Amerikaner opgespoor

Michael John Miller Foto: Pink Ladies

Michael John Miller (28) van Amerika wat in Kaapstad verdwyn het, is opgespoor.

Miller is Dinsdag omstreeks 10:00 by die Village Inn in Muizenberg vir die laaste keer gesien. Hy het ʼn geel T-hemp, kakiekleurige broek, swart baadjie en bruin stapstewels aangehad. Miller het ook ʼn groen rugsak, kitaar in ʼn swart sak en ʼn oranje slaapsak by hom gedra.

Miller was na bewering op pad na ʼn internetkafee om e-posse vir sy vriende te stuur, maar het nooit by die internetkafee uitgekom nie.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het Saterdag aan Maroela Media bevestig Miller is Vrydagaand lewend en veilig gevind.

Hy is glo aangeval en van al sy besittings beroof. Hy het vir ʼn mediese ondersoek gegaan en het glo meestal kneusplekke en snymerke opgedoen. Hy word deur familielede uit Amerika bygestaan.

Die polisie en Amerikaanse ambassade ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Janet ·

So dankbaar dat hy lewend gevind is. Baie jammer dat daar soveel toeriste is wat ‘n slegte nadraai van Suid Afrika beleef.

Gawie ·

Verskriklik min het ‘n negatiewe ervaring. Dis hoekom miljoene besoek en terugkom. Kan enige plek ter wereld gebeur.

Renée ·

Bly hy is lewend gevind…net jammer dat hy hier dit moes oorkom… SA is wilder as die wildtuin…hier lewe ons op ń daaglikse basis op genade.

Poppie ·

Dit is reg…. laat die wereld sien wat in Suid Afrika aangaan. Ons raak n bedreigde spesie hier in ons eie land!

Alida ·

Tipies SA. Die toeriste sal moet leer hier moet jy katvoet loop.

Chris ·

Ek stem volkome saam. Kaapstad is lank nie meer die Kaap van ouds nie. Mense kan my maar kritiseer en afslag hieroor, maar voor 1994 was dit nie so nie. En kyk maar wie is die aanvallers. Dit mag nou gerieflikheidshalwe nie in die media genoem word nie. Ek wens ek kon iewers gaan staan met ‘n reuse plakkaat waar ek seker was dat oorsese toeriste my sou raaksien met die woorde:” Gaan terug. Groot asb. Vir jou eie veiligheid. Hierdie land bied geen beskerming vir jou nie. Hulle stel nie in jou belang nie, net in jou geld”

Johann ·

Chris jy is ongelukkig so reg, maar soos ons almal is jy ‘n stem roepende in die woestyn. Ons wens dit was anders. Dalk eendag as ons almal saam hard genoeg baklei vir omgee. Op dié stadium lyk dit my is dit net Christus wat omgee en is dit dan dalk nie onvanpas om hier te sê dat ons eerder op Sy wederkoms moet bid nie, as om na ‘n oplossing vir Zuma en die ANC te soek nie.

Isabel le Roux ·

Ai Tom, trump is nie die alfa en die omega nie….

Vrystaat ·

Ek hoop die oorsee se lande sal meer sien wat dagliks hier gebeur. Toerisme se inkomste vir Suid-Afrika gaan net meer en meer val. Sterkte Michael.

Essie ·

My man & myself het so paar jaar gelede ook gaan besoek afle op Muizenburg. Dit was so “scary”

Vivian ·

Prys God hy sal kan huis toe gaan lewendig. Jammer vir die ervaring wat jy hier gehad het.?

Valerie ·

Vier paragrawe voor die verslaggewer/sub-redakteur die leser duidelik laat verstaan die die Amerikaner lewend gevind is. Nee, waardeer die berig, maar die belangrikste inligting hoort in die eerste paragraaf of in die opskrif. “Amerikaner Lewend Opgespoor,” ens. Hierdie is nie afbrekende kritiek nie, Maroela.

Lollie ·

Dankie tog dat hy veilig en lewend gevind is! Enige mens wil ń vakansie onthou van alles wat mooi is maar al het hy so baie gesien wat mooi is gaan hy net die nare ondervinding met hom saamneem. Absolute skande!

Spikkel ·

Nou ja. Welkom in Suid-Afrika. Dra maar die boodskap oor. Ons sal.dankbaar wees

Gawie ·

Gebeur oral in die wereld. SA nie uniek in die opsig nie. Toeriste getalle neem toe, weer atlete van 89 lande wat aan die Twee Oseane Marathon deelgeneem het vandag. Kaapstad bly ‘n top toeristebestemming en sal altyd wees, net te goed om te vermy.

Gawie ·

Gebeur oral in die wereld. Geisoleerde geval. Miljoene toeriste besoek Kaapstad en SA sonder probleme.

Aitoggie ·

Eks dankbaar hy is veilig, maar ek skaam my vir my land!!

Johann ·

Gawie, en waar lê Suid-Afrika op die wêreldindeks betreffende misdaad? Waarom sê jy die kans dat misdaad teen ‘n besoeker van oorsee gepleeg word, is nie erger as ander plekke in die wêreld nie, waar is jou syfers en waarop baseer jy jou feite? (Terloops, dis pragtig dat jy vir jou land opkom.) Wat wel so mag wees, is dat waar besoekers in groepe beweeg, is hulle moontlik nie aan misdaad blootgestel soos die individue nie. Gaan ‘n misdadiger, indien hy daarvan bewus sou wees dat iemand ‘n besoeker uit die buiteland is, juis die persoon uitlos, of sal hy juis vir daardie persoon gaan, omdat hy die persoon as ‘n maklike teiken sien?

Hendrik van George ·

Wat is die verskil tussen n toeris en n rassis? Antwoord – 2 weke…..

Vossie ·

Wens ek was so positief soos ou Gawie, jy weet net nie van al die ander toeriste aanvalle nie…..

Gawie ·

En jy weet nie van al die aanvalle oorsee nie. Nee wat, SA trek toeriste soos ‘n magneet. Kaapstad is nie verniet permanent een van die top bestemmings nie. Toeriste kan nie genoeg kry nie. Ons het ‘n pragland. Miskien moet julle meer positief wees oor die land. In meeste gevalle lewe julle soos konings, bly in mansions, ry duur karre, lewenskoste is goedkoop in vergelyking met oorsee. Kla met die witbrood onder die arm meeste van die tyd. Ek het vir ‘n geruime tyd oorsee gebly, glo my, jy sal nie maklik hierdie selfde lewensstandaard oorsee kan handhaaf nie. Wees dankbaar en hou op moan.

w ·

Gawie klink my jy wil graag n minister van toerisme word. Sit dalk reeds langs number one langs een tafel

anton ·

Gawie wonder net hoekom hemel jy hierdie land van ons nog so op? Want meeste mense hier se oë is lankal oop en weet wat hier aangaan.
En hoekom het jy terug gekom van oorsee? Wou jy nie jou lewenstyl bietjie afbring inruil vir veiligheid ens.?
Was geld meer belangriker as enige iets anders?
Ek vra en wonder maar net.

zebra ·

Vir perspektief: In Kanada word 1.6 mense per dag vermoor, 52 per dag in Suid Afrika.

Leo ·

Maroela net om aan te sluit by n vorige kommentaar oor julle opskrif. Ek stem saam. Die boodskap in die berig is tog dat die man lewendig gevind is.Dit is die belangrikste nuus v d berig.Waarom dan dit nie in die opskrif skryf nie? Sal graag julle terugvoering daaroor wil hoor?

Johann ·

Internasionale moordsyfer per Wikipedia was soos op Mei 2016 as volg:
Die stats word aangegee per 100,000 inwoners.
Amerikas koers = 16,3 aantal 157,000
Afrika 12,5 135,000
Wêreld 6,2 437,000
Europa 3,0 22,000
Oceania 3,0 1,100
Asië 2,9 122,000

Indivudieel per land lê Suid Afrika 9 de hoogste uit 218 lande met ‘n koers van 33,00 en aantal 17,805.

Bees ·

30 uit daai 33 kom onder die swart bevolking voor (meestal hotspots soos swart townships en gangsters op die kaapse vlakte) so dit raak jou nie eintlik nie.

Johann ·

Kom ek voeg by, hierdie is om van te huil. Zuma alleen is ook nie die probleem nie, elke negatiewe stukkie nuus van die land, beinvloed ons, elkeen van ons, nie net in moedeloosheid nie, maar in oorlewing, ekonomies, finansieël. Dink enige mens met gesonde verstand dit is lekker om jou eie land so te sien ten gronde gaan? Dink julle dis lekker om sulke statistiek te plaas en te aanskou? En dit is maar die puntjie van wat werklik gebeur.

Johann ·

Bees, raai jy of is die feite? Ek sal dit waardeer as jy dit met stats kan staaf.

Johann ·

Nog so iets aan Bees, kom kuier by my dan wys ek jou hoe dit my al geraak het, sommer heelwat, en ek praat van liggaamlike letsels. Moenie dinge kwytraak as jy raai nie.

Johann ·

Kom ek vra ook vir Bees, daardie stats wat hy van die Townships en die gangsters noem, is sekerlik by die polisie aangemeld en dit is wat nou deur Wikipedia in aggeneem is? Of waar kom die internasionale instansie aan die inligting?

Ek vra weer, kom gee jou inligting. Moenie raai nie.

Gawie ·

Ai, ou maroela is weer soos ‘n volstruis vanmore. Kop in die sand, blok weer al my kommentare. Die waarheid maak seer. LOL

Piet ·

Toemaar ou Gawie, ek is nou weer een van die ouens wat jou insette kritiseer (stem glad nie met jou saam nie), maar hulle plaas ook niks wat ek skryf nie. Ek dink MM delete alles dan glo hulle hulle bly neutraal!

Ada ·

Pink Ladies julle is fantasties. Dankievir wat julle alles beteken. Ek respekteer julle en het groot waardering vir jul onbaatsugtige diens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.