Amcu dreig om Implats lam te lê oor afleggings

Joseph Mathunjwa. Foto: ANA.

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Dinsdag gesê hy is bereid om drastiese stappe te doen om werkgeleenthede by Impala Platinum (Implats) te beskerm.

Maroela Media het vroeër berig Implats het op 2 Augustus aangekondig hy gaan 13 000 werkers aflê by sy Rustenburg-aanleg in ʼn poging om dié mynmaatskappy weer winsgewend te maak.

Implats het in ʼn verklaring gesê drastiese herstrukturering is nodig om mynbou in ʼn volhoubare toekomstige posisie te plaas.

Die herstrukturering sal oor ʼn tydperk van twee jaar plaasvind. Dit sluit onder meer in die afskaling van 11 na slegs ses operasionele skagte om die jaarlikse vervaardiging van platinum van 750 000 fyn onse na 520 000 fyn onse te verminder, asook om permanente werknemers en kontrakteurs van 40 000 na 27 000 te verminder.

Joseph Mathunjwa, Amcu-president, het gesê Amcu sal nooit aanvaar dat 13 000 werkers afgelê word nie. Die vakbond het onderneem om Implats lam te lê sou hy voortgaan met die afleggings.

Amcu het gesê hy sal Implats se planne op dieselfde manier beveg as dié toe die vakbond Anglo American Platinum gedwing het om sy aanvanklike voorneme te laat vaar om 14 000 werkers in 2013 af te lê. Slegs 3 000 werkers het hul werk verloor.

“Amcu sal deelneem aan die afleggingskonsultasies by Impala en ons sal ons bes doen om soveel as moontlik werkgeleenthede te red. Ons sal geen hulpbronne besnoei in ons stryd om die lewensbestaan van ons mynwerkers te beskerm nie. Ons hoop dat die maatskappy ná hierdie konsultasie sal instem om die wetlike toets van ʼn gesamentlike konsensus- proses te volg,” het Mathunjwa gesê.

Mathunjwa het gesê hulle sal die situasie nou dophou en hul reg voorbehou om alles moontlik te doen om hul mandaat uit te oefen – insluitend industriële aksie indien dit nodig is.

Hy het gesê hulle sal so ver gaan as om aansoek te doen vir ʼn sekondêre staking by ander Impala-aanlegte om te verseker nie een fyn ons platinum word uit die grond na die oppervlak gebring nie.

“Wie ook al ʼn sakeverhouding met Impala het, sal geaffekteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Frederik ·

AMCU is juis die rede hoekom platinum element waarde verloor het. Wanneer gaan die mense se oë oop gaan en besef dat vakbonde hulle gebruik om hulself te verryk en daardeur die mynbedryf tot gronde gaan bring.

Klaas ·

Impala. Maak julle myne toe asseblief. Leer nou vir eens en vir altyd vir amcu n les. Hulle dink hulle is god.

Callie ·

Hy is so slim. Op die ou einde maak daar sommer nog n skag of twee toe. Die kennis wat die manne van besigheid het is totaal gebrekkig. Maar ja, dit is hoekom Eskom, SAL, stadsrade, noem op, alles wat hulle bestuur, bankrot is. Noem een ding waarvan hulle n sukses maak, behalwe selfverryking, dan praat ons weer

Jacques ·

Daar is nie pille nie . Dit is juis dan die rede dat daar soveel mense reeds af gedank gaan word , wil hulle he almal moet hulle werk verloor ? Regtig , en hulle wil die land bestuur ?
Hulle kan nie eers hulle eie lewe of n taxi bestuur nie !!!

Wurmpie ·

Hulle dink nie. Meer mense gaan sonder werk sit en hulle die kamstige groot monde sonder inkomste

Emma ·

Die Unies dink hulle is wys, maar gaan hul vasloop. Werkloosheid neem toe. wat gee die unies om solank hulle hul salaris betaal word. Al die arbeidswette maak dit vir besighede onmoontlik om n bestaan te maak en vir werkskepping .

Dawie ·

As die myne toemaak wat kan Josefh dan doen. Lee blikke maak die meeste geraas.

Vryheid ·

Daars nie salf aan te smeer nie. Wanneer daar geen myne meer oor is sal hulle nogsteeds probeer strike, seker dan teen die skepper.

Arie ·

Gewoon te idioties om oor te lag.
n Paar jàr gelede het platinnuk mynwerker gestaak vir hoër lone (R12500 per maand. Bestuur het hulle gewaaesku dat hulle dit nie kan bekostig nie, maar niietemin heldhaftig probeer voortgaan. Nou het dit die myn ingehaal en 13 000 mense moet afdank word.
Dalk sluit die myne nog heeltemaal.

John ·

Om meer werkers te behou moet die salarisse van die res verminder te word om die ander te betaal… sosialisme en kommunisme vra dit. Mens kan dit nie net verkondig nie. Bewys.

Jakkalas ·

In al die jare het hierdie unies wat net alles lam wil lê niks geleer nie. Die enigste ding wat gelê gaan word is dat dieselfde stakende werkers afgelê gaan word om sodoende sonder werk te sit. Die unie base sal sal steeds sy geld kry en julle sal nie weer van hom hoor tot volgende jaar nie. Pryse van goud en platinum is laag en dis nie winsgewend genoeg vir die maatskappye om hier te myn nie. Sterkte aan al die families betrokke…

David ·

As ek Arm-cu reg verstaan, dan moet die skagte aanhou teen ‘n verlies bedryf word?

Daar is vir hulle slegte nuus – as beleggings nie dividende lewer nie, belê beleggers elders en dan is daar géén poste meer nie. Beleggers het geen sentimente oor “previously disadvantaged” nie – net dividende.

nalater ·

sowat van slimmigheid sien mens net onder die meerderheid.hulle lamlêery veroorsaak dat myne bankrot gaan en wat wil die slim mense doen? hulle wil nog staak. doe myn!ense kan maar weet die die minderheid se voorvadergeeste aan die werk wat wraakneem oor daardie 55 plussers wat werkloos sit.

Snowball ·

Nee dis reg Joseph, lê Implats lam, gee hulle sommer nou die doodskoot, wat is dié lamlê storie? Wys jou staal! Weg met hierdie westerse konsep van winsgewendheid! Hierdie is Afrika, hier demand jy en jy kry!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.