Amcu verwerp jongste aanbod

Foto: @The_New_Age, Twitter

Foto: @The_New_Age, Twitter

Amcu het Dinsdag die jongste loonaanbod van die platinumvervaardigers van die hand gewys.

Jimmy Gama, tesourier van die Association of Mineworkers and Construction Union, het aan Sapa bevestig die vakbond het die nuutste aanbod van Anglo American (Amplats), Impala Platinum (Implats) en Lonmin verwerp.

Gama sê die werkgewers moet nou besluit of hulle verder wil onderhandel.

Die is nog nie duidelik wanneer die partye weer sal vergader nie.

Amcu staak al sedert 23 Januarie by die drie maatskappye se mynbedrywighede by Rustenburg in Noordwes en Northam in Limpopo. Die vakbond eis ʼn intreevlaksalaris van R12 500.

Volgens die werkgewers se jongste aanbod sou ʼn intreevlak ondergrondse werknemer teen Julie 2017 ʼn kontantbetaling R12 500 per maand of R150 000 per jaar ontvang het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Kan iemand vir ons se hoeveel vd staakers is suid afrikaanse burgers indien hulle van ander lande kom jaag hulle wag niemand is verplig om vir hulle werk te gee. Die ander as hulle nie wil werk jaag hulle weg en neem ander indiens julle lek hulle gxxx lank genoeg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.