Amerikaanse aktrise bederf Mosselbaai-kelner met yslike fooitjie

Marcia Kimpton en personeel van Delfino’s-restaurant in Mosselbaai (Foto: Delfino’s/Facebook)

Delfino’s-restaurant in Mosselbaai was vandeesweek “in rep en roer” ná ʼn yslike fooitjie van die Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger, Marcia Kimpton.

Mandy Jacobs, bestuurder van die restaurant, het Saterdag aan Maroela Media gesê Kimpton en haar geselskap, ʼn groep van 15, het Donderdag ʼn bespreking by die restaurant gehad vir middagete.

Kimpton is in Suid-Afrika om tonele te verfilm vir ʼn nuwe TV-minireeks, An American Abroad. Hulle het die oggend in ʼn haaihok geduik voor hulle middagete by Delfino’s gaan eet het.

“Almal wat op dagskof was het handjie bygesit om die tafel te bedien,” sê Jacobs. Hulle het nie geweet dat Kimpton ʼn aktrise is nie.

Die kelners was egter “in rep en roer” toe Kimpton ʼn bedrag van R97 940 betaal het vir die rekening van R3 454.

“Dit is ʼn baie groot seën,” voeg Jacobs by. Volgens haar was die restaurant vandag beslis reeds besiger danksy die blootstelling en publisiteit. Kimpton het op haar Instagram ʼn foto gedeel van haar en die werkers van Delfino’s.

Die kelner, wat Kimpton bedien het, het die fooitjie met die res van die span van 25, wat aan diens was, gedeel.

Kimpton en haar geselskap het ná Mosselbaai reeds ʼn safari by Aquila-wildreservaat onderneem, die pikkewyne by Boulders in Simonstad besoek, en foto’s op Seinheuwel (Vlaeberg) in Kaapstad geneem.

Kimpton was te sien in die rol van Gabriella in die 2017-fliek Bardo Blues. In die reeks An American Abroad voer sy Anthony Bourdain-tipe onderhoude met plaaslike komediante in stede wêreldwyd.

(Foto: Delfino’s-restaurant in Mosselbaai via Facebook)

Shark diving for AN AMERICAN ABROAD in South Africa!!! Amazing

Posted by Marcia Kimpton on Thursday, November 11, 2021

Best film crew ever! Thank you Justin McAleece

Posted by Marcia Kimpton on Friday, November 12, 2021

Posted by Marcia Kimpton on Friday, November 12, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Wat ‘n pragtige mens. So bly vir die kelners want dit is maar somtyds ‘n ondankbare werk. Tien uit tien vir die kelner wat hierdie FOOITJIE met die res gedeel het.

Blikke ·

Ek sou dit “not n wielie” gedeel het nie…tye is taai

Pim die Skim ·

Verseker. En dit maak daardie kelner soveel meer besonders

Mariana ·

Wat ‘n mooi gebaar van die aktrise en ook die kelner wat gedeel het.

jayc ·

My eerste gedagte as ek hoor van celebs in Suid Afrika is “asseblief, wees net veilig”… Is dit nie hartseer dat mens dit heel eerste dink nie? Nie “geniet wat ons wonderlike land het om aan te bied ” nie, maar “pasop dat jy nie beroof of vermoor word nie”.

Samuel ·

Dit is ‘n wonderlike gebaar. Die wys ook watter uitstekende kelners ons het, al word hul werk soms as onbelangrik beskou. Tien uit tien vir die mededeelsaamheid van die kelner.

Daleen ·

So wat daarvan die kelners het nog steeds die voordeel daaruit getrek.

Pieter ·

Daar sal altyd een soos jy wees. Lippe teen die klippe en oor teen die teer. Siestog.

Parmantige samaritaan ·

In US$ is dit maar n kleinerige bedrag. Dit wys net hoe min ons monopoly geld werd is.

Wielspore ·

Paying forward, goeie gebaar, sy het beslis ‘n goeie ervaring by die eetplek gehad het om die mense te beloon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.