Amcu soek hofbevel teen myne

hofhamertjie-2-320x264Amcu het Maandag ʼn dringende interdik by die arbeidshof in Johannesburg  ingedien om platinummyne te verbied om direk met sy lede te kommunikeer oor die werkgewers se nuwe loonaanbod, het Sake-Beeld Woensdag berig.

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) wil die drie mynmaatskappye, Lonmin, Implats en Amplats verhoed om direk met nagenoeg 70 000 mynwerkers kontak te maak.

Die myne is al die afgelope twee weke met hul werkers in verbinding om die jongste loonaanbod, wat op 17 April gemaak is, oor te dra. Die maatskappye het direk met werkers begin kommunikeer nadat gesprekke met Amcu ʼn dooiepunt bereik het.

Amcu voer aan dat die myne se SMS-veldtog en vooraf-opgeneemde telefoonboodskappe die vakbond se erkenningsooreenkoms skend.

Lonmin, Implats en Amplats het intussen aangedui dat hulle die aansoek sal teenstaan. Die drie mynmaatskappye het in ‘n gesamentlike verklaring gesê hul pogings om die verlammende staking tot ‘n einde te bring is nie strydig met enige regulasies of ooreenkomste nie.

“Die produsente verwerp Amcu se eise dat enige van [sy optrede] die Wet op Arbeidsverhoudinge, erkenningooreenkomste of werknemers se grondwetlike regte oortree,” lui die verklaring.

Die nuwe aanbod wat deur Amcu verwerp is, behels ʼn salarisverhoging van tussen 7.5% en 10%.

Die saak sal volgende Dinsdag aangehoor word. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Die grootkoppe wat nie wil he die myners moet gaan werk hoekom voorsien hulle nie vir die werker hulle salarise in n maand nie. Hulle eet elke dag en die myners moet honger lei. Kry julle koppe bymekaar

Annelese ·

Ek sal net graag wil weet of Amcu werknemers ook teen geen betaling werk in die tyd wat hulle die loon onderhandelings doen. As hulle saam met die mynwerkers swaar kry is dit een ding, maar om ‘n salaris te ontvang en dan te verwag dat ander mense vir maande sonder ‘n inkomste moet klaar kom is onmenslik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.