Amcu se deregistrasie opgehef

Amcu-president Joseph Mathunjwa (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Die departement van arbeid het Maandag gesê die vakbond Amcu sal nie gederegistreer word as ʼn vakbond nie.

“Verdere inligting en stawende dokumente wat Amcu ingedien het is oorweeg en die registrateur het besluit om nie met die deregistrasie voort te gaan nie,” het Lehlohonolo Molefe, registrateur van arbeidsbetrekkinge, gesê.

Molefe het in Maart ʼn kennisgewing uitgereik van sy voornemens om die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) te deregistreer weens nienakoming met sy grondwet.

Amcu het daarna ʼn vergadering met Molefe belê en stawende dokumente ingedien ter voorbereiding op sy nasionale kongres. Amcu, die dominante vakbond in die platinummyne in Rustenburg, Noordwes, se nasionale kongres is geskeduleer vir 18 – 20 September.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris Ws ·

Ek weet net een ding : as AMCU WEER ‘n 5 maande staking uitroep sit duisende van sy lede dadelik sonder werk want die myne gaan nie weer staan vir die’ snert nie.Trouens sekere maatskappye het REEDS van hul skagte gesluit en duisende werkers afgedank.Hierdie is net die begin!Maar die regering is te onnosel om te sien wat maak AMCU met die land se ekonomie.

John ·

Hoe meer unies hoe meer vreugde. Nou kan die septer weer geswaai word en die mynbase op hul plek gesit en gehou word… en die grootse uniebaas sy loon opeis van sy lede wat wag op ‘n volgende staking… Sjoe, ons kort weer ‘n bietjie moeilikheid…

marous ·

Binnekort staan hulle ook met plakkate wat lees ” need money but not a job please”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.