Amerikaner verdwyn in Kaapstad

Michael John Miller Foto: Pink Ladies

Michael John Miller (28) van Amerika is Dinsdag laas in Muizenberg gesien voor hy verdwyn het.

Miller is omstreeks 10:00 by die Village Inn opgemerk. Hy het ʼn geel T-hemp, kakiekleurige broek, swart baadjie en bruin stapstewels aangehad. Miller het ook ʼn groen rugsak, kitaar in ʼn swart sak en ʼn oranje slaapsak by hom gedra.

Miller was na bewering op pad na ʼn internetkafee om e-posse vir sy vriende te stuur, maar hy het vermoedelik nooit by die internetkafee uitgekom nie.

Hy het blou oë en bruin hare, is ongeveer 1,86 meter lank en weeg 79 kg. Hy het ʼn ingeduikte neusbrug.

Enigiemand met inligting word versoek om met kapt. Knapp van Muizenberg-polisie in kontak te tree by 021 787 9006 of met die Pink Ladies by 072 214 7439.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wanda ·

O genade ek hoop hy is ongedeerd, ons misdadigers sal hulle vasloop teen Amerika, indien hy iets moet oorkom. Julle saal nou die verkeerde land se burgers op!

Estelle Leeuwner Claassens ·

Ag as hulle maar net wil besef hierdie land is niemand se speelmaat nie…?

Pop ·

E hou die toeriste dop as hulle hier is. Heeltemal naïef omtrent die situasie hier. Hulle besef nie dis soos ‘n oorlog geteisterde land. En as mens hulle probeer ertel om versigtig te wees en gevare uitwys dan kry jy “hou must be joking” tipe reaksie.

Gawie ·

Is die vrou wat op Tafelberg vermis geraak het al opgespoor (die een wat saam met man en seun op Tafelberg gestap en halfweg teruggedraai het)?

Wonder ·

Ek’t presies dieselfde gewonder terwyl ek hierdie berig gelees het. En wonder waarheen almal so “verdwyn”.

Basjan ·

Dit lyk my die buitelanders word nou al hoe meer geteiken. Eers was dit die Nederlander en nou die Amerikaner. Gaan die buiteland uiteindelik wakkerskrik en besef wat aangaan?

CLR ·

Wonder waar is die staat se “beskermingseenhede” nou? Of kan hulle nie optree alvorens die”voorskrif” nie reg is?

esther pienaar ·

Hierdie dinge gebeur nie net in SA nie maar oral in die wereld. Jul maak jul eie land SLEG!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Esther Pienaar,
Ja, hierdie dinge gebeur ook in ander lande maar dan is dit HOOFOPSKRIFTE in hul koerante en hul televisie en word die skuldiges gou opgespoor. Jy kan saans tot laat in die strate van Engelse buurte (uitgesluit sekere dele van Londen waar immigrante woon) rondstap en kinders fietsry. Weet jy van een so ‘n plek in Suid-Afrika? Nie eens die platteland is meer veilig nie. Wat Chris se is ‘n realiteit!

SARIE VAN HEERDEN ·

Esther Pienaar, jys reg, hierdie dinge gebeur oral in die wereld maar dan is dit hoofopskrifte in hul koerante en groot nuus oor hul tv’s. Misdaad waarby oorseese besoekers geteiken word in Suid-Afrika is ‘n bewese realiteit.

Muis ·

Hy is lewend gevind. Aangeval en beroof van sy besittinfs, maar gelukkig lewend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.