Amcu se dae dalk getel

Amcu-president Joseph Mathunjwa (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Die departement van arbeid het kennis gegee dat hy die mynwerkersvakbond Amcu se registrasie by die departement wil kanselleer.

Daniel Molefe, registrateur van arbeidsverhoudinge, het vroeër die week ʼn kennisgewing van sy voorneme om die vakbond se registrasie te kanselleer in die Staatskoerant geplaas.

In die kennisgewing voer Molefe aan dat die vakbond opgehou het om te funksioneer ingevolge sy eie grondwet en nie ʼn regte vakbond is soos in die Arbeidswet omskryf word nie.

“Alle belanghebbende partye word hiermee genooi om geskrewe voorleggings te doen oor hoekom die registrasie nie gekanselleer moet word nie,” lui die kennisgewing.

Amcu het 60 dae om dié redes by die departement vir oorweging in te handig.

Molefe het Donderdagoggend in ʼn onderhoud met 702 gesê Amcu se grondwet eis dat daar elke vyf jaar ʼn nasionale kongres gehou moet word. Amcu se laaste kongres is in 2013 gehou.

Volgens Molefe het die registrateur met Amcu in gesprek hieroor getree. Hulle sou teen einde 2018 terugvoer gegee het, maar dit het nie gebeur nie.

“Ons het dit begin 2019 weer opgevolg en daar is vir ons gesê ons moet terugstaan. Ons gee ongewone aandag aan hulle. Dit is eintlik ongehoord dat die registrateur soveel belangstelling in die sake van ʼn vakbond toon.”

Amcu het glo laat weet hy sal die kongres in September vanjaar hou weens die staking by Sibanye Stillwater. Volgens Molefe is dit egter strydig met Amcu se grondwet.

Volgens Amcu het hy sowat 250 000 lede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wurmpie ·

Baie goeie nuus. Dan kan ons ekonomie weer bietjie vorentoe gaan

Boerboel ·

Ek dink die regering wil he dat hulle almal weer terug gaan na Cosatu, dan het die ANC weer ekstra stemme, AMCU lede steun mos die EFF, of meeste van hulle ?

Thinus ·

Kanselleer sommer al die unies wat die heeltyd wil staak as hulle nie hul sin kry nie. Hulle het nie die kennis om ‘n besigheid te bestuur nie, maar probeer die besigheid boelie deur aanhoudende stakings.

Ben ·

Stem. Hierdie onverantwoordelike vakbonde veroorsaak meer skade as goed. Dit is reeds moeilik vir maatskappye om onder die huidige omstandighede, krag onderbrekings, protesaksies, korrupsie, swak dienslewering ens Winsgewend te wees en dan moet jy met sulke onverantwoordelike vakbonde te doen hê. Wat belangrik is om ons kosbare werkgeleenthede te bewaar. Suid Afrikaanse maatskappye kan egter ook gaan leer hoe die Amerikaanse maatskappye hulle personeel waardig behandel. Dit is nie die rekenaar of die masjien wat die werk doen nie maar die mens daaragter. My opinie is dat Suid Afrika het egter van die swakste maatskappy bestuur in die wêreld. Daar is geen erkende minimum bestuurs kursus beskikbaar nie.

marina ·

Sal wonderlik wees as nietig verklaar kan realiseer. Is daar al ooit na gegaan is way word van miljoene wat maandeliks ontvang word van lede? Hoor nooit vir wat word daardie geld aan gewend?

marous ·

Ons staan terug . Ons gee ongewone aandag . Ons buig agteroor . Ons buig vooroor . Ons is die dept van geen arbeid …..

Jacobus ·

Dink wie gaan voordeel trek uit die kansellasie van AMCU se registrasie.

COSATU gaan voordeel trek en hulle is ‘n alliansie vennoot van die ANC en SAKP; so ek dink ons moet die saak van ‘n ander kant bekyk.

Die ANC het COSATU nodig om te help met die verkiesing en die organisering en mobilisering van kiesers want die ANC self het nie die vermoë om dit te doen nie.

AMCU was nooit ‘n goeie unie nie, maar hulle is nie die enigste radikale en militante vakbondorganisasie nie.

Onthou hoe radikaal en militant COSATU en sy geaffilieerde unies is en was met hulle stakings en sabotasie van besighede en nie stakende werkers.

Dink ook hoeveel ekstra ledegeld gaan COSATU kry as AMCU se registrasie gekanselleer word omdat COSATU op groot skaal die AMCU lede sal werf omdat hulle aan ‘n unie moet behoort.

Twee vlieë met een klap.

Hans ·

Omtrent hoog tyd dat hierdie rampokkery tot verantwoording geroep word. Doen so voort.

Frans m ·

Boerboel en Jacobus ek dink julle is reg. Dit is die enigste rede vir hierdie optrede van die Dept van luiheid teen Amcu

Grassie ·

Hierdie stap van die regering gaan waarskynlik gewelddadige optrede tot gevolg hê. Amcu gee voor om net ‘n vakbond te wees maar hulle is beslis ‘n aggressiewe revolusionêre organisasie met Marxistiese oogmerke. Hulle gaan nie die regering se stappe goedsmoeds aanvaar nie, hulle gaan reageer op die enigste manier wat hulle ken. Hier kom ‘n ding.

Jr ·

Hierdie unie is verantwoordlik vir die afbrand van 60 huise in Carletonville. Waarin n 8 jarige meisiekind dood is van haar brandwonde toe sy haar sussie wou red. Hulle is verantwoordlik vir baie hartseer en smart omdat daar mense was wat nie pay gekry her vir 5 maande. Hulle is niks anderste as ñ militante klomp moeilikheid makers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.