Amnestietydperk kom vir wapeneienaars

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die kabinet het ʼn amnestietydperk aangekondig waartydens Suid-Afrikaners hul vuurwapens by die polisie kan indien.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het ná afloop van die tweeweeklikse kabinetsvergadering gesê Nathi Nhleko, minister van polisie, het ʼn voorlegging aan die kabinet gedoen oor die amnestietydperk ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer. “Die amnestie sal die omloop van onwettige vuurwapens verminder wat sal lei tot ʼn afname in kontakmisdade,” het Radebe gesê.

Die amnestietydperk duur vir ses maande van 1 April tot 20 September.

Radebe het gesê die amnestie sal fokus op mense wat in besit is van onwettige vuurwapens en/of ammunisie, insluitend dié wat by een of meer misdadige bedrywighede betrokke was. “Dit geld ook vir mense wat vuurwapens of ammunisie geërf het en nie aan die voorskrifte van die Wet op Vuurwapenbeheer voldoen nie.”

Die kabinet het intussen ook die uitreiking van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se nasionale misdaadstatistiekverslag vir die trimester van 2016/17 goedgekeur. “Hierdie verslag sal soos die jaarverslag die provinsiale en nasionale voorkoms van misdaad dek. Die misdaadstatistiek word gegenereer uit misdaaddata wat op stasievlak aangeteken is.”

Radebe het gesê die kwartaallikse bekendmaking van misdaadstatistiek sal die regering in staat stel om belangrike doelwitte te monitor, veral die vermindering van gerapporteerde ernstige misdade, soos uiteengesit in die mediumtermyn strategiese raamwerk. Hy het ook gesê dit kan gebruik word as ʼn vroeë waarskuwingstelsel om die misdaadvoorkomingsoperasies en strategieë van die regering te versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Wil jy nou meer ·

Dink Radebe die ouens wat onwetige wapens het gaan sommer net so daarvan ontslae raak. Groot grap. Dit is net weer om ‘n manier om meer vuurwapens in verkeerde hande te laat beland.

Willie Horne ·

Wapens inhandig sodat dit weer in die hande van bendes en misdadigers kan beland

Pieterdp ·

Ek kan my kop op n blok sit. Geen krimenele wapens gaan in gedien word nie. Net die toekomstige slagofers gaan die amnestie gebruik.

Exsaps ·

Netso. Die eerlike ou wat nie lus het om sy lisensie te hernu nie. Die krimineel gaan beslis nie. Het dit self in die SAPS ervaar

Pierre ·

Sodat die polisie dit net weer kan verkoop ons bendes? Vernietig dit eerder self.

Chris Ws ·

Pierre dis teen die wet om jou vuurwapen self aan te pas,te verander(modify) of te vernietig.Slegs ‘n geregistreerde wapensmid mag aan gewere verander en dan kan jy wetlik verplig word om die wapen met veranderinge weer te lisensieer.Die anc regime het vuurwapen eienaars deeglik aan die korthaartjies beet.

Frik ·

Goed so, maar eerlike mense sal dit wel oorweeg maar skelms nooit nie. Wonder hoeveel van die wapens wat ingehandig word gaan of deur korrupte polisie beamptes verkoop word of net weer verdwyn . Lyk my daar is weer n tekort aan swartmark wapens daar buite daarom die aankondiging

Groot grap ·

Dink Radebe die ouens wat onwetige wapens het gaan sommer net so daarvan ontslae raak. Groot grap. Dit is net weer om ‘n manier om meer vuurwapens in verkeerde hande te laat beland.

Riaan ·

Dink Jeff en Nathi nou regtig dat skelms hulle onwettige vuurwapens gaan inhandig? In hulle drome! Waarmee gaan hulle dan roof en moor? Probeer eerder om hulle met hul onwettige vuurwapens te vang en in die tronk te stop as hulle dit kan regkry.

Brahmbos ·

Is dit nie weereens duidelik wat hier ge-impliseer word nie?
1. Watter krimineel gaan nou werklik hy/sy wapen inhandig?
2. Die president praat van radikale ekonomiese hervorming asook grradikale grondhervorming
3. Mnr Malema kondig aan dat waneer ‘n swart persoon (sy woorde nie myne nie) ‘n mooi stuk grond sien moet hul dit vat…

So is ek die enigste een wat ‘n rot hier ruik?

Andre ·

Jy sal verseker onnosel wees om jouself te ontwapen sodat die “die bewakers van wet en orde” nog meer moordbendes kan bewapen. Jy mag nie ter wille van jou gesin en familie se oorlewing. Jy kan jouself nie verdedig met ‘n soplepel nie.

Adri ·

Sekondeer jou woord ONNOSEL, Andre. Maar daar is soveel onnosele naiewe mense hier rond, hulle sit seker al voor die stasie se deure en wag dat dit oopsluit vir die dag. Gats, jammer, SAPS is 24 uur per dag WERKsaam.

hehehe ·

Dis nie vandag 1 April nie, watse grappie is dit dan nou die. Ek sou verseker nie my wapen gaan ingee nie (as ek nog een sou hê, want stupid genoeg het ek dit die vorige keer laat ingee…) en verseker gaan geen skelm sy wapen ingee nie. Ja boet, so gaan dit…

Wanda ·

Ag asseblief…..moet ek nou lag of my kop skud in onkunde???? Hoeveel misdade is daar nie al gepleeg met ongelisensieerde vuurwapens nie, van die wat nogal ingehandig was by polisie, wat voete kry of klink my uitgedeel word aan die misdadigers. Julle moet maar lekker wag my vuurwapen bly net waar hy is…in my besit! Die land met al sy verotte wette kan julle nie eers beheer nie! Wat nog van agter vuurwapens kyk wat ingehandig word. Plaas die advertensie op 1 April.

TJ ·

Almal wat wel besluit on hulle wapens in te handig gaan asseblief na n wapensmid dat hulle die wapen onskadelik kan stel voordat julle dit inhandig. Anders beland jou wapen in n misdadiger se hande…

mariaan ·

lyk my die boewe is kort aan wapens so dis weer ontwapening van die blankes tyd

Johan. H. ·

Ek kon nie glo wat ek lees nie,,, MENSE MOENIE NAIEF WEES NIE KYK DIE TRACKRECORD VAN DIE SPUL… AMPER FLOU GEWORDVERBASING>ONGELOOF (Pasop mense asb.) DIE ARROGANSIE!!!!!

huh ·

hahahahahahaha……ontwapen die blankes en gee dit vir die moordenaars

Johann ·

Arrogansie! Midde n vilksmoord op plase WAT DIE SPEAKER WEIER OM TE DEBATEER, en die ANC magsbasis herrrinner ons blankes aan ons plig om onsself NOG verder te ontwapen? En die skieleik statistieke manie? AS al.die insidente wel aangemeld word…verseker net om die ANC op datum te hou met waar sy PVA is rakende anargie bedryf en beheer.

Renier ·

Iemand wat nou wapens ingee is dom, hulle het lankal oorlog verklaar teen ons, dra vuurwapen ten alle tye by jou en nie in brandkluis nie

Amelia ·

nou sê my mnr minister….. hoe op aarde gaan jy dit reg kry dat die misdadiger wat wel die ongelesensieheerde vuurwapen het hom by die polisiestasies inhandig???

Connie ·

Ag hy dink ons is kan nie dink nie. Dit maak my so kwaad as hulle ons intelegienseflak so onderskat.

Cedric ·

Die enigste probleem wat ek met hierdie hele voorstel het, is dat ons gevra word om “onwettige” wapens in te dien, maar die wapens wat “onwettig besit” word, isnie die wapens wat betrokke is in rowe en moorde nie… inteendeel is dit die teenoorgestelde, dis juis die ongelisensieërde wapens wat betrokke is by die rooftogte en moord.

Verder ook, soos iemand genoem het is baie van die wapens wat ingedien word “verlore” maar enkele dae daarna in die moorde betrokke.

So my hypothese is dat die teiken mark nie gemik is op misdadigers nie, maar eerder op eerlike mense… daardeur word hulle ontwapen en die misdaad syfers sal opwaarts skiet, want die kriminele weet dat baie mense nou minder wapens besit… Laastens, wat keer die polisie, om nie soos al die ander statistieke in die land, die resultate te dokter om beter te lyk nie…

My eerlike vraag ter afsluiting – Hoe kan die polisie amnestie offer, wanneer n moord gepleeg is met n wapen… “…by een of meer misdadige bedrywighede betrokke was”.
As ek n slagoffer was waar n familie lid gesterf het weier ek om te aanvaar dat n krimineel verskoon kan word/amnestie ontvang, slegs oordat hy die wapen indien… Dis om van siek te word!

BULL DUST ·

AG BULL, dink julle regtig die 8 – 10 gewapende moordenaars wat mense op plase AFMAAI gaan deur julle wapenregistrasie veldtog of amnestie beinvloed word? Dit is net vir wetsgehoorsame burgers. Julle dreig wetsgehoorsame burgers en kan nie wag om hulle in hegtenis te neem as daar dalk ‘n vuurwapen se lisensie verval het of dalk ‘n oupa oorlede is en sy vuurwapen nog nie na die kleinseun oorgedra het nie. DIT GAAN NIE DIE MOORDE KEER NIE, se my asb met wie se wapens pleeg die mosambiekers en zimbabwiers wat onlangs in Balfour gevang is MOORD? Gaan hulle nou al hulle wapens kom oorhandig? Dis ‘n joke man. Julle ontwapen net die gewone burgers sodat hulle geen verweer teen die aanvallers met ongelisensieerde wapens het nie. Vermindering van gerapporteerde ernstig misdade? JULLE HET seker al die PLAASMOORDE PER ONGELUK DELETE!!

Tanya ·

Hierdie is nou ‘n berig slegs vir ONS mense sodat ONS wapens in die hande van die vyand kan beland wat dit sal gebruik om ons met ons eie wapens te vermoor. Dit gebeur in elke geval reeds, maar hierdie is nou net om vir ONS mense te wys hulle het alle mag oor ons.

Theresa ·

Behoede ons van hierdie manier van dink!!! ‘n Misdadiger is juis ‘n misdadiger omdat hy/sy doen wat hy WIL en nie wat hy MOET nie. Hul lê seker soos hul lag vir hierdie banaliteit. Dalk sal so iets in Sprokiesland werk – hier is dit pure snert.

Ronell ·

Alle vorige lisensie is nog geldig. Moenie dat enige iemand vir julle anders vertel nie. Die wet is nog nie verander nie.

johan ·

Jy is heeltemal reg Ronel. As jy nooit jou white licence gekry het nie is jou ‘green’ licence nog geldig.

Annie ·

Mense moet nie mal wees nie. Hierdie gaan net aan die kriminele gegee word. Geen kriminele gaan sy wapen inhandig nie … want hule almal se wapens is onwettig en dit gee hulle mag … hulle kom in elk geval niks oor met die onwettige wapens nie … what a joke!!!!!

Reneé ·

Alweer ń slenter om ons te ontwapen….

Bring die doodstraf terug en gebruik dit eers voor julle weer hierdie “taktiek” probeer….

Neilia ·

Ek sal my vuurwapen inhandig die dag as plaasmoorde stop. So it aint gonna happen. Wil wit mense vermoor met hulle eie wapens. Siener van Rensburg was reg. As iemand ooit sy boek gelees het sal julle weet waarvan ek praat. Alles wat daai man gese het gaan gebeur het al en is besig. Handig jou wapen in as jy vermoor wil word.

Francis ·

die skelms sal beslis nie hul wapens inhandig nie . waarmee moet mens jouself verdedig ????
eers as die misdaad heeltemal opgehou het en almal veilig is en die skelms AL hul wapens ingehandig het ja sou ek sé dañ !!!!

Yolandi ·

Ag ASSEBLIEF!!!! Ons almal weet daai wapens word soos smarties uitgedeel om moord te pleeg. Ons weet ook wie die teiken is. Wanneer gaan iemand iets doen?

Johanna Botha ·

Ons weet dit het NIKS gehelp in die verlede nie ….trouens misdaad het toegeneem en dink hy nou REGTIG die diewe moordernaars en skelms gaan hulle wapens inhandig ….ONKUNDE ONKUNDE ONKUNDE !

Ljl ·

En die wapens wat by die weermag en vloot gesteel was,en die polisie se vuurwapens wat aan hulle uitgereik was en gesteel is.

RF ·

Ek weet van Polisie konstabels (natuurlik voorheen benadeel) wat al hul vierde CZ75 gekry het nadat die vorige drie weggeraak het.

Karma ·

O, nè? Ek is seker 300% van die misdadige element daar buite (ons weet wie hulle is) gaan hul voete afhardloop om hul onwettige vuurwapens in te handig. Vir die boere sal dit selfmoord wees om hul wettige vuurwapens te gaan inhandig. Daar is soveel “red tape” verbonde aan ‘n wettige vuurwapen bekom (jy moet gaan vir bevoegdheidsopleiding en ‘n sertifikaat, dan die vuurwapen koop, dan SAPD toe om aansoek te doen, met 100’e ander goed wat ingedien moet word en 5-6 maande later, mag jy moontlik ‘n gelisensieerde vuurwapeneienaar wees). Vir wat al die moeite doen om dan later die vuurwapen te moet indien. Hond-se-dinges, my guns bly net waar dit is!

willehond ·

Wed almal op hierdie forum dat daar mense gaan wees wat hulle wapens gaan ingee en dan hier kerm dat niemand hulle beskerm nie!! Word tog net wakker mense!!

John ·

Grondbesetting: 1) Kondig vroom in die parlement aan dat die regering ten alle tye die grondwet eerbiedig. 2) Ontwapen wit grondeienaars en hul naasbestaandes in die stede kamma om hul veiligheidsonthalwe. 3) Kondig vernuwing van die weermag aan en koop nuwe skerpgeskut aan om probleme in Afrika te gaan help oplos. 4) Verseker die volk dat die regering al die burgers in die land se belange ten alle tye op die hart dra en sal beskerm. 5) …?

Arizona ·

Mnr Kabinet, totdat jy my en my familie beskerm teen die wettelose kriminele in hierdie land, hou ek styf vas aan my wapen.

Anne coetzer ·

Een ding wat hulle nie by die skelms sal terugkry nie. En die ander sal verseker nie hulself ontwapen nie. Die regering het ons lankal ontwapen . En dit was met die doel dat ons nie kan terugveg nie. Nee wat skrap maar die wet. Niemand gaan gehoor gee die keer nie. Ontnugter en paraat.

Di ·

Ja nee ek lag maar net!!! Dink hulle nou rerig die mense is stupid???

Wees Een stap voor ·

Indien enigiemand nog so dom wil wees om hulle wapens in te handig stel ek voor, eerstens, probeer dit aan n wapenhandelaar verkoop. Tweedens, indien onsuksesvol, skenk die wapen aan iemand wat graag n wapen wil bekom maar nie kan bekostig nie. Volg wettige kanale. Wapen gaan in bewaring by n handelaar en voorgenome nuwe eienaar doen nodige bevoegdheidssertifikaat en lisensie aansoek. Dan weet jy daardie wapen beland nie in verkeerde hande nie.

BOLANDER ·

Klink vir my hulle wapens raak nou minder of is op en nou soek hulle nog om al die blankes uit te moor. Hulle het darem ‘n “nerve” Kan jy dit glo. is nie eers bang om te vra nie. Dink hulle nou rêgtig ons is so stupid”!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Kofi-pot ·

As iemand graag sy wapens wil inhandig…hier by my groot asblik ek sal dit graag vir julle bere…ek sal goed gebruik daarvan maak en dit vir jou mooi oppas todat jy dit wil terug he…Asseblief mense moenie DOM wees nie…klou vas aan daai wapen van jou!!!!

Johan. H. ·

Soos daai ander ou gese het go and swing in a bannana tree,,,Dink ons is dom

Vonnie ·

Hulle wil nog meer wittes uitmoor as wat hulle tans meer besig is, kort wapens sou ek se. Mense moenie julle wapens inhandig nie ASB!!

Frans du Plessis ·

Kameras in en om di huis. Diefwering voor vensters. Elektriese heining om die huis. Armed response . Vergiftigde honde. Wat nou nog meer? Moet asb nie jou wapens weggee nie. Ons moet eerder ons geld van die staat af terug kleim want die amptenare wat ons moet beskerm kry bogenoemde beskerming op ons belasting geld. HOU JOU WAPENS jy gaan dit nog binnekort nodig kry jouself

vermeende ·

Net n gek sal glo dat vuurwapens verantwoordelik is vir moorde en geweldsmisdaade.
As dit die argument is, bied dan amnestie aan vir alles wat al gebruik is om me te moor soos messe, skere, vliegtuie, motors en kussings.

Vra jou self eerder vraag, hoekom is wettige wapens n probleem vir hierdie regering, wat voer die ANC in die mou?

Alfie van Zijl ·

Hoe kan Jeff Radebe en die regering sê dit gaan misdaad afbring. Hulle (regering) promofeer geweld, van Mandela se tyd sing hulle om wit mense te vermoor, selfs in die Wes Kaap se hulle brand envra hul waneer kan hul begin moor. Die destabiliseerder/krimineel het nie a gun nodig nie. Ek vra die mense wat asosieer met die woord boer en boervrou, moenie uit moedeloosheid jou wapen inhandig nie, registreer en lisensieer dit in die tyd. My hart bloei vir my mense in SA hier van uit OZ. Bid, glo en vertrou, God is GROOT!

SARIE VAN HEERDEN ·

Gee jou vuurwapen in en koop ‘n ongelisensieerde een op straat waarmee jy jouself kan verdedig. Dis tog wat elke dag gebeur! Hoe anders kry skelms hul wapens?

franje van spanje ·

Ek wag vir amnestie. My lisensie het verval. Ek het n nuwe bevoegdheid gedoen en weer aansoek gedoen. Nou praat hulle van wapens ingee….
Se gat.

Hennie B ·

Al besit ek ‘n vuurwapen, of ‘n onwettige een, is daar nie ‘n kans dat ek ooit die wapen en sal inhandig nie. Ek sal dit goed wegsteek. Soos die politieke situasie op die stadium inmekaar tuimel, kan ek nie die regerig vertrou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.