Amor oor Joost: ‘Jy was en is my eerste liefde’

Joost en Amor by hul kinders Jordan en Kylie. Die foto is in desember geneem. Foto: Facebook

Joost en Amor by hul kinders Jordan en Kylie. Die foto is in desember geneem. Foto: Facebook

Amor Vittone het hulde gebring aan Joost van der Westhuizen wat Maandag oorlede is.

“Dis met ‘n seer en swaar hart, dat ons afskeid geneem het van Joost ‘n uur terug. Ons is omhels met familie en baie liefde. Joost, rus in vrede en weet dat Jordan en Kylie, jou styf binne hul harte sal hou. Jy sweef saam met die engele sonder pyn. Jy was en is my eerste liefde. Ons is lief vir jou!” het Vittone omstreeks 15:30 op Facebook geskryf. “Rus in vrede saam met God en al die engele.”

Van der Westhuizen is Maandag in die ouderdom van 45 oorlede nadat hy in 2011 met amiotrofiese laterale sklerose (ALS), ʼn aggressiewe vorm van motorneuronsiekte (MNS), gediagnoseer is.

Van der Westhuizen was ʼn rugbyheld en die land se liefling. Hy is in Desember 2002 met Vittone getroud. Van der Westhuizen was voor Vittone met Marlene (nou Duvenage) getroud. Hulle was ses jaar getroud en is kort voor sy huwelik met Vittone geskei.

Vittone en Van der Westhuizen se seun Jordan is 13 jaar oud en hul dogter Kylie is 10 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Johann ·

Interessant hoe die dood mens selektief laat onthou…of vergeet….

annatjie ·

Niemand vergeet nie dis net baie onsensitief om dit op so n tyd op te haal terwyl sy kinders, ouers en familie stukkend is oor hul geliefde

WARREN ·

Se Johann met n vleklose lewe. Wonder wat kruip in jou kaste weg.

Daan ·

Johann,gelukkig kies God om alles van ons sondes te vergeet wanneer ons na Hom toe gaan.Hoe kan ons dan nie anders as om te vergewe en vergeet? ( Vader vergeef ons ons skulde,soos ons ons skuldenaars vergewe )

Jan Nel ·

Johann, dit is nie Joost se dood wat selektiewe “onthou en vergeet” aanhelp nie. Dit was juis sy lewe in die laaste jare. Ek en baie ander verkies om te vergeet van Joost se foute. Daardie foute word totaal oorskadu deur sy besondere veggees, bomenslike deursettingsvermoë en bydrae tot die mensdom.

Ek verkies om laasgenoemde selektief te onthou. Sy dood het niks met my besluit uit te make nie.

Nie so arm ·

Gelukkig is nie Amor, haar familie, sy familie en elke ondersteuner van Joost so arm van gees soos jy nie Johann, Joost het n fout gemaak, ja hy het dit eers ontken, tot hy besef het waarmee hy besig was, toe kyk hy sy gesin, familie en die hele wêreld in die oë en vra verskoning , hy het dut by die Vader gaan neerlê en verskoning gevra en almal het dit aanvaar behalwe jy! Dit is nie hoe jy val nie, dit is hoe jy opstaan! In Joost se 45 jaar het hy meer gedoen as wat jy kan droom, respekteer ten minste sy gesin,familie, vriende en ondersteuners, jy laat n wrang smaak! As dit vir aandag was, jy het dit nou, bly uit die berigte, dit is vir Joost mense!

Connie ·

Johann, jy het duidelik nog nie ‘n maat aan die dood afgestaan nie. Jy het geen idee waaroor dit gaan nie. En ja ek het. ‘n Mens verkies om die mooi te onthou en die sleg te vergewe.

Elzanah Redelinghuys ·

Maroela Media jul maak deesdae baie feite foute. Dit doen afbreek aan jul geloofwaardigheid as bron. Amore en Joost is steeds getroud. Hul was van bed en tafel geskei. Sy is nou sy weduwee.

Janie Monsieur ·

Dagsê Elzanah,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die artikel is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

T ·

Baie sterkte aan Amore kinders al die familie. En ook aan al die mense wat Joost so mooi versorg het. Ek bid dat julle genoeg krag sal kry om julle deur die hartseer te dra

Marietjie ·

Sterkte Amore en kids bid dat God jul in hierdie moeilike tyd sal dra…. maak nie saak wat nie jy was altyd aan sy sy. Sterkte aan sy ouers Broer familie en vriende God bless RIP JOOST VD WESTHUIZEN JY WAS SA SE LEGEND !!!!

Bella ·

Joost jy was n legende en n voorbeeld vir ons almal. Rus in vrede ons held. Amor, Jordan, Kylie, sy ouers & Pieter & al die naasbestaandes baie dankie vir alles wat julle vir Joost gedoen het. Ons waardeer dit baie. Sal jou altyd onthou ons held for life.

Theo ·

Dankie dat julle nie weer verwys hetna Joost se fout wat hy in sy lewe gemaak het .Kom ons onthou hom liewer as een van ons grootste Bokke ooit .

Connie ·

Theo hoekom moet jy dit noem?Glo nie daar is iemand wat eers daaraan gedink het nie,behalwe jy?Almal is te seer vir sy families se Groot verlies.

Gené Spangenberg ·

Jy het die laaste wedstryd gespeel. Die wenstreepbereik en. Jou einddoel bereik. Gods se Koningkryk. RIV JOOST

Connie ·

Theo hoekom moet jy dit noem??!!Glo nie daar is iemand wat eers daaraan gedink het nie,behalwe jy?Almal is te seer vir sy families se Groot verlies.

Gené Spangenberg ·

Jy het die laaste wedstryd gespeel. Die wenstreepbereik en. Jou einddoel bereik. Gods se Koningkryk. RIV JOOST

Tascha ·

@ Elize – Joost is nie tydens n plaasaanval oorlede nie hy was baie siek gewees ons innige simpatie aan sy kinders en familie met die verlies aan die land se grootste rugby legende. Netso ons simpatie met enige persoon wat hul lewe aan die hand van geweld moet afstaan in ons land.

madelein ·

R.I.P Joost! Ons land S.A se grootste held en vegter,mag j in vrede rus… Amore,kinders en familie,innige simpatie met die groot verlies!!! Mag jul rus en vrede vind in God…dink aan julle en sterkte… Botha Fam Marquard

oumie ·

Amore jy is net so yster soos jou man ja in my oë sal jy altyd sy vrou wees jy het by hom gestaan deur dik en dun tot die dood jul skei dankie dat jy n goeie MA is wat jul kinders met trots kan grootmaak sterkte aan die hele familie en meeste aan sy broer mag GOD jul styf vashou in die tyd van rou oor ons land se groot legend

T ·

Hierdie is die die tyd of plek om snedige aanmerkings te maak nie mense. Bid asb eerder vir die gesin wat hartseer is.

Deidre ·

Dis walk like om te sien dat ons afrikaanse mense ander kan vertrap terwyl hulle in pyn is. Niemand is squeekie clean nie!!! Daai 2 kinders is nou sonder n pappa….en n familie sonder n seun broek en man. Sies vir mense wat nou vieslik kommentaar lewer. Bid eerder vir hulle vir krag!!! O ja en dan gaan maak ons almal seker dat ons EIE lewens perfek is voor ons oordeel! Mag God Joost se familie kinders EN eksvrou styf vashou…. Maak nie saak wie wat gedoen het nie.

Johann ·

Feite feite feite? Joost se enigste X vrou is NIE Amore nie! Maar daar val die klippe weer. Maar nou ja, my eerste opmerking oor die dood wat ons “recall” beinvloed; onmiddelik as negatief ervaar. So in kommentaar op die wat eerste klippe gooi oor hulle interpretasie van my kommentaar oor hoe die dood ons onthou en vergeet beinvloed: dis presies wat die dood doen…jou eie issues as jy wil kommentaar lewer oor n feitelike verwysing na die finaliteit van die dood? Snaaks…nie n WOORD gerep na Joost en Amore se verhoudings geskiedenis of Joost se verdere keuses nie.

Sê maar net ·

Joost en Amor is nooit geskei nie. Nadat Joost siek geword het het hul besluit om nie te skei nie.

Nico Strydom ·

Dagsê Sê maar net
Jammer vir die oorsig – die berig is gewysig.
Vriendelike groete

Pietda ·

RIP Joost! As ‘n kind was jy my held elke Saterdag in daardie no.9 Blou trui op Loftus. Om nie eers te praat van die groen en goud nie! Rede hoekom ek ook 9 gespeel het. Jy het my by rugbykliniek geleer hoe om ‘n bal te “pass” wat ek altyd sal onthou. Met jou siekte het jy ook weer vir almal gewys jy is ‘n vegter en ‘n legende! Almal maak foute…almal wil nie altyd reg probeer maak nie. Jy inspireer my! Rus lekker Joost…die beste skrumskakel wat ek ooit sien speel het.

My tweesent bydrae ·

Die twee skoolwedstryde waar Joost sy span geinspireer het om die semifinale en die finaal van die Administrateursbeker te wen was die beste leierskap wat ek nog ooit gesien het .

Marie ·

Wat n legende. Wat n held. Rus in vrede Joost. S.A rou maar ons gun jou die rus by Jesus. Sterkte aan Amore, kiddies en familie. :-(

Marthie ·

Rus in vrede Joost
Sterkte Amore, Kylie en Jordan asook sy familie en vriende. Mag God jul dra en by jul wees.

Snoepie ·

Johann, na als wat hulle deur is en self na hulle nie meer saam was nie. Was sy vir hom daar. Bitter min vrouens sou dit doen. Ons kan by haar gaan leer oor naaste liefde en vergifnis x

Johann ·

SNOEPIE…die ding van n rolmodel is juis dit: dis iemand wat mens met al sy/haar dink en doen naby jouself en jou hartsmense toelaat. Veral waar en wanneer ons aanjaag…en dit erken as.deel van ons karakter? Bitter bitter jammer vir die wat agter bly…met memories van hul eie werklikheid

Johann ·

Snoepie. Die ander vrou (eerste een) wat Amore en Joost ook “agter gelaat “het se naam is Marlene. Nevernind Joost se latere keuses rondom verhoudings nie. Of verafgod ons eerder n mens as rugbyspeler?

T ·

Nee Elsje dis nie Maroela wat sensasie soek nie. Dis ons siek mensdom.

Pop ·

Johann jy is net so selektief. Amor het Joost bygestaan en moes haar eie seer wegbêre. Rus in vrede Joost.

Johann ·

Liewe POP. Eks juis NIE selektief nie…veral nie as dit kom by wat wel deel is van ons almal se lewe nie: ons hele geskiedenis? Kry die kinders opreg jammer! Al vir lank!

Aandag soek ·

Johann, jy is werklik uit op aandag soek en op die verkeerde plek met jou verskeie frases besig om moeilikheid te soek, as jy nie iets kan of wil sê nie, 100%, bly dan stil, jy kan nie Joost se vergifnis van almal en sy goeie werk sedert sy erkentenis ongedaan maak nie, al probeer jy ook hoe, hy het God geken en gedien, wat kan jy sê & wys?????? Gaan speel en tart op n ander plek, huer juig en huil ons oor n groot legende, sorry, ons kies hom bo jou!

Gerhard Claassen ·

Joost was een van die bestes ooit. Net so was sy lewe die afgelope paar jaar tot eer van God. Elke dag wanneer ons wat so geseend is onnodig rede soek om te kla, het ek na Joost gekyk en besef hoe geseend ek is. Joost jy IS n senior offissier in God se “weermag”!! Amore: JY IS N VROU DUISEND!!!

RIP Nr 9 ·

RIP Joost! Nog nooit kon iemand eeer daai trui en nommer met soveel trots en sukses dra nie!! Ons gaan nog vir jare met jou spog!
Sterkte Amore, Jordan, Kylie en Pieter jou toewyding aan jou broer was ongelooflik! ????????

Boeremeisie ·

Wie de hel.het nie ‘n verlede nie? Hoekom nou die dag van sy dood daarop wil hammer? Is niks wat hy na die onderbroek insident gedoen het dan van enige waarde nie? As sy familie, sy vrou en vriende hom kon vergewe hoe durf ons dan oordeel? Klim.van jou high horse af Johan as jy nie simpatie kan hê nie probeer ten minste empatie. Ag nee man dis swak styl
Gun die dooies rus en vrede

Willie E ·

Totsiens nommer 9…jy het nou FINAAL oor die GOUE doel lyn geduik…jou GROOTSTE Doel ooit….loop mooi my maat….

Kobus ·

Marina dit was nou onnodig…die een wat nie foute/sonde en misstappe in die lewe gehad/gedoen het…..TEL OP DIE EERSTE KLIP…andersins weerhou jou van negatiewe kommentaar…DIE RUGBYNASIE TREUR…GUN ONS ONS AFSLUITING…SOOS ONS SY FAMILIE DIT GUN…

wilma ·

RIV JOOST ons rugby held…sterkte aan familie en vriende .

latie ·

sterkte aan familie bid aan jul sal liefde geseen word deur naam van JESUS CHRISTUS amen.

Tina du Toit ·

Joost, jy het groot naam gemaak en so was jou naam in God se boek reeds geskryf en jy het sterk gestaan van 2011, maar God het sy Engele gestuur en jy kan nou rus. Jy sal altyd onthou word. Sterkte aan Joost se geliefdes, mag God julle seer verlig.

Hannelie Wes-Kaap ·

Baie sterkte Amor aan jou en jul twee kinders. Ons bid vir jul en jul familie vir vertroosting. Joost was baie se held, die beste skrumskakel van alle tye. Maar ook die beste pa vir sy twee kinders. Rus in Vrede liewe Joost.

Connie ·

Rus sag Joost. As God jou vergewe het, wie is ons om enige iets teen jou te hou? Jy het ons baie vreugde verskaf met jou spel. Ons sal jou altyd onthou. Sterkte aan sy kinders en ouers en al die familie.

Moegviraldiebeloftes ·

ek stem 100% saam met jou Johan – ek lees en verstaan wat jy sê – mens vra nie vir privaatheid nie en dan praat jy met die media nie. Heng laat die arme man met rus and laat hom in vrede rus. Ons wil nie hoor hoe swaar kry die kinders nie!!! Ons weet dit!!! My innige simpatie aan Marlene ook mag jy versterk word in die tyd wat voorlê

Sarie ·

Ek stem saam met Johan in ‘n mate. Ken iemand die geskiedenis van Joost, Marlene en Amore. En hoekom is Amore en Joost nooit geskei nie. Sy het die egskeiding terug getrek net nadat hy uitgevind het van sy siekte. En dit nadat sy hom in die ponie tydskrifte verneder het. Hy het foute, wie het nie. Ek hou nie van Amore nie, omrede ek voel sy het destyds nie by hom gestaan nie. Sy het geweet waarmee sy trou. ‘n Jakkals verander van kleure maar nie van streke. Daar gelaat, Joost het opgestaan, sy trots in sy sak gesteekm erken hy was verkeerd, en het sy lewe gewy daaraan om vir ander mense ‘n genees middel te vind vir die siekte. Ek admireer hom vir dit en daarvoor sal ek hom eer betoon. Vir sy kinders en sy familie voel ek jammer. Vir Amore wat weer na die tysdkrifte toe hardloop, jammer – niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.