Amcu raadpleeg lede oor aanbod

Amcu se president, Joseph Mathunjwa, tydens die vorige onderhandelinge. Foto: SAPA

Amcu se president, Joseph Mathunjwa, tydens die vorige onderhandelinge. Foto: SAPA

Die vakbond Amcu raadpleeg sy lede oor die platinumvervaardigers se jongste loonaanbod, het die SAUK Sondag berig.

“Die vakbond het Vrydag met sy lede begin vergader en die bespreking sal na verwagting tot Woensdag duur,” het Jimmy Gama, nasionale tesourier van die Association of Mineworkers and Construction Union, gesê.

Dit is teenstrydig met berigte dat Amcu reeds die jongste aanbod van Lonmin, Anglo American Platinum (Amplats) en Impala Platinum (Implats) verwerp het.

Lede van dié vakbond staak al sedert 23 Januarie by die mynbedrywighede in Rustenburg, Noordwes en Northam in Limpopo en dring aan op ʼn intreevlaksalaris van R12 500 per maand.

Die werkgewers het ʼn salarisverhoging van tussen 7.5% en 10% aangebied. Ondergrondse werkers sal met hierdie aanbod teen Julie 2017 R12 500 per maand verdien.

Onderhandelinge het Donderdag ʼn dooiepunt bereik.-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.