Joost van der Westhuizen se vrou en kinders het Maandag sy 46ste verjaardag gevier.
Van der Westhuizen is op 6 Februarie oorlede nadat hy in 2011 met amiotrofiese laterale sklerose (ALS), ʼn aggressiewe vorm van motorneuronsiekte (MNS), gediagnoseer is.
Amor Vittone, Van der Westhuizen se weduwee, en hul twee kinders, Jordan (13) en Kylie (10), het Maandag, wat Van der Westhuizen se 46ste verjaardag sou wees, ʼn koek gebak en die kerse uitgeblaas.
Hulle het ook vir hom ʼn boodskap opgedra. “Ons wens jy was vandag hier, selfs al was dit net vir ʼn klein rukkie sodat ons vir jou geluk kon sê en jou liefdevolle glimlag kon sien. Die enigste geskenke vandag is jou soete herinneringe wat jy agtergelaat het. Jou lag, vreugde en geluk wat in ons gedagtes sal eggo. Ons sal na jou foto’s kyk en met liefde aan jou dink. Ons hoop dit gaan goed in die Hemel. Mag die engele jou styf vashou en vir jou ʼn gelukkige liedjie sing. Ons sal ons wense stuur vandag en jou nalatenskap heeldag lank vier. Liefde, Amor, Jordan en Kylie.”
Die J9-stigting het ook vir Van der Westhuizen gelukgewens. “Hulle het gesê jy sou dit nie verby 42 maak nie, maar jy het besluit dat net jy dit sou bepaal. Ons harte verlang na ʼn verlore stukkie, maar ons weet daar is groot viering daar Bo!”
Ag komaan Maroela! Hou tog nou net op oor berigte van Amor, genade, hoeveel keer moet ons nog lees oor haar en Joost van der Westhuizen!!!!
Ek hoop net Gustav en Mariana was ook daar gewees
Ek hoop ook van harte so. Anders…….. Beteken “ons is lief vir julle” ook maar niks. Hol woorde.
Kosie, waarom nuuskierig, slaan dit oor en lees die vokgende berig. Hier is ander lesers wat lief is vir hulle. Dankie maroela
Ek dink ook wat te erg is, is nou te erg. Groete
Soos ek verstaan was Joost geskei van sy vrou.
Ek luister nie RSG nuus nie omdat hulle swak inligting deurgee.
Maroela?
Dagsê Bloues,
Dankie vir jou navraag. Joost en Amor het nooit amptelik geskei nie, alhoewel hulle nie meer saam gebly het nie.
Groetnis
Janie nms. Maroela Media
Die harseer is nog vars, en dit so kort voor sy verjaarsdag. Sterkte aan Joost se kinders, Amor hele familie.
Joost was ‘n uitsonderlike mens en ons het soveel respek vir hom omdat hy in sy tyd van siekte, ook vir ander antwoorde probeer kry het.
Ja,asb genoeg is genoeg!
Ja ek stem – Laat Joost nou rus!
Dankie Maroela vir jul goeie dekking van alle nuus.
Hierdie berig is van pas. Joost is kort voor sy verjaardag oorlede en ons gaan hom nie vergeet nie.
Jis ek.hoop nie ons gaan elke mylpaal moet beleef in die koerante nie! Wonder maar net hoeveel.sulke posts het plaasgevind terwyl hy nog gelewe het En ek verwys nie nou na sy.kids nie maar eerder sy vervreemde vrou. Asb die man is oorlede en dis bitterlik sad maar rerig enough is enough
Laat Joost nou in vrede rus. Waar hy is maak aardse dinge nie meer saak nie. Sy nagedagtenis as pa, seun, broer en vriend, sy hele menswees en sportheld wees, was vereer. Rus nou van jou pyn en moeitevolle arbeid, Joost.
Ek hoop nie ons sal elke keer as Amor of die kinders iets gedoen het daaraan herinner word dat dit Joost se vrou is nie. Ons weet dit.
Tog nie alweer stories oor Joos en Amor nie!
Hy het nie besluit hy gaan langer as 42 Jr leef .God het so besluit!!
Ek het n knop in my keel gekry en trane in die oe toe ek die koek sien en die woorde lees.
Dit is van pas en dit is mooi. Eers na sy dood het Joost my lewe geraak, deur sy familie! Dit het my lewe posetief geraak in n baie donker tyd in my eie lewe. So, dit alles beteken iets vir iemand. Joost se liefde en sy posetiwiteit en die liefde van sy familie, vrou en kinders, veral sy broer Pieter, het my diep geraak. Ek het die diens gekyk. Hulle is mense, dis ons mense en ons deel in hulle lewens. Dankie Maroela! Dis n stukkie mooi nuus! Ek bid vir Amor en hul kinders, soos vir elke ander familie wat die laaste ruk deur hel is en n geliefde moes afgee.
As jy dit nie wil lees nie,HOU VERBY. Ons wil,ons wil weet hoe dit met hulle gaan. Ons gee om!
Ek stem! Hulle was n pragtige familie en lief vir mekaar.. Gun Amor, kids en ouers tyd om Joost met liefde te onthou. Aan di ‘moaners’, ek voel regtig jammer v julle ?
Is Joost se eerste vrou ook sy weduwee? vra maar net, want Amor is mos geskei van hom.