Amcu verslap looneise

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Amcu het Dinsdag, ná ʼn ses week lange staking, gesê die vakbond sal instem tot ʼn minimumloonooreenkoms wat oor die volgende drie jaar vir platinummynwerkers ingestel kan word.

“Ons verminder nie ons eise nie, ons wil vir die werkgewers slegs beweegruimte skep,” het Joseph Mathunjwa, leier van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), gesê. “Die R12 500 kan nou oor drie jaar behaal word.”

Die hersiende aansoek is die eerste teken van ʼn skikking deur die vakbond sedert die begin van die staking.

Die platinumvervaardigers, Anglo American Platinum (Amplats), Impala Platinum (Implats) en Lonmin het gebuk gegaan onder die staking.

Mathunjwa sê die aanbod is verlede week deur ʼn bemiddelaar aan die werknemers voorgehou, en die vakbond verwag binnekort terugvoer.

Die maatskappye het vroeër steierverhogings van tussen 7 en 9 % oor die volgende drie jaar aangebied. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.