Amok in Gautengse wetgewer

Foto: Blueplaques.co.za

Foto: Blueplaques.co.za

Chaos het Dinsdag in die Gautengse wetgewer uitgebreek, soortgelyk aan die tonele wat hom verlede week in die parlement afgespeel het, het The Star Woensdag berig.

Die koerant berig lede van die ANC en EFF het mekaar beledig en vulgêre uitlatings toegesnou tydens ʼn amptelike sitting van die wetgewer.

Mandiso Mashego, EFF-lid,  het na die ANC as die “African National Criminals” verwys en beskuldig die party daarvan dat hy daarvoor verantwoordelik is dat die publiek se beursie geplunder word. Sy het ook Jacob Mamabolo, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, daarvan beskuldig dat hy slegs tenders aan sy ANC-bondgenote toeken.

Mashego het ook beweer dat kontrakte om huise te bou en rioolstelsels op te gradeer, slegs aan ANC-lede toegeken word.

ANC-lede was ontstoke oor dié en ander bewerings.

Volgens die koerant het Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid, aan EFF-lede gesê het hulle is te familiêr met die ANC.

Nkosi-Malobane het ook geweier om die wetgewer te verlaat nadat speaker Ntobi Mekgwe hom versoek het om dit te doen.

Mashego het later haar uitlatings oor die ANC en beweringe teen Mamabolo teruggetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.