Amcu sal herbesin oor staking by Sibanye

Amcu-president Joseph Mathunjwa (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) sal Vrydag nog ʼn massavergadering hou oor kwessies wat nog onder bespreking is tydens die voortgesette staking by Sibanye-Stillwater se goudmynbedrywighede.

Dit is die tweede vergadering van die vakbond by Sibanye in een week. Amcu het Maandag onderneem om nie terug te tree nie en gesê die vier maande lange staking sal voortduur totdat daar aan hul eise voldoen word.

Minstens 15 000 Amcu-lede het op 21 November by Driefontein, Kloof en Beatrix begin staak. Hulle eis hoër lone ná die maatskappy ʼn loonooreenkoms met drie ander vakbonde onderteken het.

Amcu eis ʼn jaarlikse verhoging van R1 000 oor die volgende drie jaar, terwyl die National Union of Mineworkers, Solidariteit en UASA ʼn jaarlikse verhoging van R750 oor die volgende drie jaar aanvaar het.

Joseph Mathunjwa, president van Amcu, en die vakbond se nasionale leierskap sal Vrydag weer met lede van die vakbond vergader by Masizakhele-stadion in Driefontein. Hulle sal die werknemers op hoogte bring van die voortgesette onderhandelings met die werkgewer.

Mathunjwa het gesê die pad na ekonomiese vryheid is nie maklik nie, en die besluit om te staak word nie ligtelik opgeneem nie. “Ons doel was nog altyd om vir ons lede te baklei om ʼn behoorlike salaris te verdien. Daar was al talle pogings om die staking tot ʼn einde te bring, insluitend Sibanye-Stillwater wat met die regering saamgesweer het in ʼn onheilige verbintenis.”

Hy het gesê die staking is ʼn gesamentlike besluit deur alle vakbondlede en dit is dus belangrik dat, watter besluit ook al geneem het oor die staking, saam geneem word deur die lede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hens ·

Sommer n R1000. Dis lekker. Staak nog verder, more maak die myn toe dan staak almal weer omdat hulle n job demand

Johan ·

Party mense kan nie verstaan dat hulle onredelike eise werkverliese tot gevolg kan hê nie. Veral in die mynbedryf soos ons al gesien het…

willem Botha ·

Hulle het nog steeds nie geleer dat iets beter is as niks maar die klomp wat die hardste skree is finansieel wel af en die grondvlak werker trek die swaarste Margaret Thatcher was reg om unies te verban.

fred ·

ja Willem..ek herinner nog die mynstakinge in die UK in die 70-tiger jare. Dit het die UK amper bankrot gemaak…die ander west-europese lande moes die UK ter hulp kom….gelukkig het hulle toen M Tacher gehad wat voet by stuk gehou het en die vakbonde gebreek het ……vakbonde hier doen nou dieselfde met hulle onverantwoordelike stakinge en eise…hulle vernietig die ekonomie..

Hennie ·

Jy staak vir 4 maande. Kom’n ons sê jy verdien R8 000 p/m, dus het jy R32 000 al verloor. Veronderstel hulle kry die R1 000 verhoging, dan gaan dit 32 maande neem net om dit wat hulle verloor het, op te maak. Dit is 2 jaar en 8 maande! Dié myners kan nie somme maak nie!

Chris Ws ·

Die Amcu lede moet maar op die harde manier leer.Die salarisse wat reeds verloor is deur hul staking sal nooit opgemaak word nie .So wat wen hulle op die Ou einde?NIKS!Maar nou Ja,as die breinkrag te kon is is dit maar hoe dinge werk.

marous ·

Gee die myn vir die unie , verniet . Dan kan hulle met die rekeninge en stakers sit .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.