Amnestietydperk vir vuurwapeneienaars moontlik uitgestel

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Dit het Woensdag aan die lig gekom dat die amnestietydperk vir vuurwapeneienaars, om hul ongelisensieerde wapens in te handig, waarskynlik uitgestel gaan word.

Die tydperk sou van 1 April tot 20 September 2017 strek. Dit word egter uitgestel omdat LP’s nie genoeg tyd gehad het om voor te berei vir die proses nie.

Nathi Nhleko, minister van polisie, het ʼn voorlegging aan die kabinet en die portefeuljekomitee vir polisie gedoen oor die amnestietydperk ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer. “Die amnestie sal die omloop van onwettige vuurwapens verminder, wat sal lei tot ʼn afname in kontakmisdade,” het Nhleko gesê.

Die misdaadstatistiekverslag vir die trimester van 2016/17 toon aan dat daar tussen 1 April en 31 Desember 2016 ʼn afname in alle kontakmisdade, behalwe roof met verswarende omstandighede (op met 6,1%), kaping (op met 14,9%) en sakeroof (op met 6,5%), was.

Nhleko het aangevoer die vorige twee amnestietydperke waarin wapeneienaars hul onwettige vuurwapens by polisiestasies kon inhandig sonder om vervolg te word, positiewe resultate opgelewer het.

In 2005 is 33 823 vuurwapens uit sirkulasie gehaal en in 2010 meer as 11 880 vuurwapens. Die vuurwapens is vrywillig ingehandig.

Leon Rabie, hoof van die polisie se strategiebestuur, het gesê verskeie stelsels moet gereed wees voor die amnestietydperk in werking kan tree. Mense sal dan hul wapens by die beamptes aan diens kan inhandig en ʼn strokie vir die wapen en ammunisie word uitreik.

Rabie het verduidelik daar moet beter stelsels in plek wees om seker te maak rekord word gehou van elke vuurwapen wat ingehandig word, sodat van die wapens nie net verdwyn nie.

Hy het gesê daar moet ook duidelike tydperke vir die vernietiging van die wapens uiteengesit word en die wapens moet ballisties getoets word om vas te stel of dit nie voorheen tydens ʼn oortreding gebruik is nie.

Rabie het gesê die wapens sal dan na ʼn provinsiale stoorplek geneem word en dan na ʼn nasionale stoorplek waar dit uiteindelik vernietig sal word.

LP’s het dié plan verwelkom maar gesê ingevolge die Wet op Vuurwapens moet die parlement eers die amnestietydperk goedkeur en dit is onwaarskynlik dat dit teen 1 April sal plaasvind.

Francois Beukman, woordvoerder van die komitee, het gesê die komitee se verslag sal waarskynlik teen Mei in die nasionale vergadering bespreek word. Beukman het ook gesê die polisie moet die nodige stappe volg om te verseker beamptes wat verantwoordelik is vir hierdie vuurwapens is geskik vir die werk en dat die integriteit van die proses so behoue bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Sê maar net. ·

Mense moet asb nie dom wees en toegee om vuurwapens in te handig nie. Julle het gesien hoe word die vuurwapens by die polisie gesteel.

John ·

?.. eers getoets word… hoeveel eeue… of moet dit nog eers gebruik word en dan gou vernietig word?

Nico ·

Ag dis jammer. Want al die skurke het in tou gestaan om dit in te handig. Nou gaan hulle weer malls en huise roof tot hulle dit later kan ingee

Marianne ·

Ek erken openlik day ek verdomp STUPID was on my oorlede vader se jag gewere in te handig.
Met die afgelope week se moord, aanranding en Parlement uitsprake – moes ek hulle vir self beskerming gehou het!

Rudi ·

Ek verstaan die hele idee hiervan ,maar gee ons die publiek die kans om te sien wat gebeur met die wapens ,hoe en waar dit vernietig word ,alles deel van n propaganda !!!!

Roelf* ·

Ek sal NIE my vuurwapens inhandig nie Dit is n maniere van die regring om die blankes en boere te ontwapen en n manlike manier te kry om hulle op plase en in stede uit te moor soos dit nou aangaan So ASB MOENIE jou wapens inhandig nie Wees op julle hoede

DINAH ·

En die wets gehoorsame se wapens word teen hulle gebruik glo my die wat moor en roof sal nie wapens inhandig DIE STORIE IS GROOT KLUG SPEL GAAN SOEK DIE MENSE WAT DIE WAPENS OP STRAAT VERKOOP EN LOS MENSE MET GELESENSIEERDE WAPENS

Lynette ·

Dink die minister regtig dat kriminele hulle wapens wat alles ongelisensieer is, nadat dit gesteel is by wetlike eienaars, sal gaan inhandig? Nee, dit sal nie gebeur nie!!!! Ek wonder selfs of hy in die regte pos is, want as hy dit glo, is hy defnitief nie geskik vir sy pos nie.

Johann ·

Dis nou dieselfde minister wat vandag deur die HOF aangese.is om.sy korrupte aanstelling van die Valke Hoof terug te trek? Dieselfde sotlikheid wat se als is af behalwe dat als op is? So alle wapens.2ord orals ingeneem met n hand uitgerykte papier stelsel? En dan word daar n arsenaal geskep om strategies of uutgedeel te word of bloot leeg gedra gaan word om die wat ontwapen is te vermoor? HOE STUPID dink die ZUMAIKIE CLAN is ons? Wel…ons het reeds duisende wapens bygedra sonder om te dink?

Rynhardt ·

Daai wapens wat jy inhandig, word weer teen jou gebruik.Anc is so teen misdaad dat oopgrense floreer! Onwettige wapens en kriminele floreer na SA-die misdaadparadys!

Rupert Ashford ·

“The day they outlaw guns, only the outlaws will have guns”. Moenie julle wapens ingee nie, die krims gaan verseker nie hulle sin inhandig nie en jy het geen waarborg dat jou ingehandigde wapen nie in ongewensde hande beland nie. Die SAPS en integriteit loop nie lekker saam nie. Daar is uitdonderings en uitstekende eenhede maar oor die algemeen lek die polisie soos ‘n sif.

Cherokee ·

Nie uitdonderings en uitstekende eenhede nie – dit moet lees ‘uitdonderings maar ook uitstekende eenhede’.

Hanna ·

Misdaad verminder?! Ag asseblief… En die maan is v kaas gemaak.

IVR ·

Gaan lees gerus die vuurwapenwet kenner Martin Hood se inskrywing op sy Facebook blad oor hierdie petalje. Die polisie generaals het nie eers geweet die parlement moet goedkeuring gee vir die amnestie nie. Al wat die vorige amnesties reggekry het was om ‘n klomp vuurwapens aan kriminele te verskaf soos dit uit die polisie store verdwyn het.

Annie ·

Wonder of die kriminele ook hulle wapens gaan inhandig …. ha ha …. what a joke … hoekom sal hulle … hulle loop dan nog vry rond!!!!

Chrisjan ·

Nie een van die 122783 vuurwapens wat tydens die vorige amnesties ingehandig is kon aan enige kriminele aktiwiteit gekoppel word nie.
NIE EEN NIE!

Oom gert vir jou ·

Dink jy regtig die polisie sal so iets erken… Of het jy alles self gaan op “check” Skrik asb wakker

Cherokee ·

Ek dink die VF+ moet aansoek doen vir daardie ingehandigde wapens; of Afriforum.

Hannes ·

Die idee dat geweldsmisdaad in die land sal afneem deur mense, wie se wettige wapenlisensies verval het, te verplig om hul wapens in te handig, is ‘n absurde mistasting. Misdade word met gesteelde en ingesmokkelde ongelisensieerde wapens gepleeg deur misdadigers, wat in elk geval nog nooit in lisensies vir wapens belang gestel het nie. Hulle gaan ook nie daardie onwettige wapens tydens ‘n amnestieperiode inhandig nie. Die ontwapening van wetsgehoorsame burgers, wie se lisensies weens die onnodig-gekompliseerde en onadministreerbare nuwe wetgewing verval het, vergemaklik die pleging van misdaad vir misdadigers deurdat hul teikens magteloos en ontwapen gelaat word. Word wakker en doen iets aan die werklike “onwettige” wapens, wat bykans vrylik in hierdie land in omloop is. Pas strenger beheer oor polisie- en weermagvuurwapens toe, wat gereeld tydens rooftogte en moorde gebruik word. Ek kan nie glo dat enigiemand hierdie snert kan glo nie!

Agda Mac Donald ·

Kan nie dink dat mense in vandag se tyd bereid sal wees om hulle wapens net vir die regering te gee. Doen eerder moeite en gaan kry jou vuurwapen lisensie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.