Amcu-lede vas oor poging tot moord

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Twee mans is in hegtenis geneem vir poging tot moord op ʼn myner by Anglo American Platinum se Khuseleka 1-skag naby Rustenburg.

“Die polisie in Rustenburg het twee manlike verdagtes, altwee 29 jaar oud, in hegtenis geneem vir poging tot moord wat verband hou met Amcu se voortslepende staking,” het brig. Thulane Ngubane, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê.

Amcu-lede staak al vir langer as ʼn maand by platinummyne in Noordwes en dring aan op ʼn intreevlaksalaris van R12 500.

Ngubane sê ʼn 51-jarige man was op 3 Februarie op pad werk toe, toe twee persone in ʼn motor hom ʼn rygeleentheid aangebied het. “Die motor het naby aan ʼn groep stakers parkeer en die slagoffer is glo na die groep geneem,” het hy gesê. Die man is geïntimideer en gedwing om by die nabygeleë hokkies sy klere uit te trek. Hy is toe later glo na ʼn stortingsterrein geneem waar hy met klippe bestook is. “Die man kon glo vlug en het kaal na die skag gehardloop waar mynsekuriteit hom gered het,” het Ngubane gesê.

Die polisie is in kennis gestel van die aanval en ʼn saak is aanhangig gemaak. Die twee mans is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle hulself aan die polisie oorgegee het. Hulle sal na verwagting Woensdag in die Rustenburgse-landdroshof verskyn. “Die stakers word gemaan om die wet te onderhou en nie hulself aan misdrywe skuldig te maak nie,” het Ngubane gesê. -SAPA

Lees ook:
Amcu-staking duur steeds voort
Amcu-staking: Amplats dagvaar vir miljoene
AMCU-staking: Onderhandelinge met KVBA hervat
Platinumfirmas gaan KVBA glo alleen raadpleeg
Amcu-betoger glo deur polisie doodgeskiet
Amcu-lid vas vir saakbeskadiging
Amcu-staking: Lede gaan nuwe aanbod verwerp
Amcu-staking: Laaste dag van gesprekke
Amcu-staking gaan voort
Amcu-onderhandelings duur voort
Amcu-staking: Drama by Amplats
Partye vergader op dag twee van Amcu-staking
Amcu stem in tot verdere onderhandelinge
Amcu-staking: “Lonmin het busse gestop”
Stakende mynwerkers kom by Marikana-stadion byeen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.