Lede van die vakbond Amcu het hul leier, Joseph Mathunjwa, Donderdag versoek om ʼn salarisverhoging van R1 000 elke jaar vir die volgende drie jaar vir die platinumwerkers te aanvaar.
“As mens in ag neem waar ons vandaan kom, en waar ons op die oomblik staan, vereer ons ons president en gee hom die mandaat om die aanbod te aanvaar,” het ʼn vakbondverteenwoordiger by ʼn vergadering in Rustenburg gesê. “Die aanbod moet aanvaar word op die voorwaarde dat Lonmin alle noodsaaklike werkers, wat vroeër afgedank is, weer sal aanstel.”
Die verhoging vir ambagsmanne en beamptes is 8% in die eerste jaar en 7.5% in die daaropvolgende twee jaar. Kragtens die voorgestelde ooreenkoms sal ʼn leefbaarheidstoelaag nie vir die tydperk van die ooreenkoms verhoog nie.
Indien die ooreenkoms aanvaar word, mag die werkers ook nie binne die ooreengekome tydperk staak nie.
Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) staal al sedert 23 Januarie by Lonmin, Anglo American Platinum en Impala Platinum. Hulle eis ʼn basiese maandelikse salaris van R12 500. Hulle het die vorige aanbod, dat werknemers teen Julie 2017 R12 500 sal verdien, verwerp.
Platinumvervaardigers het Donderdag gesê ʼn beginselooreenkoms is deur Amcu se leierskap aanvaar en dat die aanbod met die vakbondlede bespreek sal word.
Amcu sal Vrydag terugvoer geen aan die maatskappye. -SAPA
Nou die vraag sou wees vir hoeveel jaar gaan hulle moet werk om die verlies van die staak terug te bewerk. Nie eers te praat van al die skuld wat die oukies moes aangaan om aan die lewe te bly nie.