Amcu-staking: Lonmin dank werkers af

Stakende mynwerkers. Foto: M Molaole/Sapa

Stakende mynwerkers. Foto: M Molaole/Sapa

Die platinum-produsent Lonmin het 235 werknemers wat noodsaaklike dienste verskaf, afgedank.

“Hierdie is werknemers wat sedert 23 Januarie afwesig is, so die onlangse voorvalle van intimidasie verduidelik nie hulle afwesigheid nie,” het Happy Nkhoma, woordvoerder van Lonmin, gesê. Hy sê die maatskappy het op 27 Februarie ‘n hofbevel bekom waarvolgens werknemers wat noodsaaklike dienste verskaf, teen 12 Mei weer by die werk moes gewees het.

Volgens ‘n erkenningsooreenkoms wat saam met Amcu onderteken is, mag werknemers wat noodsaaklike dienste verskaf, nie staak nie. Nkhoma sê die aantal werknemers wat intussen teruggekeer het werk toe, is minder as wat hulle verwag het. “Ons verstaan dat elke werknemer wat weer vir diens aangemeld het, intimidasie en dreigemente getrotseer het om dit te doen.”

Die nasionale raad vir ekonomiese ontwikkeling en arbeid (Nedlac) het intussen ‘n beroep gedoen op die regering om die partye in die platinumbedryf so ver te kry om weer te onderhandel. “Ons doen ‘n beroep op alle partye om weg te beweeg van die verskanste opponerende posisies wat hulle aangeneem het. Daar moet ‘n bereidwilligheid van alle partye wees om te probeer om oplossings te vind,” het Kim Jurgensen, woordvoerder van Nedlac, gesê. “Die krisis moet ter wille van die werknemers, hulle families, die bedryf en die land as ‘n geheel opgelos word. Nedlac staan gereed om sy deel te doen.”

Amcu-lede het op 23 Januarie by Lonmin, Implats en Amplats begin staak en eis ‘n basiese salaris van R12 500. Die mynmaatskappye het reeds sowat R18,5 miljard in inkomste verloor. Werknemers het reeds sowat R8,2 miljard in inkomste verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

willie swart ·

Amco wil God speel ! Dis nie net die myne wat geraak word nie wat van onskuldige kontrakteurs wat daar onder ly , betaal alle stakende werkers af , daar is baie mense sonder werk wat hulle werk sal wil doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.