Amcu-staking: Drie mynwerkers wreed vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Drie mynwerkers wat lede is van die vakbond NUM, is Maandag glo vermoor terwyl pogings verskerp word om ʼn einde aan Amcu se voortslepende staking by platinummyne te bring.

Die staking by die platinumgordel in Rustenburg in Noordwes duur nou al vierde maande lank.

Livhuwani Mammburu, ʼn woordvoerder van die National Union of Mineworkers (NUM), het gesê hul lede is by hul huise of op pad werk toe vermoor.

Die polisie het bevestig dat een van die drie werkers met ʼn skerp voorwerp doodgekap is. Die tweede man het in sy huis doodgebrand. Die derde persoon en sy vrou is glo by hul huis verwurg. Ses ander werkers is op pad werk toe met skerp voorwerpe gesteek, maar het die aanvalle oorleef.

Na wat verneem word, word al die aanvalle aan spanning tussen die vakbonde verbind, maar die polisie kon dit nie bevestig nie.

Nagenoeg 80 000 lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) staak sedert 23 Januarie by Amplats, Implats en Lonmin. Hulle eis ʼn intreevlaksalaris van R12 500. Onderhandelings om die staking tot ʼn einde te bring het ʼn dooiepunt bereik.

Werkers wat nie staak nie, waaronder lede van NUM, het voorvalle van intimidasie en geweld van die meerderheid stakende mynwerkers aangemeld.

“Ons weet dat die stakende werkers vir die aanvalle verantwoordelik is,” het Franc Baleni, NUM se uitvoerende hoof, aan AFP gesê. “Ons lede bevind hulself op ʼn baie moeilike plek.”

Die aanvalle kom te midde van pogings om ʼn einde aan die staking te bring. Lonmin het gesê hy verwag dat ʼn groot aantal werkers weer vandeesweek vir werk sal opdaag nadat die myngroep Amcu-leiers vermy en direk met die vuisvooswerkers onderhandel het om weer te begin werk.

Amcu-leierskap het onlangs die myne se jongste aanbod, dat werkers teen Julie 2017 ʼn minimum kontantbetaling van R12 500 per maand of R150 000 per jaar sal verdien, verwerp. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.