Amerikaanse onderwyser glo in Oos-Kaap verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is in hegtenis geneem nadat ʼn Amerikaanse vrou glo Sondag in die Tsitsikamma-area in Stormsrivier in die Oos-Kaap verkrag is.

Ao. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou, wat ʼn onderwyser by ʼn Amerikaanse skool in Gauteng is, het die middag omstreeks 12:00 in die area gaan draf.

“Sy is deur twee onbekende mans oorval, wat haar in die bosse in gesleep het en haar verkrag het,” het Swart gesê. Die vrou het die saak by die polisie aangemeld.

Die verdagtes, onderskeidelik 25 en 26 jaar oud, is enkele ure daarna om 19:30 in die omgewing vasgetrek. “Hulle sal Woensdag in die Stormsrivier-landdroshof op aanklagte van verkragting verskyn,” het Swart gesê.

Brig. Neil Jantjies, bevelvoerder in Humansdorp, het die polisiebeamptes geloof omdat die verdagtes so vinnig in hegtenis geneem is. “Die voorkoming van misdaad teen vroue en kinders is ʼn prioriteit vir die SAPD en ons sal geen steen onaangeraak laat wanneer sulke sake ondersoek word nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

KarooKlong ·

Ek lees ‘n vrou is verkrag, is sy dan nie eerder ‘n Onderwyseres as ‘n Onderwyser nie?

Peet Schabort ·

Die neiging nou se dae is om die manlik te gebruik, so ook byv. voorsitter, sekretaris ens. Daar is tog geboortename wat verwarring kan skep wat jy dan nie weet of die persoon manlik of vroulik is.
Dink nou net in krieket kry jy ‘n kolweres, bouleres, paaltjiewagteres . . .

Peet Schabort ·

Dan ook KarooKlong is dit ook eerder ‘opvoeder’ vir onderwyser en ‘leerder’ vir leerling. Ja-nee die vorige naam ‘onderwyser’ het seker té veel agting afgedwing.

Jakoba ·

Ja nee jong ek sien deesdae is dit die mode om ‘n Onderwyseres ‘n Onderwyser te noem. Onderwyser is die manlike vorm van Onderwyseres. Weet nie hoe die joernaliste dink nie

CHRISTA ·

Ek hoop hulle sal met enkelboeie vasgemaak word sodat hulle nie ook ontsnap op pad na die hof nie (soos dit deesdae die mode is).

alex ·

Pragtig SAPD baie goeie werk van julle.

Waardeer julle vinnige optrede.

Lappop ·

Nou kan sy terugaan en vir almal gaan vertel hoe dit hier gaan. Want die res van die wereld dink mos vandat die “majority” die “previously disadvantaged” regeer, en vandat apartheid weg is dat hierdie land ‘n paradys is. Hulle is reg, dit is ‘n paradys vir kriminele, en almal wat nie wit is nie.

Cathy Kotze ·

Die Amerikaanse en Kanadese regerings waarsku gereeld, deur middel van hulle ambassades, teen aksies wat in daardie lande as normaal beskou word.

Ek self woon tussen reënwoude in Kanada en hier hardloop vroue enige tyd deur die dag en aand meestal stoksiel alleen sonder dat hulle in gevaar is.

Die stygende misdaad in Suid-Afrika maak dat normaliteit raar raak. Kinders speel nie meer alleen in parkies nie. Jy’s versigtig wanneer jy strand toe gaan, geld trek, in die motor ry…..

Peet Schabort ·

Net ‘n groot jammerte dat daar nog nie die voorkoming van die misdaad is.
Dink net as jy daar op die pleeg van die misdaad op hulle kan afkom . . .

Braam ·

Cathy dink jy nie julle daar in die buiteland moet hierdie op al die sosiale netwerke plaas en aan die groot klok hang.

Daar is net een manier om die wêreld se oë oop te maak…bring die feite aan die dag.

Winston ·

Nog een van Amerika wat n slagoffer was van misdaad. Ek weet van n paar gevalle en ken selfs een van hulle wat terug is na 15 jaar. Genoeg gehad van voertuig kapings en huisbrake. Ons kan nie vlug nie en instinkte van veg of vlug neem oor.

Rupert Ashford ·

“Die voorkoming van misdaad teen vroue en kinders is ‘n prioriteit vir die SAPD…” behalwe wanneer genoemde misdaad op ‘n plaas plaasgevind het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.