Amerikaanse ambassadeur voor SA presidensie geroep

Donald Trump

Donald Trump. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika sal geroep word om pres. Donald Trump se uitlatings, wat Afrika en ander lande minag, te verduidelik, het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, Sondag gesê.

Die departement sal Maandag die ambassadeur, tweede in bevel by die ambassade in Pretoria, versoek om die “onlangse ontstellende kommentaar wat aan pres. Donald Trump toegeskryf word”, te verduidelik, het woordvoerder Clayson Monyela gesê.

“Die departement sal die ambassadeur die geleentheid bied om die uitlating te verduidelik dat Afrikalande, tesame met Haiti en El Salvador, ‘sh*thole’-lande is vanwaar migrante nie welkom is in die Verenigde State nie.”

Die departement neem kennis van Trump se plasing Vrydag op Twitter waar hy ontken dat hy dié kras uitlating gemaak het. Die departement neem ook kennis dat die ontkenning nie onomwonde is nie, en daar slegs na Haiti verwys word en dat die hele uitlating, wat aan hom toegeskryf word, word nie aangespreek nie, het Monyela bygevoeg.

“Suid-Afrika vereenselwig met verklarings deur die Afrika-Unie en die Afrika-groep van ambassadeurs aan die Verenigde Nasies in New York. Afrika is verenig in erkenning van die menswaardigheid van die mense van Afrika en die Afrika diaspora. Betrekkinge tussen Suid-Afrika en die Verenigde State, en tussen die res van Afrika en die VSA, moet gebaseer word op gemeenskaplike respek en begrip.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Boerboel ·

Miskien moet die S.A. ambassadeur in Washington geroep word om aan die VS regering te verduidelik waarom die S.A. pres dinge sing soos “dubula ubhunu en umshini wami”.

JoeV ·

Stem saam, die reaksie is heeltemal verkeerd. Die fout word nie gesien nie… kan die kultuur verskil wees.

Louis le Roux ·

Ag foeitog. Asof Amerika nou daarvoor gaan skrik. Die regering moet liewer op plaaslike sake m.b.t. haatspraak konsentreer. Maar wwer net ‘n foefie om die aandag van die plaaslike situasie af te lei. Wat van die optrede van die EFF? Het nog niks van die tegering daaroor hoor sê nie. So, na my mening. Keur hulle dit goed en bwys hulle onteenseglik dat Trump se woorde, as hy die opmerking gemaak het, waar is.

jaco ·

waarom is al die afrikalande se regerings dan kwaad vir Trump? Wil hulle dan hê dat al hulle lande se mense moet verhuis Amerika toe en dat hulle eie lande heeltemal leegloop?

Deon Lotter ·

Ek het jou perongeluk gerapporteer. Glip van die vinger. Ek vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak.

Pieter ·

Tipies van ons regering se kleinserigheid. Pres Trump is waarskynlik buite konteks aangehaal, terwyl daar baie redes is om Afrika so te beskrywe. Nou gaan die lot mal. As die skoen jou pas, trek hom aan!!

Hans van Schaik ·

Die arrogansie! Maar daar mag oral in hierdie land vir ons witmense gese word ons hoort nie hier nie, ons moet teruggaan Europa toe. Dit is blykbaar aanvaarbaar.

Boland ·

As mense nie werk nie dan het hulle tyd om hulle op te hou met sulke crap.Gaan dit nog n honderd jaar neem voor sommige mense groot word.Konsentreer eerder daarop om jou kinders beter groot te maak en spandeer die tyd aan hulle .Sekerlik is dit nie n voorbeeld om af te breek nie.Geen wonder die wereld dink niks van SA nie.

Johan. H. ·

Presedent TRUMP U is my Hero,,,,n selfgemaakte biljoener,,, kan mos sien die man het grysstof,,n Regte ikoon..

zoom zoom ·

Hoekom sê hulle nie vir Trump omself te kom verduidelik wat hy bedoel of is hulle bang vir die waarheid. Sekerlik gaan hulle ons vra om die VSA te boikot. Hoe kleinlik van die ANC

Galbraak Genis ·

Die ANC met hul rasistiese anti-blanke wetgewing wat teen blankes in die ekonimie diskrimineer deur AA, BEE en BBBEE, behoort eerder na hul eie doen en late te kyk – om nie te praat van gesurige rasistiese uitsprake van hoog geplaasde politici nie. Die ANC met hul dubbel stadaarde is uiters vermetel om te glo hulle staan geregtig om ‘n verduideliking van die VSA te eis. Dit is duidend op hul onvermoë om hulself in die spieël te sien vir wie en wat hulle is en verteenwoordig in terme van rasisme. Maar net die poging van enige iemand om hulle oor rasisme aan te spreek word afgemaak as rasisme. Die groteske ontkenning van hul eie rasisme is onbeskryflik blatant en getuig van absolute arrogansie en selfregverdiging.

Hardus ·

Hoop Amerika hou by hul standpunt want hul slaan die spyker op die kop.

HPV ·

Eerste wêreld moet nou aan derde wêreld land kom rekenskap gee, peroonlik dink ek dit is nogal komies, ‘N president met tersiëre opleiding moet rekenskap aan ‘n president met geen formele skoolopleiding kom gee! Dit is sowaar komies. Ek dink Trump en kie kan maar net lag.

Cathy Kotze ·

Miskien moet die ANC aan die VSA verduidelik waarom hulle die mees vooruitstrewende land in Afrika ook in daardie tipe land verander het.

Al die kritiek wat op die Amerikaanse president neer reën kom van die lande wat presies soos sy beskrywing is. As dit hulle dan so pla, BEWYS HOM VERKEERD!

Marius ·

Mr Trump moet alle FONDSE STOP na hierdie rommel status korrupte land .FONDSE soos die beveg van AIDS TB ENS. Mr Trump het NIKS om verkoning vra nie , Mr Trump weet dat suid afrika eens n erkende voort vaarende land was .wat vir sy mense gesorg het en produkte uitgevoer het na ander lande ,NOU moet produkte ingevoer word want daar is nie genoeg beskikbaar nie want die BOERE word vermoor wat die produkte vervaardig.en waar die land se president sing en dans “”Kill the Boer””

"Onskuldige" Afrika ·

Ontstéllende kommentaar Monyela? Dit is tyd dat die “masker” waaragter Afrika skuil sonder seremonie van sy gesig geruk word. Jou opmerking dat ” Afrika verenig is in erkenning v.d. “menswaardigheid” v.d. mense van Afrika laat mens STIK! Halssnoer moorde, politieke moorde, korrupte selfhelp skemas, behepte selfverheerliking, Mag -sug, On Godvresende dreigemente, leuens en jul enigste pilaar waarop julle elke saak denkbaar kaap vir jul “klug” is ‘n woord wat julle al tot niksbetekenend fyn gekou het. “Afrika diaspora?” Waar julle lánd “diaspora” man en muis!!! Begrip? Wie moet wie in hierdie uur beter begryp? Verstaan Mnr Trump beter met alle begrip tot jou beskikking.

Grassie ·

“Onskuldige” – hierdie bydrae van jou is die beste kommentaar wat ek in ‘n lang tyd hier gelees het. Ek wou ook kommentaar lewer maar dit is nie nou meer nodig nie.

Vink ·

Ek lag my n papie vir die spul wat ons land moet regeer. Wat het Trump nou eintlik verkeerd gese ??
Voel skaam om te dink dis hoe ons gesien word maar erken dis die waarheid

humor ·

Die ambasideer hoef geen stelling te maak wat verdure probleme kan veroorsaak nie. V ra die presidensie net of hul dan dink dat die VSA onbewus is van die oewerlose gemors waarin SA gedompel is.

jaco ·

Ek het ‘n oplossing vir ons regering se probleme met Trump: straf vir Trump deur al die witmense van die s***hole Suid-Afrika na Amerika te deporteer. Dan is die wit mense sommer ook finaal vir apartheid gestraf.

Vermeende ·

As Trump dit nie gese het nie dan is dit hoe ek die derdewereld sou beskryf. Afrika bede die hele wereld vol, te onbeholpe om self wins te maak.
As jy n bedelaar is dan kan jy aan niemand dikreer nie en ook nie eise stel en verduidelikings verwag nie, dit is tyd vir die s&@# h%le lande dat hulle net n meulsteen is om die nekke van die weste.

PJC ·

Afrika vergeet gerieflik dat dit Amerkaanse dollars is wat die grootste deel van Afrika aan die gang hou. Nou baie grootbek maar netnou huil hulle kliphard as daar nie genoeg dollars na hulle kant toe kom nie. Absoluut skaamteloos.

Gideon ·

Dit pla my gladnie dat Afrika so genoem is nie, want dit is die waarheid. Letterlik en figuurlik. In baie dorpe loop die riool die strate af!!
Ek wens ek kan Pres Trump se hand skud!

Dereck Le Roux. ·

Al wat die Amerikaanse Ambasadeur vir hom hoef te se is dieselfde as wat wyle oom Boy Louwe altyd gese het. “Looks at the scoreboard.”

Gerhard Bezuidenhout ·

Die enigste land in Afrika wat buite mnr. Trump se beskrywing val in Botswana . Hoekom ? Want daar is wed en orde .

Mich ·

Stem saam met Gerhard Bez.
Botswana kan nie in Trump se kategorie van Riool-lande val nie.
Daar is wet en orde. En wedersydse respek. Seker omdat die doodstraf nog daar toegepas word?

Zachrys ·

Miskien is daar net verwarring, hulle weet nie wat dit is nie en nou moet daar weer opleiding gegee word… Meer ernstig : Ek dink hulle moet die ambassadeur baie sag hanteer…

Hanna ·

Afrika se kleinserigheid en minderwaardigheids-kompkeks raak nou afgesaag! Get over yourselves and prove mr Trump wrong! Waarheid maak seer… Wens Amerika onttrek al hul fondse aan hierdie toilet-lande (hulle haat die Weste in elk geval met n passie)!

Potlood ·

Sal graag net wil he hy moet meer spesefiek wees oor die probleem. Dit nie die land nie maar sekere mense…
Dankie Prs. Trump, ek glo die Here gebruik jou vir baie groot dinge!

John ·

Afrika se groot toneelspel moet nooit ontbloot word nie en die waarheid immer onuitgesproke bly?
Ry maar net deur Afrika se plakkerkampe en sommer ook deur die Vrystaat met ‘n kamera, veral Bloemfontein en sy stinkende rommelhope langs woonbuurtes waarin rotte baljaar… en skatgrawers koning kraai. Miskien kan Trump ‘n VN-uitstalling aanbied met tema: ‘Lui, lui-er, lui-ste land in Afrika… en raai wie se burgers eet die meeste gratis hamburgers in die VSA?’

gatiep ·

Die mense is regtig soos kinders.
Hulle moet tog hulle self ook weet Trump praat die waarheid.

Van ·

Mmm ja………..sit bietjie die skoen aan die ander voet SA !

JP ·

That is what’s wrong with people today THEY CAN’T HANDEL THE TRUTH ANY MORE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.