Amper ʼn miljoen op Durban se strande vir Nuwejaar

Die foto is op Nuwejaarsdag geneem. Foto: Netcare 911

Die foto is op Nuwejaarsdag geneem. Foto: Netcare 911

Meer as 800 000 mense het oor die Nuwejaarsnaweek Durban se strande besoek.

Mandla Nsele, woordvoerder van die eThekwini-metro, het gesê lewensredders en wetstoepassingsbeamptes moes bontstaan om seker te maak wet en orde word gehandhaaf.

Volgens Nsele is meer as 500 mense vir verskeie kwale behandel, waaronder bloublasie-steke en snywonde. Lewensredders moes 186 mense uit die water red.

ʼn 34-jarige man het Saterdag by Mnini-strand verdrink. Dit is nie ʼn swemstrand nie en geen lewensredders is daar aan diens nie.

Volgens Nsele het 424 kinders van hul ouers geskei geraak, maar die meeste van hulle is reeds met hul gesinne herenig. Drie kinders is nog nie met hul ouers herenig nie. Die owerhede het 37 444 identifikasiebandjies oor drie dae uitgereik.

Nsele het gesê 33 mense is op die strande in hegtenis geneem vir verskeie oortredings, insluitend teistering, die gebruik van alkohol en diefstal.
“ʼn Geskatte 306 ton vullis is oor die langnaweek op die strande bymekaargemaak,” het Nsele gesê.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Toki Scura ·

Mense hoof nie hulle nekke uit te steek en iets te se nie. Ons dink almal dieselfde. ha ha ha

Pieter ·

Moet net geen opmerkings maak oor hoe die strand bemors is en wie daarvoor verantwoordelik is nie. Praat liewer oor hoe lekker dit was toe ons in die sestigs, sewentigs en tagtigs daar in veiligheid kon ontspan het.

Philip ·

Where does all those people go to the toilet? Just wondering, does Durban cater for so many visitors?>

Dolla ·

O hemel Pieter, ek het aan my tee verstik toe ek jou opmerking gesien het! Dit was baie skerp gewess!! Dankie, dit het my dag gemaak!! <3

jo-anli ·

Nee glad nie. Maak jou so benoud, agv dit gaan ons nie meer Durban toe nie. Margate strand was n fees, geen probleme asook strand by Richardsbaai. Ek moet sê lewensredder en strandpatrollie was uiters goed. Bedagsaam wel opgeleide personeel. Margate Shelly Beach Richardsbaai almal het goed saam gewerk. vakansiegangers insluitend. Hoera’s vir hulle en baie baie dankie .

Chris Ws ·

Ek het beter dinge om met my geld te doen as om see toe te gaan.

Piet ·

Chris Ws, iets se vir my jy het n geld probleem want dit is al waaroorjy kan praat en jou verlange om ook by die see te wees! Suur druiwe?

jo-anli ·

Ek self was nie daar nie, het bewyse van familie wat daar was, en voorwaar hulle was regtig in hulle noppies.

willi ·

Al het ek al die geld in wereld gehad, sou ek nie n voet in Durban gesit het nie!!!!!!!!!

Chris Ws ·

Piet ek het beslis nie ‘n geld probleem nie en dis nog minder ‘n geval van suur druiwe.My broer bly in Richardsbaai en met ons laaste kuier by hulle het ek en my vrou by hul strand sit en wag vir die motreen om te bedaar toe stop daar 4 busse met skoolkinders van skole in die omgewing.Ons het omgedraai en maar na my broer se besigheid toe gery en daar verder gekuier.Hy het ‘n woonstel by Salt Rock(6km noord van Balito) wat hy tot ons beskikking gestel het en waar ons ons wittebrood klomp jare terug deurgebring het.Ons was in 2009 laas by my broer en sy vrou en het in die woonstel tuisgegaan vir ‘n paar dae ook voor ons terug is huistoe.Nee wat die see sien my net wanneer ons vir my broer gaan kuier.Ten minste is die strand by sy woonstel nooit vol mense nie.

Jan ·

Chris, my lewe lank, ek kan net van so een of twee gevalle onthou wat ons met ‘skoolvakansies’, of dan nou binne enige vakansieseisoen, vakansie geneem het. Ons gaan tot vandag toe maar altyd buite die amptelike vakansietyd en enige tyd van die jaar soos dit ons pas. NIKS pla ons dan nie.

Anne ·

Sies Piet,hoekom is jy so suur ? Ek verkies self om liewer weg te bly van die see af in desember, en dit het niks met geld te doen nie .

Cherokee ·

Ons woon op die strand met sowat 250 meter na die waterkant en my kantoor is 150 meter vanaf die waterkant en ons bly ook weg vanaf die gewoel. Buite vakansietye is dit ‘n wonderlike plek met subtropiese klimaat, heerlike warm Indiese Oseaan en swemplesier deur die jaar.

Chris Ws ·

Jan,0ns kinders almal tussen 35 en 40 jaar oud en ons het NOOIT vir my broer-hulle in skoolvakansies gaan kuier nie.Was jy al ooit op Richardbaai se strand?Te oordeel aan u kommentaar twyfel ek sterk.Daar speel vakansies of buite seisoen tye geen rol nie.My broer-hulle wat daar bly kom net op die strand by hul woonstel naby Balito.

Jan ·

Chris Ws, ek dink jy lees my toetentaal verkeerd, ek ondersteun juis dit wat jy beduie. dit wat ek oor die ‘pla’ gesê het, was nie oor jou, of op jou gemik nie, maar dan pla nie ONS nie, ons hou nie van ‘n ge-jil of samedromming nie, nie oorvol plekke nie, ens, rustigheid, dit is maar dit.

miekie ·

Ek self het vir 16jaar in Richardsbaai gebly tot begin 2016. Glo my vir die laaste 10 jaar gaan ons nie naby die strand op Des vakansiedae nie. So ook ons kinders wat nogsteets daar bly.

bella ·

Nee dit is glad nie lekker nie. Woon amper 30 jaar hier en kan nie eens strand of winkel toe stap nie. Vreesbevange nadat ek in die middel vd dag aan geval is.

Sjoe ·

306 000 ton vullis?

Dis 306 000 000 kg. 306 miljoen kg. Regtig?

As elke persoon wat daar was 1kg vullis gemors het was daar 306 miljoen mense op die strande.

As elke skoonmaker 100kg gemors wegdra sou daar meer as 3 mijoen skoonmakers moes wees.

Nou verstaan ek waar my beslasting heen verdwyn.

Landi Slatter ·

Dagsê Sjoe

Dankie vir jou navraag. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Mr P ·

Ons is geleer om jou vullis saam met jou te dra en self in die vullis houers te plaas.Ek is n gedissiplinerde wit boertjie.

Kobus 4e ·

Ek stem saam, maar 800 000 + mense oor die naweek en 306 000 TON vullis??, Elke persoon het dan so 380 Kg se vuillis agter gelaat?? jojo seker n foutjie?

Oom Walker ·

So elkeen van daardie 800 000 mense het dus gemiddeld net effens meer as 382 Kg vullis agtergelaat?

Ouvrou ·

Dis lekker by die see. Ek onthou hoe ek as kind heeldag in die son gespeel het. In Januarie as die skool begin het, het die velle begin afdop. O, waar ons gekamp het was die strand ongeveer 1km weg. Ek dink ons het sommer in die see gepiep. Ek was so 6jr oud. Dit was 50jr gelede. Die strand was so gepak dat as jy weggeraak het was dit ‘n nagmerrie. Die id bandjies is ‘n blink idee.

foxi ·

Goeie groot genade……….ons is hier……dit stank is verskriklik mense!!!!!
Waar gaan ons heen…….

PietPompies ·

1 ton is 1000 Kg, nie 1000 000 Kg nie. 380 000Kg/ 800 000 mense = 0,475 kg per persoon wat heel moontlik is. Kopbus jou calculation is so met 1000 keer uit.

lilipit ·

Dit klink my of die dag oor die algemeen ‘n fees en sukses was… en daar is progressie – die bandjies is ‘n briljante plan. Ek weet hoe skrikwekkend dit is as jou kind op ‘n strand verdwyn! Gun gerus die massas hul dag of twee in die son… daar is immers honderde lieflike stil strande ook. Was self ‘n daggie op ‘n Plett-strand en selfs dit was vir my al erg besig.

willehond ·

Aan al die super syfer manne, kan julle vir my uitwerk hoeveel pieps was in daai water op daardie dag? Kom nou manne! Julle is mos slim! Eks vrek nuuskierig om te hoor!!

Lance ·

Weet iemand dalk of daar weer diere op die strand geslag was en toe gebraai was …dit het my van laasjaar se berigte nogal geskok.

At ·

Daar is mos diegene wat beweer dit is als ‘n illusie en dat foto’s blatant gedokter word, net om kommentaar uit te lok. Is daar enige ander plek op aarde waar iets soortgelyk ervaar word?

Carol ·

As mens na die hoeveelheid motors kyk wonder jy hie het almal daar gekom. Ek weeeeet! Net busse aangery?

Paul ·

Daar is duisende ander plekke op aarde waar dit soortgelyk is. Was jy al in Europa in die kort swemseisoen daar? Enige swemstrand is GEPAK met mense. Gaan op Google en soek vir iets soos “crowded Brighton beach” of die strand in Scheveningen in Nederland, ensovoorts.

WitBlits ·

Nou wonder ek net – waarvan kry die strandbesoekers snywonde op Durban se strand as wapens en messe nie toegelaat behoort te word nie?

leon ·

Dit is hoekom ek in Botswana en Namibia tussen die bosse en diere vakansie hou.niemand pla jou nie dit is net lekket

Johanna Botha ·

Ek sal nie eers n Penny gee om daar te wees nie dankie

Andrea ·

Goed gesê!
Dis iets nuuts om by my gebede vir die toekoms te voeg: Laat ek tog asb NOOIT daar hoef te wees wanneer dit só lyk nie…

CC ·

Was Woensdag in Richardsbaai- dit het gelyk soos in Durban. Aaklig. Het Vrydag Salt Rock toe gegaan. Fantasties en skoon.

andrea van vuren ·

CC, julle moenie die ‘skoon’ plekke so vrylik propageer nie. Nou-nou word dit raakgelees dan wyk die mense uit daarheen! Dit het reeds begin gebeur met die Kaapse strande. Daar is nie meer plek vir almal in Durban nie, nou beweeg hulle Kaap toe!

Sus ·

Hahaha….Johanna, en ek sal ook nie eers ‘n sparrow gee om daar te kon wees nie!

MC ·

Oooooooooooooo Maroela Media, julle beweeg op dun ys deur hoegenaamd iets oor Durban se strande te publiseer. Is julle bereid om die lesers se boetes en regskostes te betaal omdat hulle so hulle tonge moet vasbyt, julle krap mos nou met ‘n laaaaaaaaang krom stok wat liewer kon gebly het. Sies vir julle.

foxi ·

Nee MC……dit is WERKLIK SO! Want ons is HIER hoor! Maroela sal NIE valslik goed deurvoer nie. Hoekom die werklikheid wegsteek? En glo vir my……die foto’s is NIE gedokter nie!
Sê maar net…..

Karel ·

Ek is so dankbaar dat ek my vakansie woonstel baie jare terug verkoop het. Was met my laaste besoek (2005) aan Durban ‘n slagoffer van kriminele, gelukkig net ‘n selfoon verloor.

Cheetah ·

Ja…..
Mag seker nie sè hoe lyk dit nie….dan is dit seker weer …..rassisties……

Hannetjie ·

Ongeag hoe jy na situasie kyk ons is geleer om Wat jy gebruik in sak te sit en weer huis toe te vat….sorry ons comrades nie end dis sad

Piet Pompies ·

Die groot probleem met hierdie tipe toestroming met besoekers wat aangery word is dat hulle nie “betalende” besoekers is en ‘n las op die infrastruktuur is. Daar word nie regtig geld ingepomp in die plekke, daar is net uitgawes om beheer toe te pas en skoon te maak.
Nie volhoudbaar!

NICKEY ·

Verbeel ek my, of kan mens darem die jaar dele van STRAND sien?????….. In die verlede was die strand asook gedeelte van see ONSIGBAAR. Se maar net!!!

NICKEY ·

Word ek nou gediskwalifiseer omdat ek se mens kon die NUWEJAAR meer STRAND en SEE sien as op NUWEJAARSDAG 2016????? EISHHH.

Het net ‘n waarneming gemaak. NICKEY

Alida ·

Paul jy kan nie Europa met SA se strande vergelyk nie. Daardie is 1ste wereld lande!

Paul ·

Dit lyk dieselfde daar op die gewilde strande in die somer oor ‘n langnaweek.

danie ·

Ek wil net noem dat ek dink die ondersteunings dienste moet krediet kry, soveel mense en min insidente . Dit wil gedoen wees.

sarie van heerden ·

Almal wat so negatief is oor die baie mense wat die strande oorstroom en dan bietjie gemors nalaat hou dit nie in die oog dat hierdie daadwerklike WERKSKEPPING is nie. Mense moet gehuur word om die plek weer op te ruim. Sies aan die mense wat werkskepping wil verongeluk!

sarie van heerden ·

Ek wou ietsie by my kommentaar van 1 minuut gelede byvoeg: hahaha

sarie van heerden ·

Ek gaan my nie blootstel aan hofveskynings en wat daarmee gepaardgaan nie maar sit 2 en 2 bymekaar: Ons het ‘n pragtige, ruim 3 slaapkamer eenheid REGOOR die strand in Margate maar gaan gladnie binne seisoen daarheen want ek wil nie in my vakansietyd met plastiese sakke en ”n graaf rondloop om op te ruim nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.