Amerikaners in Upington vasgetrek

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Altesaam 21 Amerikaners is twee weke gelede op ’n kleinhoewe naby Upington in die Noord-Kaap met onwettige vuurwapens en ammunisie betrap en in hegtenis geneem. Hulle is na bewering onwettig in die land.

Volgens kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het die Valke en polisie in Upington op 16 Maart ’n operasie uitgevoer wat tot dié 21 Amerikaners, onder wie 10 mans en 11 vroue, se inhegtenisneming gelei het.

Die operasie volg nadat inligting aan die lig gekom het van onwettige aktiwiteite wat op die kleinhoewe aangemeld is. Mbambo het nie oor dié aktiwiteite uitgebrei nie.

“Die polisie het beslag gelê op twee .38 Special‑rewolwers, een haelgeweer, vyf jaggewere en ’n onbekende hoeveelheid ammunisie,” het Mbambo gesê.

Dit is in hierdie stadium nog nie bekend hoe hierdie groep Amerikaners in die land gekom en hoe hulle die wapens in die hande gekry het nie.

Die departement van immigrasie en maatskaplike ontwikkeling in Upington, die departement van binnelandse veiligheid in Gauteng en Interpol het ook aan die operasie deelgeneem.

Die Amerikaners het ’n dag ná hul inhegtenisneming in die landdroshof in Upington verskyn op aanklagte van besit van onwettige vuurwapens en ammunisie en die oortreding van die Wet op Immigrasie.

“Al die verdagtes is op borgtog van R20 000 elk vrygelaat, behalwe die een wat borgtog van R50 000 moes betaal.”

Die verdagtes sal na verwagting weer op 10 Mei in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Henri ·

Plaas asseblief meer inligting wanneer dit beskikbaar is. Dit is ‘n eienaardige storie.

Phillip ·

Wat n grap buitelanders vlug rissiekoe en kry brog . terwyl interpol ook na hulle gesoek het . More is hulle skoon veld en geen han kraai daar na nie

Kokerboom ·

” Dis onbekend hoe hul in l;and gekom het!!!!” Ag kom nou!!!Grap van jaat…grense lê oop!!!Our people stap sommer oor!! So ook Pakistanies en ander oosterlinge!

domheks ·

Nou is hulle seker al weer oor die grens – mens stap sommer oor – te danke aan auntie Pat!!

Agtogwatnog ·

CIA. Hulle was baie bedrywig in Uganda n paar jaar terug toe daar olie gevind is. Skielik was daar baie lig gewerp op Museweni se lang tyd in beheer, en hoe Uganda teen homoseksualiteit optree. Voor dit was alles stil in Uganda. Lae misdaad syfers en mense betaam en rustig. Sodra iets van waarde gevind word in Afrika begin hulle die lande polities onstabiel maak met infiltrasie en netwerke wat mis informasie versprei, en dan begin die opsweeping en groot media sindikate met hul agresiewe veldtogte om land as onbeheerbaar uit te beeld. Hou die storie maar fyn dop. As daar pokitieke onmin opvlam is of Engeland of VSA se CIA nou betrokke.

Maritza ·

Verstaan nie hoe onwettige immigrante borg kry nie? Waar gaan hulle heen en hoe eet hulle? Die hofstelsel is ‘n grap

Elize ·

Eish ek wonder of Dudula ook gemik is op al die Pakistanies? Wil net meld dat omtrent alle Pakistaners van die Moslem geloof is.

Wat op dees Aarde ·

Wat het geloof tog nou met enige iets te doen? Jy kry ekstremiste in elke geloof.

Manie ·

Dalk eerder eersgenoemde, hier is niks van waarde waarin die CIA sal belangstel nie. Daar was reeds in vorige berigte vermeld oor opleiding wat vermoedelik in die Wes en Noord Kaap aan sekere groepe aangebied word.

Di ·

ALMAL is mos welkom! Hoe meer hoe beter – land van melk en heuning. Intussen moet ons elke dag in vrees lewe en wonder of jy more gaan sien.

Atta ·

Onwettig in die land met onwettige wapens en hulle word borg toegestaan. Presies hoeveel van die 21 sal nog in die land wees teen die tyd dat hulle weer in die hof moet verskyn?

Jan Seerot ·

Die ander onwettige ding waarmee hulle, hulle besig gehou het, was om Amerikaanse Ingels in die Noord-Kaap te praat. Met apologie aan Simoné.

Porseleintjie ·

Laat my nou dink aan die Marie koekie advertensie van jare gelede:”een vir jou, een vir my”. Iewers is n vrot kol korrupsie nou oopgevlek of toegesmeer.

Jacobus ·

Hier is n slang in die gras. Onwettig in die land en kry borg?
Die wapens in hulle besit, beteken nie veel nie. As dit outomaties gewere of AK s was, dan was dit iets om oor bekommerd te wees.
Mensehandelaars, dalk?
Hier in die Kalahari is maar min dinge wat jy kan wegsteek. Hulle moes liewer Broederstroom probeer het.

Pietertjie ·

Good luck as hulle weer in die hof gaan verskyn. Hulle is lankal weer terug oor die grens, op dieselfde manier wat hulle ingekom het.

Casper ·

Hoe kan hulle borg kry as hulle onwettig in die land is.Art.32(2)van die Immigrasie wet sê, Any illegal foreigner shall bê deported.Art 49 van dieselfde wet sê entering or remainig in contrevention of the act.

Swerwer ·

Nou wat van al die ander onwettige immigrante in hierdie land waar die landsgrense vir hulle oopgegooi is en dan word hul nog genooi om by SASSA aansoek te doen vir finansiële bystand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.