Amcu-staking: Soveel skenk die EFF

Malema spreek die skare toe op 6 Mei 2014 by Vryheidspark in Rustenburg, Noordwes Foto: EFF, Facebook

Malema spreek die skare toe op 6 Mei 2014 by Vryheidspark in Rustenburg, Noordwes Foto: EFF, Facebook

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Dinsdag die bedrag bekend gemaak wat hulle aan die Association of Mineworkers and Construction Union se stakingsfonds gaan oorbetaal.

“Die EFF sal R50 000 aan die stakingsfonds skenk,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, in ʼn verklaring gesê.

Die fonds is in April ingestel om stakende platinummynwerkers finansieel te ondersteun. Die werkers staak al sedert 23 Januarie.

Amcu het reeds R1 miljoen aan die fonds geskenk en vakbondamptenare en personeellede het R50 000 geskenk.

Bantu Holomisa, leier van die United Democratic Movement, het tydens sy verkiesingsveldtog in Vryheidspark in Rustenburg R10 000 aan Amcu geskenk.

“Die EFF doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners en die internasionale gemeenskap om ook tot die fonds by te dra,” het Ndlozi gesê.

Amcu-lede by Lonmin, Implats en Amplats staak al sedert 23 Januarie en dring aan op ʼn minimumsalaris van R12 500. Alle onderhandelings tot dusver om die staking tot ʼn einde te bring, het vasgeval.

Die staking het die maatskappye al R14.4 miljard in inkomste gekos en werkers het al R6.4 miljard in salarisse verloor. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Charlene ·

Regtig?! Hulle staak en onskuldige mense moet daaronder ly. Ek sou nie een dooie sent aan AMCU gee nie.

Catharina ·

Nou verstaan ek nie hoe gee jy 70 000 mense kos met R50 000? Is dit nou R50 000 vir elke maand of is dit net n eenmalige bedrag? Moet sê dis baie min geld om honger magies te voed, hoekom gee Amcu en Malema die stakers dan nie r12 500 elk per maand aangesien dit duidelik is dat die myne dit nie nou kan bekostig nie, mens kan wragties nie bloed uit n klip tap nie. Hoe lank nog voor iemand iets omtrent die waansinnigheid gaan doen?

Du toit meyburgh ·

Ek dink dit is ‘n kwade dag dat daar toegelaat word dat politieke partye stakings finansier.

Liza ·

Du Toit ek stem nogals saam met jou, hulle sterk hulle in hulle kwaad.

Kraai ·

60 sent per staker om vir 5 maande vir sy hele gesin genoeg kos te koop om net so blink spekvet soos die nar te word. En die arme gekke glo steeds hy dra hul belange op die hart?! Dan hoef nie een van hulle mos ooit weer te werk nie. Nee, hy kan dan mos ma sommer net ‘n paar van sy ontwerperskoene of horlosies of so verkoop om hulle vir die res van hulle lewens in die skoot van luukse te onderhou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.