Amper ʼn derde van SA nou werkloos

(Foto: Steve Knutsen/Unsplash)

Al hoe meer Suid-Afrikaners sit sonder werk.

Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het Dinsdag die uitslae van sy kwartaallikse arbeidsmagopname bekend gemaak. Volgens die jongste opname het 7,1 miljoen Suid-Afrikaners, oftewel 30,1%, nie werk nie. Dit is ʼn styging van 344 000 in vergelyking met die laaste kwartaal van verlede jaar, toe dié syfer op 29,1% gestaan het.

In dié stadium soek 7,1 miljoen Suid-Afrikaners na werk, in vergelyking met die 4,6 miljoen mense wat in die eerste kwartaal van 2017 na werksgeleenthede op soek was, het Risenga Maluleka, die statistikus-generaal, Dinsdag gesê.

Nóg amper 3 miljoen mense het weens ander redes, onder meer omdat hulle geen hoop het dat hulle werk gaan kry nie – reeds ophou werk soek, wat Suid-Afrika se getal werkloses op 10,8 miljoen te staan bring.

Volgens Maluleka is dit algemeen dat die werkloosheidskoers tussen die laaste kwartaal van ʼn jaar en die eerste kwartaal van die daaropvolgende jaar toeneem – en al hoe meer mense ondervind dit nou eerstehands.

Die uitwerking van die Covid-19-pandemie kan dalk net verdere reuseskokke veroorsaak.

Die afname in werksgeleenthede kan volgens StatsSA grootliks toegeskryf word aan ʼn afname in diegene wat in die formele sektor en landboubedryf werk. Dié twee bedrywe het onderskeidelik 50 000 en 21 000 minder werksgeleenthede gehad. Daar was wel ʼn toename in werksgeleenthede in die informele bedryf en in private huishoudings in dié tyd.

Die meeste bedrywe het in die eerste kwartaal werksverliese ervaar wanneer dit met die laaste kwartaal van verlede jaar vergelyk word.

Die finansiële bedryf het die meeste werksverliese ondervind (50 000), gevolg deur gemeenskap- en maatskaplike dienste (33 000), landbou (21 000), vervoer (17 000), vervaardiging (15 000), die boubedryf (7 000) en nutsdienste (4 000).

Die getal mense wat ontmoedig is om werk te soek het met 63 000 toegeneem en diegene wat weens ander redes nie meer na werk soek nie het met 222 000 afgeneem, ʼn netto toename van 107 000 mense wat nie ekonomies aktief is nie.

Maluleka het gesê meer as 8,5 miljoen (41,7%) van die 20,4 miljoen jong mense tussen die ouderdom van 15 en 34 werk nie en ontvang in dié stadium ook geen verdere onderrig of opleiding nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willem ·

Wie moet ons bedank, die ANC regering vir ñ “uitstekende” 26 jaar.

Magda ·

PROUD ANC GOVERNMENT – Na 26 jaar – julle bring SA tot op die knie, maar te dom / dommer / domste om dit agter te kom. Of daar is nie n WIL om SA n land te maak waarop ALMAL trots kan wees nie. DIS NET DIE EIE EK!!!!!!!!!!!!!!

Elize ·

Eks mal oor sy flieks.
Hoop net hulle haal dan sommer al die flieks waar vrouens mishandel en pap geslaan word ook af aangesien daar ongelooflik baie geweld teen vrouens is in ons land.

JohanR ·

Net ‘n waarskuwing in Engels….with increased joblessness comes increased poverty, comes increased hunger comes increased crime. Maak reg vir ‘n tyd waar mense net by jou huis inbreek vir ‘n stukkie kos!

Jaco ·

Die syfer van 7.1miljoen werkloses maak nie sin nie. Dis dan meer as die totale wit bevolking. Na regte moet die getal werkloses gelyk wees aan die totale ekonomies aktiewe wit bevolking. Daar IS dan regstellende aksie en BEE vir al our people. Hoe werk dinge dan nou. Hoekom sorg ‘n regering bestaande uit our people dan so swak vir our people?

Jannie van Niekerk ·

En daar gaan nog baie meer werksgeleenthede verlore gaan indien President Ramppoedphosa en sy skoothondjioe Onderklorporaal Malema hulle sin kry om die “wit ekonomie tot niet te laat gaan.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.