Amcu-staking: “Werkers wil terugkeer”

Stakende Amcu-lede. Foto: @ewnreporter op Twitter

Stakende Amcu-lede. Foto: @ewnreporter op Twitter

Terwyl gesprekke voortduur in ʼn poging om ʼn einde aan die voortslepende Amcu-staking te bring, het Lonmin Donderdag gesê die meeste stakende werkers wil weer terugkeer werk toe.

“Die meeste werkers sê hulle wil weer werk,” het Ben Magara, uitvoerende hoof van Lonmin, gesê.

Lonmin het ʼn meningspeiling deur SMS’e en outomatiese stemboodskappe met 20 000 van sy 23 000 stakende werkers gevoer. Uit die terugvoer wat hulle via SMS’e ontvang het, het 6 500 werkers aangedui dat hulle ʼn einde aan die staking wil sien en dat hulle die maatskappy se huidige loonaanbod aanvaar. Altesaam 67% van die mense wat op die stemboodskappe reageer het, het dieselfde aangedui.

Amcu-lede staak al sedert 23 Januarie by Lonmin, Anglo American Platinum (Amplats) en Impala Platinum (Implats). Hulle dring aan op ʼn basiese intreevlaksalaris van R12 500 per maand. Amcu het die werkgewers se loonaanbod van 9% verwerp. Die maatskappye het op sy beurt Amcu se gewysigde eis, dat die R12 500 oor vier jaar behaal kan word, verwerp.

Nagenoeg 80 000 lede neem aan die staking deel en het sedert die staking begin het, nog nie weer ʼn maandelikse salaris verdien nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek lei af, net 6 500 van die stakende werkers besef dat daar nie geld aan bome groei nie !
Geen werk, geen salaris !

Indien ek die keuse moes uitoefen om vir dieselfde salaris te werk, of my handsak oor my skouer gooi en sonder werk sit, sal ek liefs vir dieselfde salaris in diens bly.

alet ·

Doen weg met die vakbond leiers hulle is net soos die hoe. Geplaastes in die regering hulle wil net skep en ander moet die werk doen wie van die vakbond leiers kry geld op die oomblik en wie betaal hulle seker nie die donkies of beeste in die straat nie kom by en kry lewe eet net meer pap daarvoor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.