‘Amcu moet verantwoordelik begin optree’

Amcu-president Joseph Mathunjwa (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Die vakbond Solidariteit het gesê Amcu se absurde beskuldiging dat Solidariteit apartheid-bevoorregtes en kolonialiste beskerm deur nie saam met hulle by Sibanye-Stillwater te staak nie, spreek van onkunde en ideologiese gestremdheid

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het bygevoeg Solidariteit het saam met die National Union of Mineworkers (Num) en Uasa ʼn loonooreenkoms met Sibanye-Stillwater onderteken met die doel om mynwerkers, insluitend Amcu-lede, se werksekerheid te verhoog in ʼn tyd waar die mynbedryf onder geweldige druk verkeer.

Minstens 15 000 lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) staak al drie maande lank, sedert 22 November 2018, by Sibanye se goudmynbedrywighede en eis hoër lone. Die vakbond het Dinsdag gesê hy beplan ʼn sekondêre staking volgende week in die platinum- en steenkoolbedryf om sy lede in die goudbedryf by Sibanye-Stillwater te ondersteun.

“Amcu se staking by Sibanye, wat reeds drie maande duur, is ʼn reuse- bydraende faktor tot die feit dat nagenoeg 7 000 Sibanye Stillwater-werknemers nou aflegging in die gesig staar,” het Du Plessis verduidelik. “Die verlies aan inkomste van die 11 000 stakende Amcu-werknemers kom op ʼn gemiddelde verlies van R42 246 per stakende werker neer, wat beteken werkers is besig om hulself armer te staak.”

Du Plessis sê voorts dat Amcu vinnig op pad is om soos destyds met hul vyf maande lange platinumstaking, weer duisende werksgeleenthede te vernietig. “Amcu se 2014-staking het tot 16 000 werksverliese by Lonmin alleen gelei en is die hoofrede waarom dié maatskappy nou op sy knieë is en werkers steeds swaar aan die skuldlas dra.”

Na afloop van die 2014-staking het Lonmin met ʼn afleggingsproses begin waartydens hy sy werksmag aanvanklik met 8 000 werknemers besnoei het. Die mobilisering van die K4-skag is ook gestaak wat daartoe gelei het dat ʼn verdere 6 000 werksgeleenthede vernietig is. Na afloop van die afleggings het Lonmin deur natuurlike omset hul werksmag met ʼn verdere 2 000 werknemers verminder. “In totaal is dit 16 000 werksverliese by een maatskappy, met ʼn verdere 12 000 Lonmin-werknemers wat potensieel nog hul werk oor die volgende twee jaar kan verloor en dit alles as gevolg van die Amcu-staking,” het Du Plessis gesê.

Amcu het reeds hul lede by ander mynhuise opgeroep om saam met hul lede by Sibanye-Stillwater te begin staak. “Hierdie oproep is onverantwoordelik en nie in enige een se belang nie. Dit gaan bloot net tot verdere werksverliese lei,” het Du Plessis gesê.

Dit is ook kommerwekkend dat Amcu se staking by Sibanye geken word aan hoë vlakke van geweld waar sewe nie-stakende werkers reeds vermoor is en 149 ernstig beseer is, terwyl tientalle huise van nie-stakende werkers afgebrand is. “Hierdie gruwelike miskenning van werkers se reg om te werk moet tot ʼn einde kom en daarom moet die oorspoel-effek na die res van die mynbedryf ten alle koste verhoed word,” het Du Plessis gesê.

Amcu se topleierskap se ideologiese retoriek en populistiese uitsprake is uitgedien en Solidariteit doen daarom ʼn beroep op Amcu se leiers om hul lede, en mynwerkers in die algemeen, se werksekerheid eerste te stel.

Verder doen Solidariteit ook ʼn beroep op Amcu-lede om hul gesinne en afhanklikes se belange in ag te neem, nie hulle werk op die spel te plaas nie, en hulle ook nie te laat misbruik deur individue in hul eie geledere met persoonlike agendas nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hennie ·

Unies is die grootste kanker naas die cANCer wat die ekonomie vernietig. En al wie seerkry is die meerderheid “voorheen benadeeldes”. Ek dink nie die “VB’s” het ‘n idee wat se gemors is aan die kom vir hulle nie. Hulle gaan nog verlang na die ou dae…

George van Bloem ·

Ongelukkig dink ek nie mens kan eers naastenby AMCU en verantwoordelikheid in dieselfde asem noem nie. Die unies en hulle kommunisiese/sosialistiese denke is een die grootste spykers in Suid Afrika se ekonomie doodskis.

Boerboel ·

Stem saam Hennie, die Unie Bestuur kry nog elke maand sy salaris wat die lede bydra, As ons kyk na die Lonmin wat nog steeds sukkel , gaan daar nog baie werk verloor word as Amcu by ander myne gaan staak. Kyk net hoe laag is die pryse van Goud en plat. Die families van die werkers gaan baie swaar kry. Kyk hoe het dit in Rustenburg gegaan met Amcu se staking . Almal ly onder dit. Besighede het oornag gesluit !

Johanna ·

Die stakers se regte moet respekteer word, maar hulle mag ander wat wil werk se reg om te lewe neem. Hulle kan dood maak, beseer en ander se eindom beskadig. En dan as dit te erg raak en die polisie weer moet ingryp, dan is di polisie verkeerd en kry hulle miljoene. Wat van 7 werkers wat dood gemaak is. Wie gaan vir hulle kinders sorg. Ons land werk verkeerd om. As jy die wet gehoorsaam kan die wetteloses aan jou doen wat hulle wil en hulle regte word beskerm. AMCU gaan weer hier na net sy hande in onskuld was. Dink dis tyd dat hulle management verantwoordelik gehou word vir hulle lede se dade. Hulle kan maar bietjie tronk toe gaan vir di moorde en aanrandings dan sal party mense se oe en ore dalk oopgaan. Innige meegevoel met die beseerdes en families van oorledenese.

Ruan ·

Daar is ‘n maklike uitweg. Hul wil 6 000 mense laat gaan en daar is 11 000 Amcu lede. Trek daai 6 000 uit die 11 000 Amcu lede uit. Hule wil mos klaar nie werk nie so haal die probleem kinders een vir een uit.

Skroef ·

Die gierigheid van die mens. As hulle staak word hulle nie beyaal nie. Waarvan lewe hulle? Tel hulle kinders se welsyn glad nie of is nou weer n geval dat elke werker in elk geval n toelaag van die belastingbetalers vir elke kind kry? Die myne moet weer soos in die ou dae die drie dae klousule instel. As hulle vir drie dae nie op hulle posye was nie, is hulle afgedank.

Natasha ·

En more toi-toi hulle oor die job cuts want hulle verstaan dan nou nie hoekom die myn hulle moet laat gaan. Wonder of hulle besef hoër salaris beteken hoër tax bracket. So hulle kry anyway dalk nog minder uit as wat hulle tans kry.met vandag se werkloosheid sit ek eerder met n halwe brood as geen brood

Trol ·

Jy her duidelik geen idee waarvan jy praat nie. Met jou halwe brood gaan die bank nie vir lank tevrede weea met n halwe paaiment op jou huis\motor paaiment nie. Maar daar is werkloosheid versekering. (Nie halwe salaris versekering nie) As hulleso ontevrede met hulle halwe brood salaris is,staan dit hulle vry om te bedank en n hele broos salaris te soek.

AJ. ·

Daar is n` makliker oplossing.
Laat die Unies die stakende werkers se salarise betaal vir die tydperk wat hulle staak,
Kom ons kyk dan hoe lank die Unie se koffers hou, of hoe lank die Unie`s bly staan.

Scruffy ·

The ANC is killing South Africa but the unions is doing it better keep it up you also killing your members And the members cant see the only person thats makes momey is the union leaders

Ag regtig ·

If you can read Afrikaans you can surely answer in Afrkaans.

In it for the Money ·

Jy is reg Scruffy, hierdie grootkoppe van die Unions sit gereeld in die Business Class op SAA…..lewe die lekker lewe, terwyl hulle ander aanhits om te staak sonder betaling.

SANET ·

??? ek glo nié,die unies kán dink nié ??? en van ‘verantwoordelik’… weet hul niks!

Db ·

Al hierdie unies is die kanker wat hierdie land doodmaak. Hulle regeer tot die topbestuur wat kamstig die land se belange op die hart dra. Asseblief – as hulle sê spring dan moes almal al gespring het. Elkeen wat bek en pote het behoort of stig ‘n unie. Stop die gemors en die land sal beter word. Staak en lig die knieë verby die ore is die nuwe volksdans

Stephen Namibia ·

Die Vakbonde kry miljoene in ledegeld en die topbestuur leef in weelde. Hulle voel vere vir die ekonomie of die werker op die grond. Hulle moet dus hulle absurde eise stel om die werkers wat die Vakbond aan die gang hou gelukkig te hou.

Jozi ·

AMCU vs Sibanye Stillwater. Albei maar uiters onverantwoordelik.
Hierdie hele krisis kon voorkom gewees het indien Sibanye nou maar hul werknemers die paar randjies per maand ekstra betaal het soos wat die unie gevra het.
Dan was dit oor klaar en verby.
As ons die somme doen is dit niks in vergelyking met wat die myngroep EN werkers daagliks verloor agv die staking nie.
Ek glo die oorgrote meerderheid van die werkers sal verkies om te gaan werk.
Maar nou gaan die magstryd voort en wie verloor? Die werkers, die outjies hier onder.
Vir wat dit werd is. Die ouens daar bo, met verwysing na Mynbestuur, ontvang bonusse wat verregaande is. Massiewe bedrae (inside info).
Amper soos Noot vir Noot.
‘n Miljoen randjies vir jou en nog ‘n miljoen randjies vir jou!
Dus is finansies mos nou nie eintlik ‘n kwessie nie.
My gat se deksel is. Nou dreig AMCU met ‘n sekondêre staking wat die steenkoolmyne gaan betrek.
Sien iemand waarheen hierdie lei?
Geen steenkool nie… Eskom….. ligte gaan af… weer…
Dit is sabotasie.

Liggie ·

Daai myn werkers wat geen kwalifikasie het het nie eers graad 10 party. Kry al meet as die ouens wat in die kantore sit. Hul word kategorie 2-8 genoem. Hul kry verniet verblyf, hul kry al hul medikasie verniet en gaan verniet hospitaal toe. Hul kry oor die R12000 n maand. Nou n persoon met kwalifikasie in hul kantore kry nie eers R10000. En moet hul eie medies, hospitaal, drs en medisyne betaal. Vertel my net wie kry nou eintlik voordeel..

Pleez ·

Lees die hele berig. Veral sie tweede paragraaf. Dan sal jy sien jou inside info ruik soos jou kommentaar. Na bollie.

Liggie ·

Net daar het jy dit verkeerd. Hul word elke maand hul volle salaris betaal deur die unie.

Gert van Wierdapark ·

Miskien moet Amcu n meer gepaste naam soek:Iets soos Amsu = the “All Must Suffer Union. Van verantwoordelikheid het nie die unie of die lede skynbaar enige idee nie. Terwyl die lede nou” af” het en tyd op hande het, kan hul inskryf vir die 3 uur kursus, aanlyn, “How to Strike” in SA and thereby shooting yourself in both feet without using any weapon! Laastens kan n nuwe reel oor Staak ingestel word. Dit werk op dieselfde beginsel as bofbal. Teen Strike three is jy UIT en moet jy verkas!

Jacobus ·

@Jozi,

1) Om werkers se eise te betaal gaan nie die probleem oplos nie, werkers sal sien dat daar aan hulle eise voldoen word en sal daarom net meer buitensporige eiese stel.
2) Die mynhuise dink nie net aan vandag of môre nie maar baie jare vorentoe; wat gaan die prys van goud/platinum/steenkool/ystererts ens wees oof 3, 4 of 5 jaar of selfs langer asook wat die Rand/Dollar wisselkoers heen mik asook die politieke situasie in die land wat alles ‘n bydraende faktor speel in hulle finansies.
3) As dit ‘n beskermde staking is, verloor net die mynhuis.
4) Die salarisse asook bonusse kan nie vergelyk word nie; die kundigheid benodig om ‘n myn te bestuur is groter as om net ‘n werker te wees en daarom is daar selfs verskille soos u weet tussen werkers se salarisse; vraag en aanbod, Ekonomie 101
5) Onthou dat daar ook aandeelhouers is wat gelukkig gehou moet word; ‘n myn ontstaan nie net nie, dit verg groot investering om ‘n myn te begin en te onderhou en daarvoor is aandeelhouers nodig.
6) Volg AMCU se politieke afiliasie om die rede agter die staking te kry.
7) Mynhuise diversifieer hulle bedrywe na die buiteland waar daar ‘n meer besigheids vriendelike omgewing is, Suid Afrika is nie al land met minerale nie.
8) Daar word gemik in Suid Afrika na ‘n Sosialistiese bestel waar die Staat die “means of production” besit en bestuur wat ‘n ekonomiese ramp sal wees.

Antoon ·

Ek sit daagliks met die unie-manne en -vroue in my kantoor en besef net meer en meer dat hul, hul eie agenda dryf – ten koste van hul lede. Vir die unie gaan dit oor die status om te sê “ons het ‘n 10% verhoging beding” of “ons het afleggings voorkom” en nie oor of dit die lewens- en werksgehalte van hul lede verbeter het nie. Een keer, na ons na maande aan die unie se versoek toegegee het, moes ons later 15% van die personeel aflê om te oorleef. Dis toe dan een van die unie manne my nader en sê: Ek besef nou, jy kan nie net die koei melk nie. Jy moet die koei voor ook…

vanessa ·

Dit is ongelooflik hoe die Unie hul lede aan die neuse lui met beloftes wat nie realiseer nie want in die verlede as ook nou gaan weer duisende mense werkloos wees en dit terwyl die Unie se president in weelde lewe. So dan moet hul maar aan sy ou deurtjie gaan klop vir hul maandelikse salarisse want hy tree mos nou op vir sy lede. Dit is uiters lagwekkend om te dink hoe mense bereid is om eerder in armoede te lewe as om te baklei om jou werk te behou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.