Amcu verwerp loonaanbod; eis oortydbetaling

Argieffoto

Argieffoto

Die mynwerkersvakbond Amcu het gesê hy het goudvervaardigers se loonaanbod verwerp en eis oortydbetaling aan duisende mynwerkers sedert 2000.

Joseph Mathunjwa, president van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het gesê die vakbond het navorsing gedoen en bereken hoe die mynmaatskappye “miljoene gesteel” het.

“Net soos hulle in die parlement ‘gee terug die geld’ dreunsing, net so moet ons dit ook sing,” het Mathunjwa aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Ons het ons navorsing gedoen. Ons kan vir julle die grafieke wys en hoe die maatskappye saamgewerk en dit gedoen het. Goudvervaardigers skuld mynwerkers honderde duisende rand sedert 2000 tot vandag. ʼn Werker behoort nie minder as R2 000 per maand oortyd te verdien nie.”

Mathunjwa het gesê dit is die rede waarom hulle die huidige loonaanbod verwerp. “Ons doen ʼn beroep op die Kamer van Mynwese om die aanbod te hersien en die agterstallige oortydgeld in berekening te bring.”

Die goudvervaardigers AngloGold Ashanti, Harmony, Sibanye Gold en Evander Gold Mines het ʼn gewaarborgde betaling van minstens R12 800 vir intreevlakwerknemers aangebied wat R13 200 per maand in die derde jaar van die ooreenkoms sal beloop.

Amcu, wat 30% van die werkers in die goudbedryf verteenwoordig, eis ʼn onmiddellike loonverhoging van R12 500. Die ander vakbonde, die National Union of Mineworkers (NUM), Solidariteit en die United Association of South Africa (Uasa) het reeds voorwaardelik die aanbod aanvaar. Die vakbonde aanvaar die ooreenkoms op voorwaarde dat die werknemers die aanbod sal herverpak.

Mathunjwa het gesê die werkers moet nie vir die verswakkende ekonomiese toestand in die land blameer word nie, maar eerder die regering. “Dit is nie die werkersklas, wat vandag nog steeds arm is, se skuld nie. Blameer die regering en sy beleide. Eskom se kragonderbrekings het ʼn nadelige impak op die ekonomie.”

Op ʼn vraag of Amcu ʼn staking in die goudbedryf beplan, het Mathunjwa gesê die werkers sal die mandaat gee. “Ons is in ʼn dispuut gewikkel met die werkgewer. Ons sal dit van hier af verder neem om te besluit watter stappe gedoen moet word.”

Ekonoom Dirk Fursland van die Alternatiewe Inligting- en Ontwikkelingsentrum sal na verwagting ʼn voorlegging doen oor die bedrag wat die goudbedryf aan werkers skuld vir jarelange oortyd en hoe Amcu die berekeninge gedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

J.Z ·

As die myne toe maak toi toi hulle weer om dat hulle hul werk verloor het. Toi toi eerder om mense te motiveer om meer produktief te word dan sal die selarise self reg kom.

Anti-Haas ·

Hulle dreig mos dat hulle die land op sy kniee sal dwing.

Die myne sal nie sulke hoë lone kan betaal nie, en dan werkers verminder.

Dan huil hulle ook weer.

Weer apartheid se skuld…… Oom Jan se skuld.

Ek is dankbaar ek het werk.

Martin ·

Kom ons wees eerlik. As ‘n mens oortyd gewerk het, moet hy betaal word daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.