die huis moet sit en nie weet of hulle nog ‘n werk gaan he nie en die mense wat probeer om so ver moontlik sekere operasies aan die gang te hou met bykans geen personeel en toerusting nie! #Ysters

George in Bloem ·

Maak die myn toe en raak ontslae van die hele spul laat hulle kyk wat eet hulle.Hierdie alewige gestaak en “demand” nonsens moet seker die een of ander tyd klaarkry.Geen ekonomie kan onbepaald so voortgaan nie. Die tyd is ryp dat hierdie unies ‘n les geleer word. Meeste myne sukkel maar erg in hierdie moeilike tye en dit word vererger deur ‘n werksmag wat allergies is vir werk en ongelukkig nie werd is wat hulle betaal word nie,nie eers amper nie. Kompetisie met ander lande op die wereldverhoog is taai daar buite maar wat sal die unies tog weet daarvan? Hulle begrip van basiese ekonomiese beginsels en ook die realiteite is maar bitter skraps. Genoeg is genoeg.

Trol ·

Hoekom moet daar altyd n unie wees? As die werker nie self sy saak kan stel nie, verdien hy/sy nie die werk nie. Regte apul cry-babies. As hulle so ontevrede met hulle salaris is, bedank en gaan werk vir amcu.

Johanna Botha ·

Maak net toe wie is nou lus vur al die gesukkel en om dan vir peanuts te wwrk met al die uitdaahings van eskom ens ….laat die unie die myn oorneem en vra net n persentasie van die wins …kyk hoe staak mense dan want dit sal nie eers van die grond kom nie …toe unies skep julle werk !

Schalk ·

Ek dink dis tyd dat alle besigheids eienaars vir 4 maande staak totdat misdaad en korrupsie hok geslaan is.Kom Suid Afrikaners wys jul staal.Ag nee geldjie is koning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.