Amcu-lede verwerp aanbod

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Maandag gesê slegs ʼn “eerbare skikking” sal ʼn einde bring aan die vakbond se drie maande lange staking.

“Ons versoek die platinummyne om patrioties te wees. Slegs ʼn eerbare skikking gaan ʼn einde aan die staking bring,” het Joseph Mathunjwa, leier van die vakbond, Maandag aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Ons lede het die nuwe aanbod verwerp. Die Amcu-staking is beskermd. Niemand moet druk op ons plaas nie. Ons doen ‘n beroep op magte van buite om druk op die werkgewers te plaas om toe te gee tot ons eise.”

Lede van Amcu staak al sedert 23 Januarie by Lonmin, Anglo American Platinum (Amplats) en Impala Platinum (Implats) in Rustenburg in Noordwes en Northam in Limpopo. Hulle eis ʼn intreevlaksalaris van R12 500 per maand.

Mathunjwa het gesê die eis van R12 500 is bereken op hoër lewenskoste en die “slaaf-gestruktureerde” lone in die mynbedryf.

Hy het gesê Indiërs en wit mynwerkers het al in 1987 salarisse van R4 500 ontvang. “Daar is nie ʼn goeie storie vir mynwerkers sedert die begin van demokrasie nie.” – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.