Amcu-staking verskerp

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Die lonestaking in die platinumbedryf het verskerp, het die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) Maandag gesê.

“Die staking duur voort, en die hoeveelheid werkers wat staak het toegeneem,” het Evans Ramokga, ʼn koördineerder van Amcu, gesê.“Niemand het vandag [Maandag] vir werk aangemeld nie. Ek het by die myne gaan inspeksie doen nadat beweringe die ronde gedoen het dat stakende werkers van plan is om terug te keer werk toe. Ek kan bevestig dat niemand die staking laat vaar het nie. Hulle is vasberade om vir ʼn beter salaris te veg.”

Die Amcu-staking betree sy agtste week. Amcu het op 23 Januarie by Lonmin, Implats en Amplats begin staak. Hulle eis ʼn intreevlaksalaris van R12 500 per maand. Pogings deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het ʼn dooiepunt bereik.

Die vakbond het vroeër vandeesmaand na die Uniegebou betoog waar hulle ʼn petisie aan die regering oorhandig het. Hulle het hul misnoeë uitgespreek oor die manier waarop die regering en die werkgewers hul eise hanteer het. President Jacob Zuma is tot 20 Maart gegun om op die petisie te reageer. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.