Amerikaanse reisverbod teen SA op pad

(Foto: AP Photo/Andrew Harnik)

Die VSA gaan waarskynlik binne die volgende paar dae Suid-Afrika se naam voeg by dié van lande wat nie toegelaat word om na Amerika te reis nie.

Daar is reeds ʼn verbod op reisigers vanaf Ierland, Brasilië, Brittanje en 26 Europese lande geplaas om die verspreiding van die koronavirus te keer, berig AFP.

Dit is ʼn poging van die Amerikaanse president, Joe Biden, om te keer dat die meer aggressiewe variant van die virus wat in Suid-Afrika en Brittanje kop uitgesteek het na die VSA versprei, het dr. Anne Schuchat van die Sentrum vir Siektebeheer in Atlanta gesê.

Die variant is reeds in meer as 20 ander lande aangeteken.

Amerikaners en buitelanders uit ander lande gaan ook verplig word om voortaan in kwarantyn te wees wanneer hulle in die VSA aankom. Hulle sal ook verplig wees om gesigmaskers te dra as hulle openbare vervoer gebruik.

Meer as 25 miljoen Amerikaners is reeds met die virus gediagnoseer. Die VSA is die grootste brandpunt ter wêreld wat die virus betref, met die meeste aangemelde gevalle en die meeste sterftes.

Frankryk, Israel en Swede is nog lande waar ʼn reisverbod jeens Suid-Afrika geld, met Israel wat ʼn reisverbod op alle aankomste per vliegtuig geplaas het.

Intussen hou die koronavirus al hoe meer politieke gevolge in. Maroela Media berig in Nederland het gewelddadige straatprotesoptogte teen die land se inperkingsmaatreëls, wat strenger as Suid-Afrika s’n is, in verskeie dorpe en stede voorgekom.

Die Meksikaanse president, Andres Manuel Lopez Obrador, is ook positief vir die virus getoets. Die wêreldwye sterftesyfer staan nou op 2,1 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Piet ·

Daar is nie tyd om enige iets te mis nie, hulle is te besig om die chaos wat trompie agtergelaat het reg te maak.

JohanR ·

In 24 maade is Biden te vergeeterig om aan te gaan, dan kom Kamila Harris.

Piet ·

Kwaliteit opvolger indien nodig, geen probleem nie. Volg in Obama se voetspore.

Bertus ·

Uiteindelik!!! Die VSA sien die lig, kan jy nou meer! Ou DENY DENY DENY het seker nou sy 4cm sethou vir drie oor syfer heel links in die dam getrek toe hy daai nuus hoor!!!

Thom ·

Mnr Biden moet nou dringend trompie se gemors begin regmaak . Al wat oorgewaai het is sy leuens .

JohanR ·

Wie in die tyd het geld om VSA toe te gaan? R100000 teen 15.18 kry jou $6588. Miskien genoeg om ‘n toffee by die JFK lughawe te koop waaneer jy land! Hier in SA kan jy en familie nie eers in ‘n hotel in boek nie, want die hotele dink nog daar is honderde duisend toeriste aan die rondte, en nie nodig om die pryse bietjie goedkoper vir Suid Afrikaners te maak nie.

Jaco ·

Dis nou jammer. Ek was van plan om van Joe Biden se nuwe oop pro-immigrasie, pro human rights georiënteerde beleid gebruik te maak om Amerika as toeris binne te gaan en dan net te bly en te bly en te bly. Soos wat 12 miljoen onwettige immigrante in Amerika reeds gedoen het. Joe Biden het gesê hulle kan maar bly. Sal maar ‘n ander plan maak, maar uit dié anti-wit misdaad geïnfekteerde SA móét ek wegkom.

katerinadiekat ·

Jammer jy is te wit vir die Biden- Harris administrasie. Hulle soek Nie -blankes en Hispanics.

Piet ·

Orania is baie goedkoper en meer prakties. Ten minste sal jy darem aan jou hartsbegeerte om net tussen jou eie wit mense te bly, gehoor kan gee.

katerinadiekat ·

Om te se Suid Afrika is anti-wit, is nie rassisties nie, dis maar net n feit. Dit beteken ook nie dat die persoon wat dit se, nie tussen ander etnisiteite wil leef nie, dit beteken net die persoon is moeg om teen gediskrimineer te word oor sy velkleur.

Tweedens, al wil n wit persoon liewer net tussen sy eie etnisiteit woon, wat is fout daarmee? Gaan jy ook n swart persoon berispe as daardie mens liewer net tussen swartmense wil woon?

Derdens, ek is seker Jaco is bewus daarvan dat Amerika n land is met baie etnisiteite. Dit is definitief nie n “wit land” nie. Die verskil is, in Amerika word daar nie so erg teen witmense gediskrimineer nie.

Why do liberals so often feel the need to indulge in hyperbole?

Andre ·

Ek kry ons mense jammer wat in Amerika werk op plase wat nou amper moet begin terug keer werk toe! Wat gaan van hulle word?

Moedeloos ·

Ek wonder ook want weet van jong seuns wat nou sou teruggegaan het.

Vrijburger ·

Neeee! So as ons in SA gaan kuier kan ons nie terug kom VSA toe nie! Ons besoek word nou al sedert Mei 2020 uitgestel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.