Amcu-leier sluit by betoging aan

Die eerste golf betogers op die hoek van Jan Smuts- en Bompassrylaan Foto: @goonybabe, Twitter

Die eerste golf betogers op die hoek van Jan Smuts- en Bompassrylaan Foto: @goonybabe, Twitter

Joseph Mathunjwa, president van Amcu, het Donderdag by honderde mynwerkers aangesluit wat in Illovo, Johannesburg, betoog.

Die mynwerkers beplan om ʼn memorandum aan Impala Platinum te oorhandig.

Mathunjwa en die prokureur Dali Mpofu het by die betogers aangesluit net voordat hulle by Implats se hoofkantoor opgedaag het. Mpofu verteenwoordig Lonmin-mynwerkers in die Farlam-kommissie van Ondersoek nadat hulle in Augustus 2012 tydens betogings in Marikana beseer is.

Talle van die platinumreus se personeel het die perseel haastig verlaat toe die betogers opgedaag het.

Gewapende polisie hou die situasie dop.

Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) staak al sedert 23 Januarie by Lonmin, Anglo American Platinum (Amplats) en Impala Platinum (Implats). Hulle dring aan op ʼn intreevlaksalaris van R12 500. Amcu het ʼn loonaanbod van 9% verwerp.

Die maatskappye het Amcu se gewysigde eis, dat die R12 500 oor vier jaar behaal kan word, verwerp.

Onderhandelingspogings deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) is onbepaald opgeskort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Die klomp staakers is net so dom soos die regering geen breins nie dink al in die ronde dit gaan al van 1994 so geen een van hulle kan tot n punt kom want daar is nie n punt nie laat hulle dood gaan van hongerte die regering sal kos pakkies uit deel met belasting betaalers se geld dis amper die 1st hou net uit dan kom die spending money los

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.